Page 2 of 2

Re: DONKIES

Posted: Tue Mar 03, 2009 5:49 pm
by Yalair
Ek het dit weer, of die slim ouens se dat sebra enige jong of swak dier doodskop wat naby kom, want hy gaan 'n leeu of ding lok, dalk het donkie die streep by sebra gekry. Soos dit aan my oorvertel is deur oupa is dit gewoonlik die hings donkie wat lammers sal dood.

Re: DONKIES

Posted: Wed Mar 04, 2009 7:01 am
by Freek
Genade kerels hierdie donkie storie lyk of dit meer risiko as voordele inhou. Nou dat julle so praat van die bewyding probleem gaan daar 'n liggie in my langtermyn gehue aan. My pa het ook destyds toe gelaat dat die volk se donkies op die plaas wy, tydens droe maande het hulle die goeie gras so oorbewy dat dit verksriklik lank geneem het vir die veld om die skade te herstel. Noodloos om te se hy moes maar later die streep trek en die volk verplig om hul donkie getalle aansienlik te beperk en selfs totaal verwyder aangesien die veld beeste se kondisie soveel skade gelei het asgv die min kos in die veld nadat donkie se tjend daar gewy het.

Re: DONKIES

Posted: Wed Mar 04, 2009 7:49 am
by Kruger
Ek glo nie daar is enige van die groen metodes wat ek nog nie probeer het nie en nie een van hulle bied n oplossing nie. Ek het so 3 jaar gelede begin met donkies. Geen verskil gemaak nie. Inderdaad word net merries aanbeveel. Ek het skaaphond saamgevat toe ek die donkies gaan koop en net merries wat aggressief opgetree het teenoor die hond is gelaai. Alles verniet, maak absoluut geen verskil nie. Slaap eerder in die tyd wat jy wou gaan donkies soek sodat jy daardie aand lekker uitgerus is en gaan skiet dan ou tanneman dood.

Re: DONKIES

Posted: Thu Jul 30, 2009 12:02 pm
by tafjak
Wie gebruik donkies om die katte en jakkalse weg te hou of dood te skop?

Daar word gesoek na so persoon wat sukses daarmee het.

Taffie

Re: DONKIES

Posted: Thu Jul 30, 2009 12:25 pm
by Mac
Taffie,

Jy gaan bitterlik lank soek.

Graham

Re: DONKIES

Posted: Thu Jul 30, 2009 12:38 pm
by Calldo
Taffie

Hier in Vic-Wes weet ek van niemand met sukses van donkies nie, het wel 2 kliente wat gehaat het en donkies is almal verkoop [weggegee]. Niemand wil 'n donkie he wat nie werk nie. Die meeste van die stories is suggestie. Een boer wat reken sy blesbokram hou kamp skoon van jakkalse. Het nog geen wetenskaplike bewys hiervan nie.

Groete,
Calldo

Re: DONKIES

Posted: Fri Jul 31, 2009 1:55 pm
by Ambessa
Hallo Taffie / Calldo
Calldo wrote:....donkies is almal verkoop [weggegee]. Niemand wil 'n donkie he wat nie werk nie. Die meeste van die stories is suggestie. Een boer wat reken sy blesbokram hou kamp skoon van jakkalse.
...ek hoor 'n spesialisjagter hou rooijakkalse baie beter weg (permanent) as donkies of honde of wat ook al? Is dit waar?

Ambessa

Re: DONKIES

Posted: Fri Jul 31, 2009 2:36 pm
by JACQUES BOTHA
AL DONKIES WAT EK VAN WEET WAT BESLIS WERK ..IS DAAI DONKIES WAT DIE WA DEUR DIE DRIF TREK AS DIE BOER BEL EN VRA KAN JY ASB KOM , MY LAMMERS WORD WEER GEVANG..
NOU JA DAAI DONKIES MOET MAAR IN HULLE BAKKIE SKLIM EN STOELE OPLAAI (DIE WAT DIT OOIT AFLAAI,OF HUL SKIETRAAM OPLAAI ) EN RY...
MEER KERE AS NIE WORD DIE PROBLEEM OPGELOS INDIEN EN INDIEN EN INDIEN DIE BOER NIE RONDGENEUK HET NIE...OF LAT RONDNEUK HET NIE.........
SO DAAR ID DONKIES WAT WERK EN HULLE WERK GOED DOEN EN TROTS IS OM DIT TE KAN EN MAG DOEN........EN DAN IS DAAR DIE FLIGH BY NIGHTS........
MAAR KOM ONS HOU BY DIE GOEIE EN FOKUS OP DIT WAT WERK .....

Re: DONKIES

Posted: Sun Jan 17, 2010 11:14 am
by tobie
ek het tans n donkie hings wat gebruik was vir kar trek.maar sy maat het skuur deur stukkend geskop en kon hekke oop maak soos jy nie kon glo nie.ek moes maar n plan daar maak.
In elk geval.Die hings is gewoond aan honde of so het ek gedink tot my weimaraner die kamp binne gaan. Ek moes vinnig keer of sy was gewees. maar as alternatief vir veewag.Nee wat.Vergeet dit. Die kate vang kringe om hom in dieselfde kamp

Tobie

Re: DONKIES

Posted: Sun Jan 17, 2010 7:50 pm
by katjak
Ek het donkie hings tussen my skaap gesit paar jaar terug. Op die einde moes ek ou valie skiet. Hy het meer skaap gevang as ou jakkie. Hardloop tussen die trop in, gryp die skaap aan die wol op die rug en gooi hom in die lug. Hy ruk dan die hele rugvel af en as skapie grondvat word hy geskop na kapoet toe. Valie het toe maar leeukos geword en skapies het lank en gelukkig nog gelewe daarna. Japie

Re: DONKIES

Posted: Sun Jan 17, 2010 8:16 pm
by Ja3
Wonder hoe kan hy beeste oppas teen veediewe?

Re: DONKIES

Posted: Mon Jan 18, 2010 8:55 am
by Foxcreek
Ek het twee jaar terug by 'n melkboer die jakkalse tussen die donkies geskiet. Hulle was veronderstel om die koeie wat naby aan kalf was op te pas. Dit het vir 'n tyd gewerk en toe skielik maak die jakkies planne en die melkboer begin kalwers verloor.

Hy het hulle vir 'n aasvo?l restuarant geskenk!

Foxcreek.

Re: DONKIES

Posted: Fri Feb 12, 2010 8:27 am
by Freek
Vanoggend hin ietwat van 'n onderonsie gehad met 'n man wat draad span vir boere. Dit kon seker vermy gewees het maar ek en die man kom vanoggend vroeg gelyktydig by die "garage" aan waar alby ons voertuie gediens word. Ons begin toe gesels en nie lank nie of die gesprek stuur af op jakkalse en rooikatte.

Om lang storie kort te knip die man is vir die roofdiere en ek is vir roofdier beheer. Sy oplossing, boere moet net oordentlike drade span, donkies tussen die skaap gooi en ophou om jakkalse te jag want dit skep ruimte en dan is alles "hunky dory". Hoe meer ek die man se siening probeer verstaan hoe minder maak dit sin en ek besef ek mors my tyd en jaag my bloedruk on nodig in die rooi in.

Vertel hom toe hy moet gaan geld leen om plaas te koop, nog geld leen om die plaas toe te span, nog geld leen om trop skaap te vestig en dan skenk ek vir hom 4 teelpare jakkalse wat saam met hom kan boer. Daarna, gee ek hom 4 jaar kans om voluit te boer saam met die vlekkies waarna hy sy opbrengs uit die skaap gebruik om sy skuld terug te betaal, die plaas se operasionele kostes te dek en dan nog geld oor te hou om van te leef. Na 4 jaar kom ons weer hier by die garage by mekaar en dan praat ons weer oor die onderwerpie...miskien verstaan ons mekaar dan.

Re: DONKIES

Posted: Fri Feb 12, 2010 9:58 am
by tafjak
Freek

As jy weer darie roker raakloop, vra hom sommer waarvoor die donkies is. Hulle gaan die jakkalse net verjaag en dan sal jakke seker vrek van die honger.

Soos iemand eendag ges? het: " Monkeys en Peanuts soek mekaar" of "Soort soek soort".

Aag, los maar die ou, salf help mos nie in sulke gevalle nie.

Re: DONKIES

Posted: Fri Feb 12, 2010 1:50 pm
by Christo
El het lankal gewonder waar die naam "Jackass" vandaan kom. Nou maak dit sin. "Jack" seker van Jackall en die res is donkie. Of ons is agter die tyd of iemand het lank lank gelede reeds die 2 versoen. Donkies hou nie Jakkalse weg nie, in elk geval nie van kos nie.

Freek, ek hoop hy span die drade hoog genoeg anders gaan die donkies nie meer te?l een van die dae nie.  ;D

Christo

Re: DONKIES

Posted: Fri Feb 12, 2010 2:05 pm
by Freek
Taffie, ek dink jy's 100% reg mens kry nie pille of salf vir die tiepe manne nie. Al wat help is, die ouens moet betrokke raak en self die vuur begin stook en die hitte op hulle lywe voel, dan eers begin 'n man drasties soek na praktiese werkbare oplossings. Solank daar in 'n gemak zone rond beweeg word kan enige iets werk selfs die mees absurde voorstelle en dan is die pappier waarop die sogenaamde perfekte eenvoudige oplossing uit gewerk word ook baie geduldig.

Christo miskien moes ek die ou gevra het om my te gaan wys waar span hy draad want ek sal graag wil sien hoe lyk sy heinings wat die jakkalse permanent uithou. 

Re: DONKIES

Posted: Fri Feb 12, 2010 10:56 pm
by Christo
Freek wrote: Christo miskien moes ek die ou gevra het om my te gaan wys waar span hy draad want ek sal graag wil sien hoe lyk sy heinings wat die jakkalse permanent uithou. 
Vibrecrete, ou mater. Is seker al wat sal werk. In elk geval net tot die "shallowpigs" ingetrek het.

Christo


Gaan jy visvang?

Re: DONKIES

Posted: Tue Feb 16, 2010 8:20 am
by Freek
Christo, ek sou graag die trippie wou mee maak maar dit lyk nie vir my of dit hierdie jaar gaan gebeur nie. Jy moet maar die fort hou daar en dophou dat Taffie en Louis nie te veel vis laat weg kom nie, sorg net dat die hoeke skerp is en die lyne nat bly dan behoort die vis wal toe te kom. Hey, hoe klink ek nou soos 'n ou visserman laat ek liewer my bek hou nou-nou word daar verwagtinge geskep.

Julle manne moet dit geniet en as dit moontlik is bring maar 'n ou galjoentjie met 'n Myl108 tag aan sy stert saam groot asb.

Re: DONKIES

Posted: Thu Apr 07, 2011 5:37 pm
by Francois Briedenhann
My oom boer so 50 kilos yt posmasburg hyt ook donkies wat tussen sy vee loop hyt bja probleme gehad tot hy donkies gekry het

Re: DONKIES

Posted: Fri Apr 08, 2011 12:27 pm
by Shindzela (Pierre)
Ek het nou nie donkies wat jakalse in toom hou nie, maar darem n zebra merrie vul wat die dinges uit die swart werkers uit skop. Werk seker maar dieselfde prinsiep...

Re: DONKIES

Posted: Sat Apr 09, 2011 8:24 pm
by MEERKAT
Francois het jy 'n idee hoe groot die kampe is?

Groetnis
MEERKAT

Re: DONKIES

Posted: Wed Apr 13, 2011 4:16 pm
by Francois Briedenhann
Nee maar sal ytvind. Hulle is nogals reedelik groot want die plaas is 6800hektar en daar is 12 kampe dink ek sal vanand gou bel en hoor.


Groete
Francois

Re: DONKIES

Posted: Thu Apr 14, 2011 1:12 pm
by Stefan764
Nee wat kerels, die klink vir my ook n a wolhaar storie...

Vir die 2-been jakkalse werk n bef*kte mannetjies volstruis baie goed  ;D ;D