Page 2 of 2
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Wed Oct 20, 2010 12:43 pm
by Ponkie
Francois Marais wrote:
Ek skiet sommer van agter die stuur uit.
Pa Ponkie baklei al baie lank by die Kompetisies dat hulle so baan moet he waar die manne 5 bakies langs mekaar trek en dan 'n springbok op bv 250m moet he, want hy glo dan sal hy volpunte kry!!!
Linkervoet op die 4x4 gearlever en regtervoet op die petrol en elmboe rus op die stuurwiel. Dodelike posisie!
Groetnis
Ponkie
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Wed Oct 20, 2010 1:54 pm
by Louis102
Ponkie wrote:
...Linkervoet op die 4x4 gearlever en regtervoet op die petrol en elmboe rus op die stuurwiel. Dodelike posisie...
Ponkie
Amper gedink jy beskryf 'n passievolle posisie waarin in 'n Matie-student in sy voertuig vry, maar toe besef ek dat 'n Landrover seker darem nog nie 'n studente voertuig is nie. Verstaan nie die elmboe? wat op die stuurwiel rus nie, behalwe miskien as jy hotklou skiet. Ek hou daarvan om die bestuurder se deur onder my regterblad vas te knyp en oor 'n mielie sakkie op die spie?l te skiet. (byges? dat ek maar 'n ou Mazda ry en nie weet of dit sal werk in 'n Landrover nie)
Mooiskiet/vry
Louis
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Wed Oct 20, 2010 2:41 pm
by Ponkie
Oom Louis
Nou dat Oom dit noem, ek sal dit bietjie uit probeer. My Pa skiet links en BESLIS nie uit 'n Landrover nie Oom. Hy is 'n Land Cruiser fan. Dink die dag wat ek hom in 'n landrover sien sal nie sommer gou gebeur nie. Hy het nou nie 'n sandsakkie op die spieel nie, gooi hom sommer so bloots as ek dit so kan noem.
Groetnis daar in NAM
Ponkie
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Wed Oct 20, 2010 4:15 pm
by Skolla
Ponkie wrote:
Francois Marais wrote:
Ek skiet sommer van agter die stuur uit.
en elmboe rus op die stuurwiel. Dodelike posisie!
Voorruit slaan plat, vorentoe.
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Wed Oct 20, 2010 10:59 pm
by Louis102
Ponkie wrote:
... Hy is 'n Land Cruiser fan.... Hy het nou nie 'n sandsakkie op die spieel nie, gooi hom sommer so bloots as ek dit so kan noem.
Ponkie
Cruiser fan's kan skiet en daarom het hulle nie sakkies nodig nie! Blootsry gee vir my egter blikners.
Groete daar in die BOS ook. Is die Matie-meisies nog so mooi soos altyd?
Louis
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Wed Oct 20, 2010 11:23 pm
by Yalair
Blootsry gee vir my egter blikners
Louis
Vergeet van blikners as jy in Matie land is kan dit jou in groooot moeilikheid laat beland
Ben
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Thu Oct 21, 2010 9:55 am
by Ponkie
Oom Louis
Dis nes Oom se! Maar ek dink, ons skryf Oom in vir 'n kursus volgende jaar en dan kan Oom self bietjie die Menu kom kyk! Veral nou in hierdie tyd as 'n man so van 5h af gan draf is daar darem verskriklike mooi Dames wat verby jou hol, maar my asem is altyd teen daai tyd al te min om 'n woord uit te kry!

Die baie vleis, brood en bier het sy tol ge-eis!
Ps. Oom kan gereeld terug NAM toe gaan, hier is vrek baie van hulle.
Groetnis
Ponkie
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Thu Oct 21, 2010 10:02 am
by JACQUES BOTHA
ponkie.
Wat is op jou program vrydag?.... Ek soek n man met n roer om my dogters op te pas en te beskerm teen die onheile op Stellenbosch
My dogters is daar vir atletiek--pas hulle asb mooi op...
SOET WEES
JACQUES
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Thu Oct 21, 2010 10:18 am
by namhunt
JB
Paaop dat jy nie vir wolf, skaapwagter maak nie.
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Thu Oct 21, 2010 10:20 am
by JACQUES BOTHA
namhunt.
Sensitiewe enetjie daai hoor.. Wat se die pappas wat dogters het...mmmm manne dis GROOT LIEFDE DAAI.......
SOET WEES
jb
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Thu Oct 21, 2010 12:22 pm
by Ponkie
Oom JB
Dis nou eksamentyd op Stellenbosch, so gelukkig behoort meeste van die manne in die SS of BIB te wees, maar Oom moet net skree ek help graag.
Groetnis
Ponkie
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Thu Oct 21, 2010 12:38 pm
by Stefan764
Snaaks dat ek nou die topic en die gesprek nie bymekaar kan uitbring nie....
Haha!!
FM, ja ek soek graag idees vir n skietraam vir my bakkie. Ek ry n double cab en ek wil n skietraam bou wat maklik afhaal (opwinch in die motorhuis). Wil die ding sommer self prakseer in die afseisoen. Wil hom dan ook so bou dat hy op min of meer alle tipe double cabs pas (paar gate in die bak boor pla my nie). Hy gaan maar meer in die Kalahari gebruik word, so ek wil mar so paar hakke ook aansit.
Stuur asb aan as enige iemand fotos/idees/planne het.
Dankie!
Stefan
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Thu Oct 21, 2010 1:00 pm
by Yalair
Het eenkeer raampie gemaak wat op deur pas, hy haak in by venster as die oop is met plat gedeelte waaroor jy skiet, voete druk teen deur met rubbers op, kettang met stelskroef haak onder aan deur sodat bankie nie uithaak nie het lekker gewerk tot ek hom uitgeleen het

hulle se mos leen jou poeper uit dan skuit jy deur jou ribbes

Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Thu Oct 21, 2010 3:15 pm
by ELTIE
Yalair
Het ook so een wat op die deur pas en dit werk soos n bom. Sommer ook met rubber/spons oor getrek.
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Jan 03, 2012 4:44 pm
by Werdus Smith
Die ou wat daai ding gebou het, het te veel tyd op hande !

Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Thu Feb 16, 2012 2:25 pm
by Deon Joubert
Jy kan sien hulle hou nie van sukkel nie, en is ook nie die eerste keer wat hulle dit doen nie. Hel bakgat man.!