Page 2 of 2

Re: Musgrave Lope

Posted: Wed Feb 26, 2014 7:43 pm
by NEGE3
Daan Els wrote:Die "Musgrave" lope moet seker van die "nuwe Musgrave" wees ?
Ek glo nie teen die pryse waarvoor hulle verkoop word nie. Teen R2500 'n loop.

Die lope het die ou Musgrave stempel op maar is op die stelsel geregistreer as Lynx.
Ek het 'n 7x64 loop by Sahara gekoop wat in aanbou is. My lisensie wys ook dit is 'n Lynx geweer. Ek het ook gesien hier op die Forum is 'n lid wat 'n Lynx geweer besit. Moet ook seker een van daardie lope wees.
Die lope is klaar geprofiel, gekamer en skroefdraad gesny vir M98 en Musgrave aksies. Sommige lope is ook geboor en getap vir die Williams visiere wat Musgrave gebruik het.

Re: Musgrave Lope

Posted: Wed Feb 26, 2014 7:54 pm
by Daan Els
Ja, dit kan wees. Daar was baie lope in voorraad toe die onkundige,gevoelose bobe.a.e die plek sluit.
Mooi bly,
Daan

Re: Musgrave Lope

Posted: Fri Jul 10, 2015 10:35 am
by GVC86
Goeie more manne,

Ek het vir my n RSA lyttleton enkel skoot aangeskaf. Eks nie seker oor die loop se twist rate nie. Hy het nog die oorspronklike musgrave loop op, kan een van julle my dalk help?
IMG-20150324-WA0005.jpg
Groete
George

Re: Musgrave Lope

Posted: Fri Jul 10, 2015 11:26 am
by Hein M.
GVC86 wrote:Goeie more manne,

Ek het vir my n RSA lyttleton enkel skoot aangeskaf. Eks nie seker oor die loop se twist rate nie. Hy het nog die oorspronklike musgrave loop op, kan een van julle my dalk help?
IMG-20150324-WA0005.jpg
Groete
George
1-12.5. Dit stabiliseer die 155gr koeël baie goed.

Re: Musgrave Lope

Posted: Fri Jul 10, 2015 11:28 am
by GVC86
Hein M. wrote:
GVC86 wrote:Goeie more manne,

Ek het vir my n RSA lyttleton enkel skoot aangeskaf. Eks nie seker oor die loop se twist rate nie. Hy het nog die oorspronklike musgrave loop op, kan een van julle my dalk help?
IMG-20150324-WA0005.jpg
Groete
George
1-12.5. Dit stabiliseer die 155gr koeël baie goed.
Dankie Hein,

Wil graag 175gr koeëls skiet.

Re: Musgrave Lope

Posted: Fri Jul 10, 2015 11:37 am
by Hein M.
Het jou geweer 'n Musgrave-loop? Ek weet dat die Ferlach-lope 'n 1-14 draai gehad het. Jy kan die groefdraai self meet:
http://www.gsgroup.co.za/twistchecker.html

Re: Musgrave Lope

Posted: Fri Jul 10, 2015 11:44 am
by Hein M.
Die RSA 7.62 is vir baie lank gebruik om die R1 patrone in Bisley kompetisies te skiet (143gr FMJ). Party skuts het verbasend goed gedoen.

Re: Musgrave Lope

Posted: Fri Jul 10, 2015 12:06 pm
by GVC86
Jip standaard musgrave loop. Sal die groefdraai meet sodra ek hom het.

Dankie