Goed deurdink en goed geskryf! Dankie vir die waarheid!James wrote: Cassie, die punt wat jy maak is werklik van waarde. Ek het om eerlik te wees al vroeer verwag iemand gaan jou standpunt in neem. Hoekom? Want wat in wese kan dan fout wees met hul produk? Teensy hulle foute maak kan ek nie sien dat jy n swak produk by JJ gaankry nie. As jy my eerste antwoord op hierdie topic gaan lees sal jy sien ek het gese as ek Willem was sal ek hou by my bestelling by JJ. So in wese het ek nie n probleem met hulle as wapen bouers nie. In teendeel ek admireer hulle dat hulle die savvy gehad het om die Musgrave naam te koop. Dit. Is niks minder as vindingryk nie. Daarvoor alleeen moet hulle krediet kry.
Wat ek maar probeer se het aan Willem is dat as jy vandag n Musgrave wil he(iets wat as ons eerlik wil wees nie tegnies moontlik is nie) wat gaan die naaste wees aan n ware Musgrave die een van JJ wat die musgrave naam op papier het of een wat n unieke Musgrave aksie het wat deur n Voormalige Musgrave geweer bouer gemaak word.
As ek vandag die Musgrave naam besit sal ek nie EEN geweer bou nie. Ek sal net die gepanteteerde aksies van Musgrave gebou het en plaaslik sowel as internasionaal bemark het. Hierdie stuk oor die absolute uniekheid van Musgrave word flat ge-ignoreer deur JJ. As jy iets so uniek soos Musgrave koop as Africana geskiedenis dan sou ek graag wou sien dat jybesef jy koop n legacy en nie net n naam wat kan wins waarborg nie.
musgrave is baie meer as net jaggewere, Musgrave het meer as net jaggewere gemaak. Musgrave was deel van n totale plan in nood om die ou RSA te beskerm. Inovasie op militere gebied het tot deurbrake gelei waaroor nou nog net gefluister word.
Askies oor my relaas,ek
admireer JJ vir inovasie, net jammer hul plan het gestop by namedropping
30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Aim small, miss small
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
is bly jul verstaan my reg.
maar, moet my op die punt ook reg verstaan...RSA Vrystaat baas!
maar, moet my op die punt ook reg verstaan...RSA Vrystaat baas!
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Rysmier
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Fri Feb 10, 2012 1:16 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Ek wil my stywer in die armbeurs gooi oor die Timney vraag. My mod 90 het 'n Timney op - so uit fabriek gekom.
Mooi dag,
CCC
Mooi dag,
CCC
Christiaan
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Hulle se as mense verskil, deel hul dieselfde
Groete,
Daan
Groete,
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
WillemT
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Wed Sep 26, 2012 11:28 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Naand se
So ek het nou al weer 'n vraag of wat. Ek is nou warm op die spoor van hopelik die volgende musgrave wat homself in my besit gaan vind.
Die geweer wat gejag word is 'n 270 musgrave met 'n mod 98 aksie. sy nommer is die volgende: 270B982401
oor die 2401 is ek nie seker nie maar soos ek verstaan is dit maar die nommer van die soveelste geweer. die 2 is reg net nie seker van die 401 nie.
Ek het op my 30 06 'n regte K98 wat nog die swastika en die arendjie ophet van die duitsers. Die geweer se slot lyk dieselfde net sonder die swastika en arend, en op die kant staan daar iets van czechoslovakia. Sal dit dan nou moontlik een van dieselfde aksies wees as wat op die nuwe musgraves gebruik word naamlik die cz 24. wat ook maar 'n mod 98 aksie is wat in czechoslovakia gemaak is? Verder het die geweer chekering op die pistool greep asook voor vir die voorste greep, daar is ook 'n wangstuk op die kolf.
Gegewe die geweer is in 'n mooi toestand wat sou mens vir so geweer kon betaal? Ek het nou die dag na die geweer gaan kyk en hy lyk nog baie mooi. hy het gelukkig en ongelukkig al skroefdraad voor op die loop. Gaan hom binnekort na Johan Morkel toe vat dat hy in die loop kan kyk en vir my raad gee oor die skroefdraad, sal nie se wanneer nie, neto wag iemand my daar in wat ook die geweer wil he... hahaha :-)
Ek hoor graag wat enige iemand te se het!