Page 2 of 21

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun May 12, 2013 3:15 pm
by Arnold
Thomas, dit was redelik windstil. Ongelukkig op daai afstand maak enige briesie 'n verskil en ek het so 1 MOA regs gestel so dit dui op 'n 2 mph wind.
Dit was vroeg die oggend teen so 9:30, 18 grade celsius en 1000 mbar stasie druk.

Dit is moeilik om 'n windjie van onder 3 mph op te tel en dit voel eintlik of mens dit kan ignoreer, maar op daai afstand kan mens ongelukkig nie.
Ek het nog nie 'n wind meter nie en probeer nou maar die kondisies 'n bietjie beter leer om sodoende sonder een oor die weg te kan kom (veral omdat hy nie die wind oppad teiken toe kan voorspel nie).

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun May 12, 2013 5:40 pm
by Frederik
Arnold, dit wil gedoen wees baie geluk !!!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon May 13, 2013 7:18 am
by THOMAST
Arnold wrote: Ek het nog nie 'n wind meter nie en probeer nou maar die kondisies 'n bietjie beter leer om sodoende sonder een oor die weg te kan kom (veral omdat hy nie die wind oppad teiken toe kan voorspel nie).
Arnold, ek het twee windmeters. Volgende keer kan jy gerus maar een leen as jy wil.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon May 13, 2013 10:07 am
by Arnold
Baie dankie vir die aanbod Thomas.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon May 13, 2013 10:18 am
by Armand Steenkamp
Arnold, daar is min manne wat so van n bipod af kan skiet!! Ge dan daar vir ons n paar tips man, wat moet jy in gedagte hou as jy goed en konstand van n bipod af wil skiet?

Groetnis

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Wed May 15, 2013 11:25 am
by Arnold
Ek begin 'n nuwe topic ...

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Wed May 15, 2013 11:38 am
by Armand Steenkamp
Dankie man!

Groetnis

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Thu May 16, 2013 8:29 am
by swc-tr
Hier is 'n 7 skoot groepering geskiet op 900m met 'n .308 vanaf 'n bipod deur een van die Protea-span skuts.
Dit meet ongeveer 135mm/.52MOA
F-TR_900m group.JPG

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Thu May 16, 2013 9:28 am
by JACQUES BOTHA
wriksem ma dis moooi

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Thu May 16, 2013 3:57 pm
by Arnold
Schalk, ek wil nie soos 'n kla kous klink nie en dit is nie net op jou gerig nie (daar is 'n paar ander ouens wat dit ook doen).
Manne, hierdie tipe drade is maar daar omdat ons wil brag met dit waartoe ons en ons toerusting instaat is (kom ons wees eerlik). Dit pla my effens as hier op die forum in hierdie "brag" drade fotos geplaas word van groeperings wat ander mense (wat nie deel is van die forum) geskiet het.

Daar is legio fotos op die net van klien groeperings wat ander mense geskiet het. As ek dit wou sien sou ek google gebruik en daarvoor soek.
Hierdie is ons forum kom ons brag lekker.


Die bostaande kan baie lelik oorkom, dit is nie hoe dit bedoel word nie. Die fotos van ander ouens se klein groepe is nie minder impressive nie, plaas dit net onder die regte of ander forum afdeling/draad.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Thu May 16, 2013 3:58 pm
by Arnold
Hierdie baie mooi groep op 600 yds is bv. vir my onvanpas in hierdie draad
http://accurateshooter.net/Blog/wagnerrecord03.jpg

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Jan 20, 2014 2:16 pm
by Fritz
Ek weet al die groepe was 5 skote nie, maar saam kan hulle seker kwalifiseer.

Ek het na die naweek se bench skiet my 30-06 se "swak" ammo gebruik om bietjie op die langer afstande te speel. Die patrone se runout is so tussen 0.003 en 0.006". 155 Lapua Scenar @ 2850fps (as my freakin chrony nie weer vir my jok nie, dan lê hy mooi op 'n node volgens QL en OBT).

Teiken is helfte van A4 grootte. Eerste twee groepe was op 420m prone met sakkie agter, die res was vanaf bakkie se dak. Wind het heeltyd verander, maar het my kans gegee om my drie skote te skiet met dieselfde dope. Wind het gewissel van 0 - 8mph uit 270 tot 225 grade.

Skoot 1,2,3 - 420m, 0.45MOA groep

4,5,6 - 420m, 1.13MOA groep :(

7,8,9 - 375m, 0.49MOA

10,11,12 - 375m, 0.67MOA

13,14 - 510m , 0.57MOA. (DA 7600, elevation 10.8MOA, windage 1.2MOA)

http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/375-510_zpsc1471298.jpg

My equipment het my verbaas die naweek. As my 30-06 so perform op mid-long range dan kan ek hom maar die jaar Klipveld toe vat om die springbokke op 400-500m te engage. Ek gaan hom maar tot sy limits vat tot my REGTE gun kom.

Ek sukkel nog met die lê posisie. Dis vir my baie ongemaklik. En ek dink nie my kolf help nie. Sal vir my 'n proper bipod moet kry en oefen. Die vertikale verspreidings kort bietjie aandag, so sal weer mooi kyk wat my ES is. Ek sny egter nie my nekke nie en gebruik standaard dies, so oneweredige neck tension kan die oorsaak wees.

Het onlangs 'n Frontier knaldemper opgesit. Hy loop soos 'n jet!!!!!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Jan 20, 2014 4:43 pm
by douw
Goed gedoen!!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Jan 20, 2014 4:47 pm
by James Wilson
Lekker Fritz. Al jou groeppe is n driehoek, waarvan die skote min of meer ewe ver uitmekaar is. Maar by skote 4;5 en 6, lyk dit of daar n probleem gekom het? Is dit n ander lading?

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Jan 20, 2014 4:53 pm
by Frederik
James,

Baie goed opgelet wat beteken die driehoeke is dit goed ?

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Jan 20, 2014 6:40 pm
by James Wilson
Frederik, ek voel altyd goed oor n driehoek groepering, veral as die drie gate ewe ver van mekaar is. Dit sê vir my dat die skut en die geweer reg is, maar dat die lading marginale verstellings nodig het.

As ek iemand help met lading ontwikkeling, en die geweer print bv n 40mm groep, maar dit is in n driehoek, dan begin ek eerstens deur bloot met inkrimente van 0.3mm te stel aan die tpl. Nege uit tien keer is dit genoeg om ruimskoots onder moa te kom.

In Fritz se groeppe is daar baie konstantheid. Maar 4;5 en 6 strook nie met die tendens nie. Dit lyk nie soos driver error nie, en waarom sal die geweer vir daardie 3 skote n fout kry? Ek kan verkeerd wees maar dit lyk soos n ander lading.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Jan 20, 2014 11:31 pm
by Fritz
Hi James. Ja daai groepie het my ook baie gepla. Ek weet regtig nie wat dit was nie. Verseker nie wind nie. Kondisies was nie baie "rukkerig" nie. Dit was ongelukkig dieselfde lading, so die antwoord moet maar by my lê. Ek het my ammo geklas volgens runout. Miskien was dit daai enkeles wat selfs meer as 0.006" runout gehad het? Ek is ook bly die res het mooi driehoek gemaak.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Jan 21, 2014 1:47 pm
by Capt. Yoda
Arnold wrote:260 AI, 140gr Berger VLD @ 2805fps

3 skote op 835m in 49mm
http://db.tt/nsGBSVoA

7skote op 860m in 103mm
http://db.tt/m69Ide9h

Die gong meet 485mm in deursnee

Arnold weet die is nou al n rukkie hier maar baie mooi geskiet.Daai is wild !

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Jan 21, 2014 2:10 pm
by Arnold
Dankie Capt.
As ek maar net altyd so kon skiet :laugh:

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:04 am
by Braamgr
Hallo Manne

Hier is my eerste probeerslag op 500m met my 6.5 Creedmoor. Die loop het seker nou so 60 skote deur hom.

140gr Amax
BC 0.585
41.5gr S 365
2700fp/s
CTC was 0.49MOA (Ek moet nog met die TPL speel)
100 meter gezero en 11 MOA op na 500m toe
Wind 4.5mph 4h00 rigting

Ek het nie gestel vir die wind nie, so my skote was links van die teiken af. Het sommer n 20c bygestit vir die foto.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Mar 24, 2014 11:17 am
by Arnold
Baie mooi Braam

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Wed Apr 02, 2014 11:33 pm
by Fritz
Armand Steenkamp wrote:Arnold, daar is min manne wat so van n bipod af kan skiet!! Ge dan daar vir ons n paar tips man, wat moet jy in gedagte hou as jy goed en konstand van n bipod af wil skiet?

Groetnis
Arnold wrote:Ek begin 'n nuwe topic ...
Arnold kan jy my asseblief die skakel van die bogenoemde onderwerp stuur. Ek begin nou maar eers prone skiet en wil van die begin af ander ouens se tegnieke bestudeer en vat wat ek kan gebruik. Ek skiet ook soos jy die Versa-pod en sukkel so bietjie.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Thu Apr 03, 2014 4:21 pm
by Marc
Uitstekend Braam !

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Thu Apr 03, 2014 4:26 pm
by Arnold
Fritz Hagen wrote:
Armand Steenkamp wrote:Arnold, daar is min manne wat so van n bipod af kan skiet!! Ge dan daar vir ons n paar tips man, wat moet jy in gedagte hou as jy goed en konstand van n bipod af wil skiet?

Groetnis
Arnold wrote:Ek begin 'n nuwe topic ...
Arnold kan jy my asseblief die skakel van die bogenoemde onderwerp stuur. Ek begin nou maar eers prone skiet en wil van die begin af ander ouens se tegnieke bestudeer en vat wat ek kan gebruik. Ek skiet ook soos jy die Versa-pod en sukkel so bietjie.
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=140& ... ilit=bipod

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Thu Apr 03, 2014 8:26 pm
by Fritz
Dankie Arnold!!