Musgrave Lope

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Musgrave Lope

Post by NEGE3 »

Daan Els wrote:Die "Musgrave" lope moet seker van die "nuwe Musgrave" wees ?
Ek glo nie teen die pryse waarvoor hulle verkoop word nie. Teen R2500 'n loop.

Die lope het die ou Musgrave stempel op maar is op die stelsel geregistreer as Lynx.
Ek het 'n 7x64 loop by Sahara gekoop wat in aanbou is. My lisensie wys ook dit is 'n Lynx geweer. Ek het ook gesien hier op die Forum is 'n lid wat 'n Lynx geweer besit. Moet ook seker een van daardie lope wees.
Die lope is klaar geprofiel, gekamer en skroefdraad gesny vir M98 en Musgrave aksies. Sommige lope is ook geboor en getap vir die Williams visiere wat Musgrave gebruik het.
Groete,
Koos de Beer
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Daan Els »

Ja, dit kan wees. Daar was baie lope in voorraad toe die onkundige,gevoelose bobe.a.e die plek sluit.
Mooi bly,
Daan
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: Musgrave Lope

Post by GVC86 »

Goeie more manne,

Ek het vir my n RSA lyttleton enkel skoot aangeskaf. Eks nie seker oor die loop se twist rate nie. Hy het nog die oorspronklike musgrave loop op, kan een van julle my dalk help?
IMG-20150324-WA0005.jpg
Groete
George
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Hein M. »

GVC86 wrote:Goeie more manne,

Ek het vir my n RSA lyttleton enkel skoot aangeskaf. Eks nie seker oor die loop se twist rate nie. Hy het nog die oorspronklike musgrave loop op, kan een van julle my dalk help?
IMG-20150324-WA0005.jpg
Groete
George
1-12.5. Dit stabiliseer die 155gr koeël baie goed.
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: Musgrave Lope

Post by GVC86 »

Hein M. wrote:
GVC86 wrote:Goeie more manne,

Ek het vir my n RSA lyttleton enkel skoot aangeskaf. Eks nie seker oor die loop se twist rate nie. Hy het nog die oorspronklike musgrave loop op, kan een van julle my dalk help?
IMG-20150324-WA0005.jpg
Groete
George
1-12.5. Dit stabiliseer die 155gr koeël baie goed.
Dankie Hein,

Wil graag 175gr koeëls skiet.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Hein M. »

Het jou geweer 'n Musgrave-loop? Ek weet dat die Ferlach-lope 'n 1-14 draai gehad het. Jy kan die groefdraai self meet:
http://www.gsgroup.co.za/twistchecker.html
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Hein M. »

Die RSA 7.62 is vir baie lank gebruik om die R1 patrone in Bisley kompetisies te skiet (143gr FMJ). Party skuts het verbasend goed gedoen.
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: Musgrave Lope

Post by GVC86 »

Jip standaard musgrave loop. Sal die groefdraai meet sodra ek hom het.

Dankie
Post Reply