Page 2 of 2
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 3:54 pm
by Kalahari
Dorperlammers gemerk en sterte afgesny (die punte) na die rekkie aangesit is.
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 4:12 pm
by Johan JvR
wat egter wel gebeur het, op my troue bring hulle die ringe op 'n kussing in. Die ringe was met lint vasgebind.
Met my bewerasies kon ek nie die lint loskry nie, toe sny ek hulle met my mes los. Skoonma wou nog keer vir die kussing...
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 5:22 pm
by NEGE3
Nooit sonder 'n knipmes en 'n sakdoek nie. My knipmes het 3 lemme. Een vir kos, een vir naels en een vir pyp skoonmaak.

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 6:05 pm
by Geno
Springbokke keelaf gesny, wit blesbok keelaf gesny, en pense uitgehaal
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 6:29 pm
by bobby
johan
you won't believe this but i did the same thing , the dominne still said in his words ''dis net bang mense wat messe dra '' what the fool didn't know was i also had my 38 on me , come to think of it i should of put a cap in his ass .
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 7:27 pm
by Christo
Myne vandag innie reen/modder gebruik om baaltou stukkie vir stukkie uit my bakkie se agterwieldrom uit te haal. Baaltou gaan gou kompeteer teen machekars as nasionale blom.
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 7:37 pm
by douw
Mens besef regtig nie wat mens alle smet knipmes doen nie. Ek het vandag
1. Die "checkering" op 'n haelgeweer skoongekrap.
2. Epidermix afgesny van 'n 303 wat ek wil laat raakskiet.
3. Tou gesny
4. Biltong gesny
5. Verpakking van vleis oopgesny.
Groete
Douw
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 7:58 pm
by Beretta
Oom Pine
Net soos jy daar se n stockman het ook so een of twee maar baie bang ek verloor hulle so ek dra hulle maar min. Dan is daar ook natuurlik die Texas tooth pick. Hy word deur Case gemaak. Case messe is ook baie goeie waarde vir geld. Maar my gunsteling is maar my Benchmade messe. Ek hou daarvan as hulle baie skerp is so dat jy kan skeer.
Beretta
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 8:24 pm
by Pvdw
Klein skroefie vas gedraai.
Peet
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 8:32 pm
by Johan JvR
Oom Pine, ek voel ook so.
Mens kry mos die meslose perd by 'n braai wat vra of hy gou jou mes kan leen, dan sny hy sommer so op die rooster.
Ek vra gewoonlik wat hy wil sny, dan sny ek vir hom.
en my mes moet nie arm hare skeer nie, hy moet een haartjie op 'n slag van my arm afskil met slegs 'n effense beweging van die gewrig.
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 9:18 pm
by theedge
Alles en nog meer - daar is altyd n werkie vir hom, altyd n tydverdryf.
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 9:48 pm
by Chevvy SS
Kalahari wrote:Dorperlammers gemerk en sterte afgesny (die punte) na die rekkie aangesit is.
Was die sterte vanaand op die kole Kalahari?
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Fri May 03, 2013 11:11 pm
by Kalahari
Chevvy SS wrote:Was die sterte vanaand op die kole Kalahari?
Chevvy, nee man ongelukkig nie, ek sny maar net die punt (kort stukkie) af en die is ook nog meeste van die tyd besmet met bosluise, so die wat ek sny is nie bruikbaar nie. Die doel volgens my (so geleer) is maar net om die drukking te probeer verlig deur bloed uit te laat op die punt.
Maar ek hoor jou lus vir die die sterte,

ek het self al geproe van die sterte by ander braai.
Ek het dit alles basies op my voorstoep, ek moet net meer moeite doen
ps: die kouefront is seker amper by julle verby, die wind het sononder suid by my begin waai.
Baie lus om 'n springbokkie te gaan klop vir vroee chillibites
Groete
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Sat May 04, 2013 7:35 am
by NEGE3
pine wrote:Knipmes met drie lemme is n "stock knife" dis n boere mes en die beste wat ek van weet. Hulle is nogal skaars in winkels deedae, geniet hom en weet hy was vir veeboere ontwerp en gemaak.
Geseend Pine.
Moet ook byvoeg dit is 'n Boker wat ek in 1994 gekoop het. Op die lem staan 4474 en 44C. Het hom al telkemale verloor maar hy het elke keer sy pad terug gevind. Hef is van takbok horing.
Ek dink 'n knipmes is soos 'n roer. Hy werk vir jou of hy werk nie.
My pa was weer 'n Okapi man.
Die ou mense het mos geglo as iemand vir jou 'n mes persent gee moet jy hom 'n muntstuk terug gee anders kan dit dalk die vriendskap afsny.
Groete.
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Sat May 04, 2013 8:15 pm
by NicoSmit
Het biltong gekerf toe die tande skoon gekrap ....nee darem nie die tande nie net 'n grappie Ek maak nou die dag 'n laai leeg en ontdek toe 7 sakmesse in die laai wat ek met die jare op ge gaar het nou het ek sommer 'n nuwe stokperdjie 'n sakmes versameling.Nou soek ek 'n regte Okapi mes .
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Sun May 05, 2013 9:13 am
by Nickvn
Blikkie S365 oopgemaak en biltong gesny. O ja n rafel van my nuwe hemp afgesny.
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Sun May 05, 2013 10:05 am
by NEGE3
NicoSmit wrote:Het biltong gekerf toe die tande skoon gekrap ....nee darem nie die tande nie net 'n grappie Ek maak nou die dag 'n laai leeg en ontdek toe 7 sakmesse in die laai wat ek met die jare op ge gaar het nou het ek sommer 'n nuwe stokperdjie 'n sakmes versameling.Nou soek ek 'n regte Okapi mes .
Ek dink ek het gesien by Solomon's in PTA-Noord. Sal vir jou kyk as ek weer daardie rigting ry.
'n Ander gewilde mes uit die ou dae was mos 'n Joseph Rodgers gewees voordat Victorinox en Kershaw die kalklig gesteel het.
Groete.
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Tue May 07, 2013 11:47 am
by LoveHenties
Ek maak my messe skerp met Lansky. Waarom wil sommiges net nie skerp (genoeg) nie? Al doen ek dit presies dieselfde vir almal?
My oorlede Pa se Puma bly maar die beste. So paar skure met die Lansky en hy kan 'n arm skoon skeer.
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Tue May 07, 2013 2:36 pm
by Gerhard
MY CKRT het Saterdag bokke se kele af gesny...
Saterdag middag gewas en geslyp.
Vandag gebruik om peer op te sny.
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Tue May 07, 2013 5:41 pm
by Beretta
Kan die staal wees as jy klaar is op die lansky strop hom sal nie weer dieselfde wees nie pasop jou vingers
Beretta
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Tue May 07, 2013 8:55 pm
by Johan Nel
Chris Swart wrote:The man that said "A dog is a man's best friend"
Clearly never had a good knife...
My pa het my laat verstaan dat 'n man wat nie 'n knipmes het nie, is nie 'n man nie. Ek was toe vyf jaar oud (197?). "n Vriend van my glo weer 'n man wat geseend is, is " 'n man wie se hond goed geleer is, wie se knipmes altyd skerp is en wie se broeksak sonder gate is..."
Ek het die naweek bokke geslag, gister vleis gewerk, vandag suikerriet gesny en sommer 'n horde klein takies wat mens doen sonder om eers daaroor te dink. My messe word ook geslyp met 'n lansky stel wat ek seker al twintig jaar gebruik. Ek het die slypstel destyds by Bouwer Broers in Pretoria gekoop. My knipmesse wissel maar oor tyd. Ek het al paar keer 'n mes vir iemand geleen net om dit nie weer terug te kry nie. Ek dink die manne wat nie hulle messe vir iemand anders uitleen nie, is baie wys.
Groete,
JHN
Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?
Posted: Wed May 08, 2013 8:01 am
by DEE
Dis oestyd en daagliks word 'n paar pomelo vrugte "gesample"