OBT, wat beinvloed dit als

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: OBT, wat beinvloed dit als

Post by Johan Nel »

.303 wrote:Ek het al voorheen gefullsize maar het dieslefde lading gebruik as n necksized dop toe ondervind ek druk tekens plat primers. Nou wonder ek hoeveel ek die lading sal moet sak. Daar is n 1.8gr verskil in volume tussen n necksize en fullength size dop. Ja n body die as ek reg verstaan wat net die skouers terug bump lyk my is die volgende aankoop dan doen ek net dit elke keer.
Wat jy hier beleef het is nie noodwendig druktekens nie, maar dat jou doppe oormatig geresize is en dus nou los in die kamer gepas het. Die kwessie is om net die regte hoeveelheid te resize.
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: OBT, wat beinvloed dit als

Post by LUAN »

Johan Nel wrote:
.303 wrote:Ek het al voorheen gefullsize maar het dieslefde lading gebruik as n necksized dop toe ondervind ek druk tekens plat primers. Nou wonder ek hoeveel ek die lading sal moet sak. Daar is n 1.8gr verskil in volume tussen n necksize en fullength size dop. Ja n body die as ek reg verstaan wat net die skouers terug bump lyk my is die volgende aankoop dan doen ek net dit elke keer.
Wat jy hier beleef het is nie noodwendig druktekens nie, maar dat jou doppe oormatig geresize is en dus nou los in die kamer gepas het. Die kwessie is om net die regte hoeveelheid te resize.
Groete,
JHN[/quote

Hoe bedoel jy net die regte hoeveelheid size? Partial sizing? Ek wil die skouers terug stamp toe maak ek seker deur te fl size. Ek het tot dusver net genecksize maar na 9 vurings maak die slot bietjie moeilik toe op die Lapua doppe.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: OBT, wat beinvloed dit als

Post by smitjs »

KC wrote: Dit kan n invloed op jou groeperings he.
Ook een van die redes hoekom ek altyd full size.
Met Redding se body dies wat baie min resize is daar geen rede volgens my om nie elke keer te full size
Daarmee stem ek volkome saam. Dis ook presies wat ek doen. Ek meet die gevuurde dop lengte en druk dit dan af net sowat 0.1mm in die Redding 'body die'. Dan Lee 'collet die' vir die nek. Werk vir my.
Dis seker die rede dat ek nog nooit daardie verskil gesien het nie.
Groete
Johan Smit
KC

Re: OBT, wat beinvloed dit als

Post by KC »

Johan Nel wrote:
.303 wrote:Ek het al voorheen gefullsize maar het dieslefde lading gebruik as n necksized dop toe ondervind ek druk tekens plat primers. Nou wonder ek hoeveel ek die lading sal moet sak. Daar is n 1.8gr verskil in volume tussen n necksize en fullength size dop. Ja n body die as ek reg verstaan wat net die skouers terug bump lyk my is die volgende aankoop dan doen ek net dit elke keer.
Wat jy hier beleef het is nie noodwendig druktekens nie, maar dat jou doppe oormatig geresize is en dus nou los in die kamer gepas het. Die kwessie is om net die regte hoeveelheid te resize.
Groete,
JHN
Stem saam met Johan.

303

As jy die skouers te ver terug druk dan kry jy headspace probleme.

Wanneer die primer afgaan skiet die slag daarvan die dop vorentoe en die basis beweeg weg van die boltface mdg die primer neem daardie spasie op, hy skiet dus n entjie agertoe.

As die lading dan afgaan dan kan die primer nie weer presies "seat" en hy slaan plat teen die boltface met die dop wat nou weer terugskop tot teen die boltface.

Kyk as jy jou full sizer so 1/4 draai uitdraai en jou doppe kamer nog steeds of verbeter die plat primers nie.

As dit die geval is dan is jy op die regte pad
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: OBT, wat beinvloed dit als

Post by Wouter Roets »

Johan

Jy is reg met jou aanname dat net die gevuurvormde dopkapasiteit saak maak met jou QL benodighede en nie die dop se mates soos wat hy gesize is nie. Om hierdie te bevestig is dat ek met standaard doppe in die Ackley kamers skiet en ek dan steeds die gevuurvormde volume gebruik vir my QL berekeninge met OBT. Nog elke keer stem die groepering saam met die OBT berekeninge so dit bevestig dat die gevuurvormde volume nog steeds die bepalende een is met hierdie berekeninge.

Kobus ek dink jou verduideliking van wat 303 beleef is in die kol.

Groetnis
Wouter
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: OBT, wat beinvloed dit als

Post by LUAN »

Damkie KC dit maak baie sin wat jy verduidelik het nooit self so daaraan gedink nie. Die primers was dalk plat maar die slot het glad nie moeiliker oopgemaak nie. Wouter so jy se ek kan maar dieselfde lading in die fl sized doppe gooi as wat QL bereken het vir my vuurvormde doppe? Dankie nou kan ek weer laai. :)
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: OBT, wat beinvloed dit als

Post by smitjs »

Wouter Roets wrote:Johan

Jy is reg met jou aanname dat net die gevuurvormde dopkapasiteit saak maak met jou QL benodighede en nie die dop se mates soos wat hy gesize is nie. Om hierdie te bevestig is dat ek met standaard doppe in die Ackley kamers skiet en ek dan steeds die gevuurvormde volume gebruik vir my QL berekeninge met OBT. Nog elke keer stem die groepering saam met die OBT berekeninge so dit bevestig dat die gevuurvormde volume nog steeds die bepalende een is met hierdie berekeninge.

Kobus ek dink jou verduideliking van wat 303 beleef is in die kol.

Groetnis
Wouter
Dankie Wouter, dis die finale bewys.
Groete
Johan Smit
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: OBT, wat beinvloed dit als

Post by Carl »

.303 wrote:Ek het al voorheen gefullsize maar het dieslefde lading gebruik as n necksized dop toe ondervind ek druk tekens plat primers. .
Dit kan wees weens "Headspace"/koppsasie omdat jou matrys nie reg opgestel is nie. Gaan toets dit, dit het vir my gewerk.
http://www.gsgroup.co.za/faqsizerdie.html
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: OBT, wat beinvloed dit als

Post by BRNO (Pierre) »

smitjs wrote:
.303 wrote:Ok kom ons se die regte node spoed vir my kombinasie is 2900fps met n dop wat net genecksize is volgens QL. Nou is dit tyd om te fl size want my slot begin moeilik toemaak. Nou die fl sized doppie se volume is nou minder as die nk sized dop(1.8gr H2O in my geval). Kan ek nou net laai tot ek op dieselfde spoed is of gaan QL vir my n ander node spoed gee omdat die dop se volume verskil?
Nee, ek glo nie die dop se grootte is nou minder nie. Met ontbranding vul al wat 'n dop is die kamer totaal.
Het jy al ooit 'n verskil in spoed gesien oor daardie rede?
Ek het nog nooit, maar ek moet erken ek het nooit so pertinent daarvoor gesoek nie. Ek mag verkeerd wees, dit sal nie vreemd wees nie.
Ek is van mening dat dit n baie klein verskil sal he of jy vol resize, of net nek resize. Alhoewel die dop se kapasiteid in teorie minder is, is die kamer se grootte steeds konstand, en vind vebranding wat die druk veroorsaak om n koeel te lanseer so vinnig plaas, dat die dop onmiddelik die kamer se dimensies inneem. Dus bepaal die kamer die volume by ontbranding, en nie die dop nie.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: OBT, wat beinvloed dit als

Post by LUAN »

Dankie manne ek is nou meer gerus. Sal in die gevolg my matrys reg op stel soos verduidelik deur oom Gerhard.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: OBT, wat beinvloed dit als

Post by smitjs »

.303 wrote:Dankie manne ek is nou meer gerus. Sal in die gevolg my matrys reg op stel soos verduidelik deur oom Gerhard.
Of meet die dop lengte tot ongeveer in die middel van die nek. Ek glo daar is standaard plekke om te meet. Op 308 dink ek dis 0.4 duim. Ek het lank lank gelede die goedjies vir die meting met 'n vernier kaliper gekry by QPS. S&O behoort dit nou te kan verskaf. Dan stel die 'sizing die' af tot net 0.1mm terug gedruk.
Dit werk, en is minder omslagtig.
Groete
Johan Smit
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: OBT, wat beinvloed dit als

Post by Carl »

smitjs wrote: Dit werk, en is minder omslagtig.
Groete
Johan Smit
Dit gaan jou wel 'n paar honderd Rand kos as jy 'n goeie stel headspace gauges kan kry. Jy stel die matrys eenkeer en dis dit.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply