Page 2 of 3

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Fri Mar 06, 2009 10:54 pm
by rednat
Yalair
Hoor die Vrystaat se jagseisoen gaan verander tot na die gras afgevreet is. Glo twee redes:
1. Die 270 manne skiet hul bokke so v?r dat hulle eers hul bokke kry nadat die gras afgewei is -- so nou moet die seisoen wag tot nadat die gras af is.
2. Verder het die bees glo gevrek aan loodvergiftiging wanneer die gras gevreet word na jagte -- koe?ltjies wat glo in die halms vassit.

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Fri Mar 06, 2009 10:59 pm
by Yalair
rednat
Ja het op een van die koeeletiekies met vergrootglas iets soos 22..... op kon lees die grashalm het hom erg gebuig  ::)

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Fri Mar 06, 2009 11:46 pm
by tafjak
Ek sal dan maar nie daar gaan jag nie. Ek skiet eenjaar in die ou SWA 'n springbokram (nogal 'n mooie) met die 308. Was nogal 'n langskoot vir my standaarde. Ek was nogal vies vir myself na die langskoot en sal dit nooit weer probeer nie omdat bokke al vrot raak voor ons daar kan kom om pense uit te haal.

308 bly losvoor in enige plek en het nou 'n 4x scope opgesit om die langskote te vermy.

Taffie

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 9:00 am
by Yalair
Taffie
Ons gebruik deesdae vinniger bakkies (nie Landrover) dan is die bok net mooi ryp as jy by hom kom - dis nou na skoot met 270. So jy is welkom om 'n biltongkie te kom skiet by my as jy die rigting kom - as jy nie jou 308 bring nie kan ons hom altyd vir jou aan die windpomp vasmaak niemand sal weet nie  :D

Grap net, maar is ernstig oor biltongkie, sal jou natuurlik uitryl van inligting kos oor jakkie skiet - sien jy ken van  ;D

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 10:01 am
by johan
Yalair

Jy sal sommer n slagdingetjie en n eland moet inwerk ;D.......Sir is uitgevreet aan koedoe en damara.
Onthou tog die persie vir die ou se droewors....hy hou van dit vetterig  :o
Hy kan vir swartekater met die verbykom optel......308 is bietjie lig vir eland :-X

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 10:32 am
by tafjak
Ek sal maar die 308 ligter laai dat ek nie meer so ver kan skiet nie en ook die koedoe vroegoggend skiet dat die nag nie tussen skiet en bok optel is nie. Jakkalse kan net miskien peusel aan bok.;D

T

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 11:08 am
by johan
Taffie

Jy hoef nie 308 af te laai nie........size hom net af 22 toe........dan hoes daai eland ;D

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 11:27 am
by Yalair
Johan
So gepraat van persie, het paar persie ooie wat ek juis vir die doel aanhou nou het jakkals een van my persie lammers gevang, en dit na ek gedink het jakkals is nou stil by my - hy gaan met sy lewe boet hiervoor  >:(

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 1:56 pm
by johan
Yalair
As jy nou n mooi droewors skaap wil sien moet jy damara met persie kruis......my broer :o.......op n medium koedoebul.....selfs n jakkals sal sy lippe aflek ;D

Siende dat jy die droewors koning is.......gee bietjie daai resep aan asb man.....moet net nie "lair" nie hoor ;D

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 2:38 pm
by Yalair
Johan
1. Skiet bok met 270 as jy nie een het nie bel my dan sal ek ko skiet vir jou  :D.
2. ek koop sommer freddy hirsch se plaaswors spice meng 22 kg wild in met 7 kg persie vet en vleis. Dis dan my braai en droe wors ek vries eerder nat wors en hang dit op soos droe wors op raak en eers aan einde van winter sal ek droe wors begin vries

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 3:13 pm
by Chris101
Ek gooi weer egte homestyl.
Vet die selfde persie damara kruis.
18 kg wild 5 kg skaap vleis dis nou dorper.
6 mm siffie maal 2 keer.
Smelt soos mashmallows

Chris101

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 4:32 pm
by CHRIS
Yalair jy dink nie daai jakkals sal vrek van kolestrol nie. Ek weet nou nie meer waarmee moet ek skiet nie? met my 270 Browning of met my ou RSA plank 308 nie.Wou 308 verkoop maar nou het julle my, ek wag tot julle s? 303 skiet ook nie tebad jakkals nie dan weet ek DIE drywer is die fout. Groete Chris

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 5:41 pm
by Yalair
CHRIS
Ek sien in sy spoor lyk of hy gout het.
Pel van my kry jagters onderandere is die seun se skoonpa van Ingeland rou soutie, Hulle besluit gee hom 303 en steek hom agter kop weg so sal hy niemand raak skiet nie. Soos hulle sit hoor hulle die 303 loop oop. Daar gekom le die hele veld vol springbok, so se die omie hy's te dankbaar hulle het hom dieselle geweer geleen waarmee hy vir Ingeland bisley geskiet het en nie een van daai fancy gewere nie.

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 6:36 pm
by Christo
Chris 101 & Yalair

Ek wonner of daai persies kan kruis met die 4 horing damaras. Dan kan jy mos straight die wors maak.

Christo

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 7:00 pm
by Yalair
Is daai goeters nie draad karre nie ? soek mos vet, ken hulle nie.

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sat Mar 07, 2009 7:24 pm
by tafjak
Chris
met my 270 Browning of met my ou RSA plank 308 nie.Wou 308 verkoop maar nou het julle my,
Daai roere van jou is nie reg yir jakkalse nie. Verkoop die 308 plankroer aan my dan kan jy genoeg voorraad vir 270 koop om te laai. Toe man!

Taffie

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sun Mar 08, 2009 10:14 am
by Yalair
Chris
Pasop ek sien waaroor dit nou gaan. Hulle wil ons uit ons 'swak' gewere praat sodat hulle dit kan koop  ;D ons sal moet saamstaan hier en die aanslag moet afweer.
270 groete

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sun Mar 08, 2009 10:34 am
by tafjak
270

Jou roer is egter baie reg vir jakkalse en kan hom maar hou! :D

T

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sun Mar 08, 2009 12:06 pm
by CHRIS
Taffie die plank is in mark, net nie te ruil vir land rover nie, het genoeg moeilikheid met oue. groete Chris

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Sun Mar 08, 2009 2:10 pm
by tafjak
Chris

Laat loop dis laat! Wat waar en wanneer? Jy kan my 'n persoonlike boodskap op die forum stuur en dan gesels ons die sakie uit.

Taffie

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Mon Mar 16, 2009 2:37 pm
by Louis Kriel
tafjak wrote: Chris
met my 270 Browning of met my ou RSA plank 308 nie.Wou 308 verkoop maar nou het julle my,
Daai roere van jou is nie reg yir jakkalse nie. Verkoop die 308 plankroer aan my dan kan jy genoeg voorraad vir 270 koop om te laai. Toe man!

Taffie
Goeie dag aan almal. Ek is nuut hier. Ek gaan eerskomende naweek op my eerste jakkals skiet in die Ladismith omgewing. (Wes-Kaap)

Ek het net 2 gewere, 'n Cz 550 in 30-06 en 'n baie akkurate no4 Mk2 Lee-Enfield .303. Ek laai self en het gelukkig onlangs begin eksperimenteer met ligte Hornady 110 gr SP's. My akkuraatste lading was 58gr S355 met Federal LR magnum slagdoppe. Dit gee uit my geweer 3450 v/sek en terugslag is min. Ek dink by die gebrek aan 'n .22-250 sal dit maar moet doen.

Hier is 'n oom wat 'n Springbok Bisley skut was, onlangs oorlede en hy het 10 .308 plank gewere wat weggegee gaan word. Indien iemand belang stel, sal ek 'n kontak nommer probeer kry. Ek het reeds ges? ek vat een en ek dink Syd Goslin van die WP Bisley vereniging wil ook sy hande op die gewere l?. My vriend het sy plank geweer "gesporterise" en daai Ferlach loop is ongelooflik akkuraat!

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Mon Mar 16, 2009 4:20 pm
by tafjak
Ek bly altyd lus vir plankroere. Laat weet asb.
Goeie dag aan almal. Ek is nuut hier. Ek gaan eerskomende naweek op my eerste jakkals skiet in die Ladismith omgewing. (Wes-Kaap)
APPELS!!!

Taffie

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Mon Mar 16, 2009 5:36 pm
by JACQUES BOTHA
as daar 19 plank roere is het ek kla 20 kopers...ek vta beslis nog een...van daai goeters kan n man nooit te veel he nie..
appels  se jy taffie ...
gaan jy daai plank roer n 6mm loop opsit of gaan jy hom . 222-50 maak....

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Mon Mar 16, 2009 7:09 pm
by tafjak
Jakes

Net nie 'n 303 nie, sal seker 243 maak van die ou. Net 'n katjie en jakkie gisteraand. Sleg ne. Sal probeer verbeter vanaand. Het op 4000 hektaar gejag, die eienaar het Saterdag 'n motorfiets en bakkie Rally aangebied op die 4000hektaar en weet nie of dit die ouens bietjie afgesit het nie.

Dankie vir al die geselskap en vriendelikheid die naweek en ek like die Blikore. Wonder wat so Baasjan gese het, amper se ek Rednat.

Taffie

Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308

Posted: Mon Mar 16, 2009 7:19 pm
by Christo
Skerp broer

;D ;D ;D