FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
-
Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Ja Dawie
Ek dink hulle is nog besig om te tel of iets.
Jaktrap
Ek dink hulle is nog besig om te tel of iets.
Jaktrap
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Manne, ongelukig het die re?n in gemeng en kon dinge nie vlot soos beplan nie. Ons mog nie nie kla nie - die water is brood nodig en ons is baie dankbaar vir die se?n. Kon darrem die geleentheid gebruik om 'n man te laat uitstap (in die re?n) tot op 450m en ja die kammera sien hom mooi raak. Sy hitte beeld staan uit soos 'n puisie op 'n vark se boud - baie duidelik. Het ook 'n trop beeste op so 1000m baie duidelik gesien, op daai afstand sien mens net groterige wit kolle soos wat die bees se liggaam hitte uitstraal. 'n Plaas opstal kon duidelik geidentifiseer word op min of meer dieselfde afstand as die trop beeste.
By ons eerste staanplek (win akker, langs vars geplante mielie land) het die kammera 7 wit kolle (die skerm beeld wys swart en wit - wit wys hitte en hoe donkerder die beeld hoe meer kouer die objek) op getel wat oppad in was roeper toe. Hulle was v?r, so ongeveer 350m tot 400m en was met 'n spoed oppad in. Ek kon nie op daai afstand identifiseer met die thermals wat dit was wat besig was om ons te bestorm nie maar kon baie duidelik sien dat iets met 'n "force" oppad is. Die re?n het toe ernstig biginne val en ek moes vinnig die multi media video opnemer op 'n dro? plek kry.
Het toe maar met die lig verder gewerk en kon 6 jakkalse omdop. Dit was al kans wat ek gehad het vir die toets oor die naweek en beplan om in die week 'n paar draaie te ry sodra die weer opklaar.
Videos sal ek plaas sodra genoeg data versamel is.
In kort, ek is baie beindruk met die toestel se vermo? die kort rukkie wat hy in gebruik was die naweek en is opgewonde oor die toetse wat gaan volg.
Groetnis uit 'n baie nat Vaaldriehoek!

Last edited by Freek on Mon Dec 03, 2012 8:48 am, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Lekker man Freek.
Dalk moet jy sommer hier by ons ook kom draai! Dan kyk ons of daai ding nie vir ons die bosvarke wil wys nie!

.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Rasmus, ek gaan nie beloftes maak nie - die program van nou tot einde Desember is redelik beknop met die jagte wat gereel is. As daar enigsins 'n gaping in die program is, kan ons dit seker doen (sal met jou in kontak bly). Ek kan met sekerheid vir jou s? as die kameratjie 'n jakkals met gemak optel gaan jy 'n Bosvark nog makliker raaksien met hom.
Met die skerm monitor mens die beeld baie lekker, ek moet net my rotasie rigting op die stoel nie eentonig in dieselfde rigting hou nie - een keer regs om en dan weer links om... agtergekom dat indien jy aanhoudend in dieselfde rigting roteer dan is dit asof 'n mens so wil-wil kar siek raak.
Nogal iets om gewoond te raak... die "in-die-rondte-draaiery" en jakkals op skerm soek situasie, amper dieselfde as 'n loods wat die vliegtuig op slegs instrumentasie vlieg - DAWIE jy behoort vinnig reg te kom.

Last edited by Freek on Mon Dec 03, 2012 5:39 pm, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Die kamera toets vorder goed en ek is elke dag net meer en meer beindruk met die toerusting. Het gisteraand die oudste jakkals reun nog in my lewe geskiet - altwee onderste slag tande is af gebreek en 'n hele paar voor tande missing. Hy het die bakkie so op 350m gesirkel en onder my wind in gekom nadat ek Rooi D geroep het. Het hom die hele tyd(sonder om te lig of verder te roep) dop gehou met die Thermals soos hy in gesluip kom. Op 150m is die lig aangeskakel en Vlekkie ry bakkie.
Die man is nogals in 'n baie goeie kondisie gegewe die toestand van sy eetgery - weeg 'n volle 10.5kg.
So v?r van 1 Desember 2012 tot vandag 18 jakkalse geskiet en ek was maar net 4 keer in die veld. Moenie komkommer nie, die video materiaal word versamel en alles sal hier vir julle gewys word.
Die van julle wat wonder hoe die hitte in 'n geweer loop en silencer versprei nadat die sneller gedruk is, hou maar die spasie dop daar is 'n paar snitte geneem en glo my ek het iets gesien gebeur voor my o? waaroor ek baie lankal gewonder het...
Baie interesant, definitief die moeite werd om te deel.
Ek gaan hierdie toerusting met 'n baie swaar hart terug gee Januarie maand - as die baas maar net 'n oordentlike Kers bonus kan afstaan dan bly hy verseker in my besit.
Die man is nogals in 'n baie goeie kondisie gegewe die toestand van sy eetgery - weeg 'n volle 10.5kg.
Die van julle wat wonder hoe die hitte in 'n geweer loop en silencer versprei nadat die sneller gedruk is, hou maar die spasie dop daar is 'n paar snitte geneem en glo my ek het iets gesien gebeur voor my o? waaroor ek baie lankal gewonder het...
Ek gaan hierdie toerusting met 'n baie swaar hart terug gee Januarie maand - as die baas maar net 'n oordentlike Kers bonus kan afstaan dan bly hy verseker in my besit.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- Rooies
- Hero Member

- Posts: 587
- Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
FREEK !!!!!!!
JY KAN ONS NIE SO IN DIE DONKER HOU NIE ASB.
wys ons net n kort videotjie, ek (en baie ander) hou die topic met valk o? dop.
groete

243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Rooies, wil jy nou h? ek moet my kompeterende voordeel so gou verloor...
Gee my kans man dat ek die ding geniet en nuwe kliente boek terwyl daar nog nie te veel van die kameras in die veld is nie.
Dit gee mens nuwe moed om te weet jy het 'n wapen wat daai ou skelm, lig sku vlekkies uit oorl?. Hulle ken hom nie en ek wonder hoe vinnig hulle die ding gaan uit figure soos hulle ons ander truuks uit gefigure het. Dink die grootste reel bly maar - roep reg en skiet raak. Dan behoort hulle nie somaar die ding leer verstaan nie.
Die rede hoekom ek nie die videos nou al kan aflaai nie is; die video opnemer se USB kabel l? in YELLOTEC se kantoor in JHB - hulle kon hom nie vir my leen nie want dit is die enigste een wat hulle het. Ek sal die manne kontak en kyk of ons oor die naweek by mekaar kan kom om van die materiaal solank af te laai en vir julle 'n voorsmakie gee.

Last edited by Freek on Fri Dec 07, 2012 8:46 am, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Rooies, spesiaal vir jou en die res van die ander manne wat die topic volg. Net omdat julle so mooi vra... 
Hierdie is dan die eerste van hopelik vele voorbeelde/senarios wat geplaas gaan word.
1. Man wat uitstap tot plus minus 400m asook beeste aan die verkeerde kant van 800m
http://youtu.be/iMYtyKt3nuk
2. Jakkals wat op plus minus 150m geskiet is word op getel - 20min nadat die skoot geloop het.
http://youtu.be/ACQ3SHOmkDY
Ek stoei nog om die video van waar die jakkals in geroep en geskiet word af te laai en te "edit", dit is 'n groot "file" (222MB) en behoort dit oor die naweek te finaliseer en Maandag te plaas.
Soos julle kan sien is die hitte beeld baie duidelik sigbaar maar op langer afstande is dit moeilik om te identifiseer met die Thermals en gaan die jagter nogsteeds die scope en lig gebruik om die finale identifikasie te doen voordat geskiet word. Oor die algemeen is ek oortuig hierdie tegnologie kan verseker help om 'n baie moeilike probleem op te los, nie net vir nag jag nie maar ook i.t.v sekuriteits monitering (vee/wild diefstal, Renoster stropers, ens.)
Geno, baie dankie vir jou hulp met die aflaai en editing van die 2 videos wat hier geplaas is.
[img width=560 height=332]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... IRLOGO.jpg[/img]
[img width=560 height=234]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... LLOTEC.jpg[/img]

Last edited by Freek on Fri Dec 07, 2012 1:41 pm, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- Allen T
- Newbie

- Posts: 21
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:50 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
ALLEN T
Hello manne. Ek lees met groot graagte waarmee julle besig is. Waarmee ek besig was, is om n +_ 6 vergroting nagsigteleskoop op n geweer te monteer en n kamera wat op n monitor toon agter op die teleskoop te plaas . Die probleem wat ek het met nagsig is dat my oe nie die lig intensieteit kan hou nie. My idee is dan om op die monitor te kyk en dan die sneller te trek sonder om n lig aan te skakel. Ek dink daar is biejie verwaring met 4 kameras . Wat ek wel gedoen het was om n tweede baie hoe intensiteit dagsig kamera ook op die stoel te monteer omdat die monitor 2 kanale het. My doel hiermee was om veediefstal \ dag skiet op baie lang afstande te kan opneem ( +_ 30 uur se video kan dag of nag geneem word.)
Ek het baie ver gevorder met hierdie projek maar baie gelukkig vir my het Truter Engineering baie besig geword en ek moes kies tussen jakkelse en engineering. Ek het die nagskietstoel op sy gesit en is nog baie oortuig dat dit in plek gaan he vir skelme jakkelse. As die Vader my spaar tree ek oor twee jaar af en dan met watter ook al tegnologie dan beskikbaar is sal ek met mening die projek kan verder vat.
Jammer ek kry min tyd om die forum te lees. Sterkte en n pragtige Kerstyd vir u almal.
ALAN TRUTER

Allen baie dankie dat jy geantwoord het, baie interesant wat jy mee besig was. Ek stem met jou, die idiaal is om 'n gemaklike praktiese toestel te h? wat die lig faktor totaal en al weg vat. As ek hier mag vra Allen, wat sou so 'n "rig" uitgewerk het destyds? Sal interesant wees om te kan vergelyk met huidige kostes. Dit is verstommend om te sien hoe vinnig tegnologie verander en waartoe dit die mens in staat stel - wil nie weet waar dit eendag gaan opeindig nie. 
Ons moet seker in gedagte hou daar word in vandag se tyd nie goedkoop "tools" in gespan om die joppie te doen nie - Vlieg masjiene ens. Ek glo mens kan wegkom met die beste nagsig en thermal tegnologie v?r onder die prys van 'n Helikopter, wat verseker die jagter instaat gaan stel om keer op keer beter sukses te behaal en die probleem meer effektief aan te spreek. (Moet my nie verkeerd verstaan nie k?rels, ek skiet nie choppers af nie - probeer maar net uitwys tot watter uiterstes die mens bereid is om te gaan om 'n spesifieke probleem op te los).
Ek wil net een ding duidelik maak:
Ek is uit en uit betrokke by probleemdier beheer hoofsaaklik omdat dit 'n harts besluit is. Nie die maklikste werk nie en nog minder wins gewend (in my geval - for that matter). Ek het onlangs 'n Termografis kursus by Yellotec voltooi en onmiddelik die potensieele nut van the Path Findir geidentifiseer. Ja dit is verseker nie die Rolls Royce van oplossings nie maar as mens die koste in ag neem en die voordeel wat die kameratjie bied (soos wat ek elke dag gedurende hierdie toets fase besef) is dit definitief 'n goeie opsie.
My idee is ook nie om die ding op julle af te smeer nie. Ek doen hierdie toets uitsluitlik om inligting te versamel en myself te vergewis, moontlik julle ouens in te lig oor wat beskikbaar is op die mark en met wie julle kan gesels (manne wat nie van gister af 'n paadjie met die tegnologie stap nie en eksperds is in hul vak gebied) sou julle dit enigsins oorweeg om by dit betrokke te raak. Wees maar versigtig om net links en regs enige fabrikaat hitte kamera aan te skaf met 'n gewone oog stuk - daar is baie slag gate en nie alle kameras is geskik vir hierdie tiepe doel nie. Ek waarsku julle vroegtydig om nie onnodige Madiba's in die water te gooi nie.
Dit daar gelaat, Allen jammer dat ek alles somaar so in een asem noem - niks teen jou gemik nie. Wil maar net seker maak almal verstaan wat ons hier mee besig is. Weereens dankie vir jou insette en mag jy en jou gesin 'n baie gese?nde Kerstyd ervaar. Moet asseblief nie skaam wees om jou saak te stel en ervaring te deel nie. Ons almal leer tog by julle pioniers, die vaders van jakkals jag.... roep en skiet in elke geval

Last edited by Freek on Wed Dec 12, 2012 2:18 pm, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Freek,
Wat ek nou al n rukkie probeer uitvind, en wat n groot invloed sal he of ek die thermal pad loop, is die volgende. Ons weet dat nagsig, soos die ure aanstap, swakker en swakker word. In ander woorde, enige nagsig aparatus het n lewenstydperk. Werk die thermals op dieselfde manier? Degradeer thermals ook oor n sekere hoeveelheid ure?
Mooiloop,
Wat ek nou al n rukkie probeer uitvind, en wat n groot invloed sal he of ek die thermal pad loop, is die volgende. Ons weet dat nagsig, soos die ure aanstap, swakker en swakker word. In ander woorde, enige nagsig aparatus het n lewenstydperk. Werk die thermals op dieselfde manier? Degradeer thermals ook oor n sekere hoeveelheid ure?
Mooiloop,
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Iceman, Thermals en Nagsig is 2 heel verskillende kategori?. Ek wil my nie slim hou nie maar ek gaan so bes en eenvoudig moontlik verduidelik soos wat my kennis die streep trek.
Nagsig benodig 'n ingeboude radioaktiewe isotoop (as ek dit so kan noem) om te kan werk, hierdie ding hou nie sy energie vir ewig nie en word mettertyd swakker en daarom die beperkte leeftyd. As hy pap is, kan jy maar afhaal en weg gooi - goed koper om nuwe te koop. Ek weet dit was 'n issue op ouer tegnologie en of die slim manne met die wit jasse en die dik brille dit in tussen uitgesorteer het op die nuwe modelle, kan ek ongelukig nie bevestig nie - maar sov?r ek weet is dit nogsteeds 'n nadeel.
Bo genoemde is nie die geval met hitte kameras nie. By 'n thermal/hitte kamera word die beeld gevorm deur die Microbolometer (mikroskopiese klein elektroniese kontak punte wat hitte sensitief is). Die hitte radiasie van die objek waarna gekyk word, veroorsaak insetting en of uitsetting van die kontak punte wat dan op die ou einde van die dag 'n elektroniese beeld skep. In die geval van die Path Findir het jy 12V krag nodig om die sisteem te dryf en vir solank as jy die krag kan voorsien en die objek waarna jy kyk hitte radiasie afgee sal hy werk.
So ja om jou vraag te antwoord op hierdie punt. Nagsig het 'n beperkte leeftyd, Thermals nie.
(As jy nie die goed loop staan rondgooi en opsetlik probeer verwoes nie, behoort die Thermals jou 'n ewigheid te hou.)

Last edited by Freek on Wed Dec 12, 2012 4:00 pm, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Freek, Baie dankie vir jou insetting. Laaste vragie, sal jy dink die Path Findir met die skerm opset soos jy gebruik is die way om te gaan vir ongediertes, of die BHS series soos hier: http://www.flir.com/cs/emea/en/view/?id=42048
Ek kyk al geruime tyd na die BHS series, en het maar gewag om die antwoord te kry wat jy my nou mee voorsien het.
Ek wonder of die tweede opsie nie n bietjie swaar gaan raak nie. Die Path Findir is definatief die goedkoper opsie, maar ek koop liewer eenkeer en reg.
Dankie vir die topic, ek wag al lank vir so iets.
Ek kyk al geruime tyd na die BHS series, en het maar gewag om die antwoord te kry wat jy my nou mee voorsien het.
Ek wonder of die tweede opsie nie n bietjie swaar gaan raak nie. Die Path Findir is definatief die goedkoper opsie, maar ek koop liewer eenkeer en reg.
Dankie vir die topic, ek wag al lank vir so iets.
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Iceman, skuus dat ek nou eers antwoord, eers so bietjie op gelees oor jou thermal imager. Daai ding is voorwaar 'n kragtige stukie toerusting, sien hy kom in 2 modelle BHS-X en BHS - XR waarvan laas genoemde die beter een is. Met die fabrikaat FLIR (Forward Looking Infra Red) het ek geen probleem nie - hulle produkte is geen tweifel die beste kwaliteit. Ek hou nogals van die volgende:
- BHS - X = 320 X 240 PIXEL DETECTOR (Presies dieselfde as die Pathfindir wat ek mee besig is)
- BHS - XR = 640 X 480 PIXEL DETECTOR (dubbeld die hoeveelheid pixels as bo genoemde). Duidelik die Rolls Roice tussen die 2.
- Albei modelle het in geboude video opneem en stoor funksie. Die pathfinder kan dit ook doen maar het jy 'n apparte video opnemer nodig wat nie ingesluit is by die pakket prys nie - jy kan enige multi media opnemer gebruik vir die doel.
Albei modelle het 3 verskillende lens opsies: 35mm; 65mm en 100mm met zoom funksie wat verseker 'n groot verskil maak. Afhangende van van watter lens jy gebruik is die maksimum afstand waarop jy 'n mens gaan sien soos volg:
BHS - X = 780m tot 2.1km
BHS - XR = 1.14km tot 2.45km
Dit is bloody goed! Maar ek is seker al hierdie "bells en wistles" kom teen 'n prys. Het jy al 'n kwotasie gekry op die "unit", onthou die verskillende lense is gewoonlik opsioneel ekstra (hulle is nie cheap nie) gewoonlik is die koste per lens plus minus 30% van die kamera prys. Maak dood seker wat is alles by jou pakket in gesluit... Jy gaan gelukig wees as jy onder R100K weg kom met die volle pakket(lense in gesluit).
Op pappier is bogenoemde die weg om te gaan. Die eenigste ding wat my pla is die oogstuk, ek eksperimenteer nou al 'n wyle met beide nagsig en thermals. Vir probleem dier beheer i.t.v roep en skiet waar jy van 'n stoel af werk, is die oogstuk nie vir my die antwoord nie. Soos reeds genoem, verkies ek om die beeld op 'n skerm te kan monitor - dit is net meer prakties. So my raad aan jou is, vind uit of daai eenheid beeld kan transmit na 'n skerm - "video out funksie" (wat ek glo wel kan gebeur), as dit die geval is dan kan jy maar koop so nie sal ek eerder die Path Findir roete aan beveel.
Hoop dit maak sin...
P.S: Net so terloops, voor jy enige drastiese stappe neem. Sou jy belangstel kan ek vir jou 'n kwotasie kry deur Yellotec om die eenheid vir jou in te bring. Laat weet maar per PM.

Last edited by Freek on Thu Dec 13, 2012 11:23 am, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Manne net ter inligting. Yellotec gee afslag op hul produkte indien julle my naam noem asook dat julle die inligting hier op die JARACAL forum raak gelees het.
Ek lys vir julle die verskillende FLIR kamera modelle wat beskikbaar is asook min of meer die prys per eenheid sou julle belangstel
1. Pathfindir = R33 500.00 (Die model wat ons hier toets)
Res van die modelle wat hier onder volg het ander beter funksies ens. maar hulle is nie so robuust soos bogenoemde model nie. Vir probleem dier jag - vanuit 'n skietstoel is die Pathfinder die mees ekonomiese en praktiese oplossing - vir nou. Die ander modelle kan wel verder sien met sterker lense maar dan verswak die "field of view" en hoe kleiner die "field of view" hoe groter die kans dat jy 'n jakkals/rooikat gaan miskyk wat oppad in is roeper toe plus ek gaan net so goed met die Pathfinder doen as hierdie ander duurder outjies.
2. LS REEKS
19mm lens = R43 000
135mm lens = R51 000
3. HS REEKS - kan video opneem met "video out" funksie om beeld op groter skerm te wys
Kamera met 19mm lens = R55000
Kamera met 65mm lens = R78000
4. BHS REEKS - kan video opneem met "video out" funksie om beeld op groter skerm te wys
BHS - XR (geen lens - kamera alleen) = R61 300.92
BHS - X (geen lens - kamera alleen) = R59000.00
Lens opsies en pryse vir die BHS reeks:
100mm lens = R44583.21 (kan v?r sien maar field of view is baie nou - onprakties vir jag of veld werk)
65mm lens = R27432.74 (word aanbeveel vir jag/ veld werk doeleindes)
35mm lens = R17142.45 (lens is bietjie "under powered" vir hierdie kragtige kameras en word dus nie aanbeveel nie - totaal onprakties)

Last edited by Freek on Sun Dec 16, 2012 11:10 am, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Hier is die video van die oudste/skelmste jakkals reun wat ek nog geskiet het in my lewe. Hy sirkel die bakkie op 350m om onder die roeper se wind in te kom. Op 150m windaf steek hy vas en hou die petalje dop - sy laaste fout wat hy in die w?reltjie gemaak het.
Let wel daar is glad nie gelig tydens hierdie roep sessie nie. Slegs met die kamera gescan en toe TA nie verder wou inkom nie, het ek die gedimde lig aan geskakel en hom 'n V-MAX gevoer.
Geniet hom. Julle moet fyn kyk om die beweegende wit kol te sien... hou dop hoe die silencer se kleur verander nadat die skoot loop - hy word bietjie warm

Last edited by Freek on Sun Dec 23, 2012 8:24 am, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Freek
Is die pryse btw ingesluit?
Groetnis
MEERKAT
Is die pryse btw ingesluit?
Groetnis
MEERKAT
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Meerkat, die prys is sonder VAT.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Baie netjies Freek, mag daar nog baie val!!
Jammer dat die video nie klank het nie, man wil mos daardie DOEP hoor
Geluk elk geval, netjies geskiet. Dit lyk my die toestel het verseker sy plek in die nagroep bedryf.

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Freek,n mens raak lekker opgewonde as n mens hier lees. Jy is nou n pionier op die gebied.
Wat vir my opvallend was, is dat die kamera nie die hitte van die bakkie se enjin wys nie. Wat sal die rede daarvoor wees?

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
James as jy die kamera op die enjin rig, gaan jy verseker hitte sien... Ek wag mos maar altyd eers totdat die enjin heeltemal af gekoel het voor daar geroep word - daai Fordazda s'n vat so 5min maks dan is hy koud...

Last edited by Freek on Sat Dec 15, 2012 6:27 pm, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Aai k?rels, die weer wil ons net nie 'n "gap" gee vir 'n oordintlike roep sessie nie. Die afgelope tyd kry ons baie re?n en stewige winde wat nogals erg met die kamera toetse inmeng. Moet maar die roer en Foxpro vinnig uithaal, skiet en b?re soos wat die buie en winde dit toelaat.
Ek was nogal lekker groot bek hier aan die begin en genoem dat die kamera onder normale jag toestande getoets gaan word. Sov?r is die weer geskiktheid vir roep en skiet alles behalwe normaal - maar ons hou aan druk, die ding moet gery word.
Hoe lyk dit by die res van julle ouens? Neem aan die weer is maar landswyd nie die mees idiale toestand op hierdie stadium van die geveg nie. Ek sien en hoor ook bitter min kleintjies/jonges in my jag areas... Jason, laat hoor bietjie hoe is jou ervaring?
Hier is so paar foto's van die afeglope week (Donderdag en Vrydag) se aktiwiteit:
1. Jakkals reun in re?n geskiet(so 4 - 5 jaar oud)

2. Jakkals reun (so 5-7) jaar en jong teef (2jaar) tussen re?n buie en redelike sterk wind geskiet - seker 'n goeie uur to uur en 1/2 uitmekaar

Het die voorreg gehad om die amptelike JARACAL "mascot" in gees en bloed te ontmoed vanoggend. Manne, ontmoed vir Stoffel...

- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Pragtige kat...rooikat bly maar n mooi dier
R
R
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Raves, ou Stoffel is 'n kat van inbors. Bly soos 'n koning op daai plaas, sy boetie Pauel wat saam hok deel wou nie van hom laat foto's neem nie... seker maar die prentjie op my hemp gesien en dadelik lont geruik. Trust nie hierdie "dikgat" wat sy ore wil krap nie... Terwyl ek vir Stoffel pamper het Pauel alles gemerk wat hy op daardie stadium in die hande kon kry. Seker gemaak ek kry die boodskap dit is sy teritory daai en niemand is welkom - behalwe sy regte baas.
Last edited by Freek on Wed Dec 26, 2012 7:21 pm, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Manne, die uurglas het leeg geloop vir die toets periode. Ek moet eerlik wees met julle, daar was goeie verwagtinge vir die FLIR Pathfindir m.b.t sy plek in die roep en skiet van probleem predatore. Tydens die toets het ek spesifiek gefokus op die kamera se volgende vermoëns:
1. Sig afstand en beeldkwaliteit
2. Kamera se vermoë om 'n jakkals/rooikat in die nag (onder normale jag toestande) op te tel
3. Effektiwiteit van lig uitskakeling om jakkals en rooikat in te roep
Ek wil graag elke punt kortliks afsonderlik bespreek en my ondervinding met jul deel:
1. Sig afstand en beeld kwaliteit
Sig afstand was goed en het ek gereeld jakkals se beweging vêrder as 350m kon monitor in die nag. Indentifikasie kon ek ongelukig slegs suksesvol doen met die kamera beeld op afstande nader as 150m. Alhoewel die skerm slegs swart en wit beeld wys was die beeld kwaliteit duidelik en helder en kan enige persoon die kontras op die skerm beeld gemaklik onderskei. Hierdie kamera kan ongelukig nie deur digte bosse, bome of gras sien nie. So die idiale staan plek vir die roep en skiet oefening moet verkieslik nogsteeds in 'n relatiewe oop area met so min as moontlik natuurlike obstruksies wees.

Uiters effektief solank die roep area relatief oop is en nie te veel natuurlike obstruksies bevat nie (dooie grond, lang gras, digte bosse, bome ens.). Hoe minder die teiken dier se lyf weg gesteek is, hoe beter lees die kamera die hitte en hoe duideliker die beeld.

Wel, ek is nie seker of dit net "lady luck" was wat saam gewerk het nie maar ek het tydens hierdie toets fase van die oudste jakkalse nog geskiet sedert my betrokenheid by probleem dier jag. Die diere was vir my meer kalm en het makliker/gouer gereageer op die roep klanke. Daar is in totaal 43 jakkalse geskiet tydens die toets fase.
Wat ek wel op gelet het is dat die jagter nie die lig direk op die inkomende jakkals moet aanskakel nie. Sodra die lig skierlik op die inkomende jakkals aangeskakel word is hulle geneig om te skrik en weg te draai. Wanneer gereed om te skiet, swaai weg van die teiken, skakel dan die gedimde lig aan en draai dan stadig terug na waar die jakkals laaste gewaar is.
Om alles op te som is ek beslis beindruk met die Pathfinder se vermoë en die potensiele waarde wat dit toevoeg tydens die roep en skiet van probleem predatore. Dit gee die jagter beslis 'n kans om weer daardie duur, ligsku, skelm jakkalse onder skoot te kry.
Net so paar kiekies van nog jakkalse wat geskiet is tydens die toets - die videos volg later sodra die "editing" voltooi is...

Een van die tanne manne sonder onderste stel slag tande...

Dikkerige spannetjie wat saam ry...

Net bietjie geduld, die video's volg - binnekort.

Last edited by Freek on Tue Jan 08, 2013 10:05 am, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!