Skiet vanaf 'n Bipod

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Jean, jy is reg die wapen sal stewiger vas gehou moet word anders gaan hy jou seermaak. Die kolf ontwerp moet egter reg wees anders gaan jy sukkel dat die geweer nie rondspring nie.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Jean Marais »

Arnold

Ek hou gladnie my 308 Norma stewig vas as ek van die bipod af skiet nie. Dis duidelik foutief. Hy spring bietjie as die skoot loop. Ek neem aan die kolf ontwerp gaan nie noodwendig op 'n standaard fabrieks jaggeweer gevind word nie. Ek neem ook aan met kolf ontwerp bedoel jy dat die terugskop direk agtertoe moet wees, en nie opwip nie.

Snder om te veel aan die kolf te verander, sal groepe verbeter deur die wapen net stewiger vas te hou?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Eugene »

Arnold wrote:Dit kan help om die geweer voor vas te hou en so moet jy eksperimenteer om te vind wat vir jou werk. Die loop wip kan baie toegeskryf word aan kolf ontwerp en daarom word die kolwe vir langafstand skiet so ontwerp dat recoil reguit agtertoe oorgedra word.

Wat Doomslayer sê oor die skuif van pote is baie waar en daarom is dit so moeilik om vanaf n concrete bench met n bipod te skiet. As jou bipod skuif laai hom ook dalk teveel, hy moet net net nie skuif nie.
Anders kan jy kyk na die tipe pod-claws, ek vind egter die rubber voete is n goeie kompromie. Ek twyfel egter sterk oor ski-feet op n bipod wat gelaai moet word.
Waarvan sal jy voorstel moet die bench eerder gemaak word? Myne was aanvanklik hout, maar dit voel of dit meer "spring" het?
Aim small, miss small
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Jy skiet uit die lê posisie vanaf die grond. Daar is benchrests om vanaf banke te skiet.

n bipod is bedoel as hulp middel in die veld. Oefen soos jy in die veld gaan skiet. As jy jou ladings van die bench af wil toets gebruik jy n ordentlike benchrest.

Dit klink dalk kras maar dit is hoe ek dit sien en doen.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Eugene »

Arnold wrote:Jy skiet uit die lê posisie vanaf die grond. Daar is benchrests om vanaf banke te skiet.

n bipod is bedoel as hulp middel in die veld. Oefen soos jy in die veld gaan skiet. As jy jou ladings van die bench af wil toets gebruik jy n ordentlike benchrest.

Dit klink dalk kras maar dit is hoe ek dit sien en doen.
Nee, ek verstaan, maar ek is tans besig om nog skietbankies te bou en wou sommer weet wat is die beste materiaal om te gebruik. Ek het gedink sement, tot ek jou post hierbo gesien het. ;)

Vir die instel van die teleskoop, skiet ek gewoonlik met die bi-pod van die bench af, omdat ek alles dieselfde wil hou. Daarna skiet ek vanaf die lê posisie van die grond af.

Groete
Aim small, miss small
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Jean, dit is hoekom ek sê jy moet oefen met dit wat jy het. Probeer 'n stywer greep en kyk of die groepe verbeter. As jy nie die bipod laai nie spring 'n geweer sommer lekker.

Eugene, ek sou sement gebruik vir die banke om dit so stewig as moontlik te kry.
Jy kan mos maar van die grond af skiet as jy jou geweer instel. Onthou jou skiet posisie het ook 'n invloed op jou POI. Die geweer gaan ander kragte ondervind indien jy agter hom sit teenoor wat jy agter hom lê.

Huidiglik probeer ek net van die bank af skiet as ek my chronograaf gebruik, wat gewoontlik gepaard gaan met lading ontwikkeling. Sodra ek vir my 'n staander geprakseer het sodat ek my chronograaf op die grond kan sit sal ek dit ook uit die lê posisie doen. Persoonlik voel ek dat ek huidiglik beter vanaf my bipod skiet as vanaf 'n bank.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Jean Marais »

Arnold, ek gaan dit beslis oefen, en eksperimenteer tot ek iets kry wat lekker werk

Dankie - die post is baie leersaam.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Carl »

Arnold, sou jy sê mens moet hou by die kort bi-pods vir optimale akkuraatheid maw die wat net vir lê gebou is? Myne is lê en sit Vanguard EQ 2.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Carl, jou stabiliteit gaan 'n groot invloed op jou akuraatheid hê. Lê is meer stabiel as sit, maar jy gaan sukkel om met 'n kort bipod te sit en skiet.
Vir lê en skiet werk die +-9"-13" lengte goed. Die 6"-9" wat vir die bench aanbeveel word is te kort vir veld gebruik volgens my ondervinding.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Armand Steenkamp »

Arnold,
Baie dankie vir al die moeite en die goeie raad. As ek nou van die veld af kom dan kom lees ek nou als lekker rustig deur!

Groetnis
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Carl »

Dankie Arnold. Die Equaliser2 is dan effe te lank. Sal bietjie kyk na hulle nuwe Equaliser Pro of dan 'n Harris siende die prys dieselfde is.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by douw »

WitWillem wrote:Ek het nou sommer daai manne se DVD bestel !
Waar het jy bestel en wat kos dit jou?

Groete
Douw
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Machann »

Arnold, ek so ruk gelede ook clip van Gunwerks gekyk oor prone en bipod en dit my ook hieroor laat dink. Hulle praat ook van Bipod wat kan vorentoe en agtertoe kan swivel en hoe mens die bipod laai. Ek gebruik egter nog altyd "solid" bipods soos Harris en weet waarvan jy praat as geweer spring agv bipod. Is daar egter n tegniek wat mens net so effektief kan gebruik vanaf meer "solid" bipod soos die Harris. Moet ek iets anders kry vir die 338 en as ek moet, wat stel jy voor?
User avatar
WitWillem (Charl)
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by WitWillem (Charl) »

Het dit op amazon gekry werk sk R600 uit
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Ruan, die harris is definitied nie solid nie! Die FTR ouens skiet met solid bipods.

Die bipod in die gunwerks video is n Atlas ... lekker duur bipod, maar ek sal nie omgee vir een nie. Baie goeie video om te sien wat die geweer wil en toegelaat moet word om te doen.

Oefen eers met die harris sou my voorstel wees. Mens kan hom skiet sonder dat hy hop.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by douw »

WitWillem wrote:Het dit op amazon gekry werk sk R600 uit
Baie dankie. Ek wil dit ook bestel. Het jy dit laat aflewer by jou posadres of woonadres? Ek woon op 'n klein plasie en gewoonlik weet niemand om hier te kom nie. Kan ek "po box" gebruik? Ek sien hulle sê jy moet seker maak jou adres is reg ingelees, anders word die pakkie terug gestuur.

Jou raad hieroor sal wardeer word.

Groete
Douw
User avatar
WitWillem (Charl)
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by WitWillem (Charl) »

Het PO box gebruik. Dit is ook n eerste vir my oor amazon. So hou maar duim vas.
Skiet
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Skiet »

Dag manne, dis my eerste pos hier nadat ek myself voorgestel het. Die langafstand skiet is iets wat my fassineer van my skooldae af.
Ek het so 3 jaar gelede n veld teiken kompetisie by Kraaifontein skietbaan geskiet en eks baie seker ek het vir Arnold daar ontmoet-Mariuss van Schalkwyk het ons voorgestel. Ek hoop Arnold sal laat weet of ek die regte of verkeerde persoon in gedagte het.
Elk geval, die Arnold het vir my n geleentheid gegee om met sy .223 en .308 200m groeperings te skiet. Dit was n fantastiese ervaring gewees om weer daai stamp in die skouer te voel.
Hierdie was die eerste keer van my militere dae (16 jaar gelede op daai stdium) wat ek aan n CF geraak het so ek het n verskoning. Dit was ook van n bi-pod af op n sement blad.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Hallo Nick

Ja dit was ek. Daai 223 is nou in Kalahariklong se kluis en die 308 het n transformasie ondergaan.

Daai was met n Harris tipe bipod vanaf n concrete blad uit die lê posisie. Baie mooi geskiet!
Nie om iets weg te vat van die mooi groepering nie maar dit is baie makliker om sulke groepe te skiet met kalibers wat min recoil, daarom dat baie mense ervaar dat hulle gewere beter groepeer met silencers op ....
Skiet
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Skiet »

Arnold, dis lekker om weer met jou kontak te maak. Ek glo die .223 se nuwe eienaar geniet daai geweertjie.
Ja as ek weer so bietjie kans kry om met die CFs te speel glo ek daai plakkertjie sal op langer afstande les op se.
Laas toe ek moet Mariuss gesels het, het hy vertel dat julle nou gong skiet op 800-1000m. Ek probeer kry dat hy my saam nooi maar die man bly besig.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Nick, ons skiet maar min en ons nooi niemand saam nie. Ons kan ongelukkig nie die skietplek deel nie aangesien dit n voorwaarde is van die grond eienaar en ons wil nie die plekkie verloor nie.
Skiet
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Skiet »

Nee Arnold, ek verstaan. Ek skiet net pcp en is selfs daarmee maar versigtig wie ek saam nooi. Julle manne moet dit geniet, tussen tyd lees ek van julle uit togte.
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Swys14 »

Arnold wrote:Carl, jou stabiliteit gaan 'n groot invloed op jou akuraatheid hê. Lê is meer stabiel as sit, maar jy gaan sukkel om met 'n kort bipod te sit en skiet.
Vir lê en skiet werk die +-9"-13" lengte goed. Die 6"-9" wat vir die bench aanbeveel word is te kort vir veld gebruik volgens my ondervinding.
Stem 100% saam, ek het die jaar kudu gaan walk en stalk en het redelik gesukkel om skoon skietvlak te kry met my 6-9 harris, op daai oomblik het ek gewens ek het nog so paar duim meer gehad om mee te speel want ek het gesukkel om oor daai karoo bossies te kyk...het darrem die bok gekry :) Van die bank af werk hy goed.
User avatar
WitWillem (Charl)
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by WitWillem (Charl) »

Ja nee ek verstaan ... ;D ;D ;D ;D

[quote="Swys14"][quote="Arnold"].............. op daai oomblik het ek gewens ek het nog so paar duim meer gehad om mee te speel want ek het gesukkel.................
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Carl »

;D ;D
Ja Swys jy't nou jouself oop gemaak!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply