Wors nu sy eie winkel om te dryf, hy moer werk.....hehe
Blok
Vlieg op vir n week, dan ry jy saam.....
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Sat Jun 01, 2013 12:14 pm
by Ian
Francois
Dit was nou 'n ander lekker om weer 'n bietjie lewende beeldmateriaal te sien. Ek sien hier is 'n persoon wat praat van jakkalsoes op die forum maar dit lyk of jy die jakkalse oes daar in Nam. Dankie vir die goeie kwaliteit en sterkte met die Springbokoes.
Groete
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Sat Jun 01, 2013 4:17 pm
by Christo
Mooi vids Cois, lekker om fisies die skoot te sien. Kamera op die geweer werk nie so maklik soos die wat jy op stoel mount.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Sun Jun 02, 2013 10:53 pm
by Francois Marais
Blok
Jy is meer as welkom, laat weet wanneer ek jou oppi lughawe moet gaan haal......ek beginne Dinsdag4/6 en sa seker so om en by die 23ste klaarmaak vir die maand....
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Jun 03, 2013 7:11 am
by Freddie101
FM
Mooi man. Interressant om te kyk. Maak maar nog.
Voorspoed.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Jun 04, 2013 9:42 pm
by Page
Naand se! Dit was briljante videos daardie en lekker om na te kyk. Goeie werk en dankie vir die deel van die videos ek het beslis iets geleer. Ek weet dit is seker baie gevra maar ek stel belang om my eie videos ook te maak sodat ek na die tyd dit kan geniet en so ook my foute kan reg maak. Is daar dalk n moontlikheid om daardie mount van die videokamara op die stoel dalk te kan wys, as nie sal ek verstaan. Dankie
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Jun 05, 2013 8:20 am
by Frikkiedbr
Ja nee dit is lekker om na die skiet en geluide te kyk, Francois
Dis baie interessant om te sien hoe naskurig daai jakkalse is om na die geluide toe te kom.
En hulle is so dom om verby hulle maatjies te hardloop wat al klaar gepiets is
Ek jag nie self nie en weet nie wat altyd in die bos gebeur nie nie eers te dink wat daai goed aan mense wild en skape doen nie.
Ek moet sê jy het 'n fyn oog om te sien of hoor waar daai jakkalse vandaan kom.
Ek wonder net stel mens jou scope in op 'n seker afstand en skiet of skat mens? Seker 'n dom vraag Francois
Groete
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Jun 05, 2013 8:29 am
by Geno
Frikkie,
Dis hoekom ons met die vinnige platskiet roere werk. Dit maak raaiwerk baie minder in die nag.
Ek stel op 200 - 230m in, ek weet nie van die ander manne nie.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Jun 05, 2013 8:32 am
by Frikkiedbr
O ok, Dankie Geno. Moet sê mens leer lekker hier.
En te kan sien hoe dit gedoen word
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Jun 05, 2013 9:19 am
by BLOK
Frikkiedbr wrote:
Dis baie interessant om te sien hoe naskurig daai jakkalse is om na die geluide toe te kom.
En hulle is so dom om verby hulle maatjies te hardloop wat al klaar gepiets is
Groete
Frikkie
Dit gaan nie altyd so maklik nie, jy kry maar net soos by die mens slimmeres en dommeres, en dan die wat gewoonlik slimmer is gaan studeer naskool en word nog slimmer. Partymaal gaan dit maar sukkel om die manne in te kry.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Jun 05, 2013 9:23 am
by Frikkiedbr
Blok, ek dink ook daar is so bietjie adrieanlien hier ook wat so bietjie pomp. Moet sê ek het so gevoel gekry. Maar miskien is dit net ek.
Julle manne wat elke dag skiet of partykeer kry seker nie daai gevoel nie
Miskien is ek verkeer
Ja nee dink hulle kan maar ook hardkoppig wees
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Jun 06, 2013 9:27 pm
by Jassie
Frikkie
Nee my maat "bietjie adrenalien" is 'n understatement- die goed word in dikpype na jou kop vervoer!!
Groete
JAS
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Fri Jan 24, 2014 3:18 pm
by Ian
Beste Francois
Wanneer sien ons jou nuutse film? Die popcorn staan reg vir nog van jou bestes.
NicoSmit
Daai 1 verdien n "strafdop", nou belemmer jy n goeie post!!
"tamick"
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Mar 26, 2014 6:52 am
by Jan-Hendrik
LEKKER OOM FM......
POST NOG..... DIS MAL!!
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Mar 26, 2014 8:32 am
by Francois Marais
More
Ek het nie eers geweet die topic bestaan nog nie, daar is weer paar wat klaar is, sal hulle laai sodra ek n goeie internet konneksie het......
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Mar 26, 2014 9:06 am
by James Wilson
Kannie waggie!!
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Apr 01, 2014 8:00 pm
by Kalahari
Francois
Jy kan maar gooi, ek het jakkals koors en moet my "fix" nou hier kom kry nadat ek laasweek in die Namib geskiet het.
Ek het self so paar opgeneem gekry, bitter spyt oor een wat klasiek was, my eerste jakkals stop..................... en toe vergeet ek om record TE DRUK
Sal myne elders plaas.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon May 05, 2014 1:40 am
by Francois Marais
Manne
Het weer kansie gehad om n video aanmekaar te slaan, die van julle wat op Louis se Pretoria kursus was, het hulle al gesien, maar sommer die hele bondel aanmekaar gelas, en probeer om die kwaliteit bq beter te laai, hoop hy loop mooi......sal kyk en more dalk nog een of twee doen.....verskoon maar, ek praat bietjie met kos inni mond daar na die misskoot uiteindelik reg uitwerk.....
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon May 05, 2014 6:34 am
by Boskamper
Het die movie somme baie geniet, het ma koffie in popcorn se plek gevat, verder leer ons so stil stil,
Baie dankie
Maak asb weer so.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon May 05, 2014 8:45 am
by Marc
Mooi !!!
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon May 05, 2014 1:57 pm
by Francois Marais
Nog enetjie wat ek so van odds en ends aanmekaar geslaan het.......
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon May 05, 2014 2:53 pm
by BLOK
Daai laaste kop skootjie is darem maar so mooi hehehe
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon May 05, 2014 3:18 pm
by Kalahari
Dankie Francois, ek is bly ek is nie al een wat partykeer met 'n mond vol kos praat nie.