Dankie vir almal se advies.
Ek sal die toetse doen en die resultate opsit. Ek glo ek sal nou agter die kap van die byl kan kom.
270 Probleme
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 270 Probleme
Musgrave, ek is van Christiana( daar is nie n dorp daarnaby nie
). Ek laai tans vir 3 270's waaronder een Musgrave. Jy is baie welkom om deur te ry na my toe. Ek het n privaat skietbaan en sal jou sommer ook wys wat die hele node ding prakties beteken. Dan kyk ons jou geweer rustig deur, laai n paar rondtes en toets. Ons kan een van my scopes op jou geweer sit en dan sommer die moontlike scope probleem uitsorteer.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: 270 Probleme
James, hierdie is darrem nou n bakgat offer! Hoed af vir jou.James Wilson wrote:Musgrave, ek is van Christiana( daar is nie n dorp daarnaby nie). Ek laai tans vir 3 270's waaronder een Musgrave. Jy is baie welkom om deur te ry na my toe. Ek het n privaat skietbaan en sal jou sommer ook wys wat die hele node ding prakties beteken. Dan kyk ons jou geweer rustig deur, laai n paar rondtes en toets. Ons kan een van my scopes op jou geweer sit en dan sommer die moontlike scope probleem uitsorteer.
Veiligheid eerste manne!
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: 270 Probleme
Baie dankie vir die aanbod James.
As ek sien ek kom nie reg nie sal ek jou deurklok kom lui.
As ek sien ek kom nie reg nie sal ek jou deurklok kom lui.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: 270 Probleme
Net 'n bietjie terugvoer.
Met die oorsit van die nuwe teleskoop moes ek 'n spacer onder die buis op die agterste mount sit, anders kon ek nie die scope gezero kry nie. Ek't geleer dat dit nie gesond is nie, maar die nie verkeerd nie. Ons het dit onder 'n ander topic bespreek.
Die geweer se skroewe was vas, mounts is vas so die probleem lê nie daar nie.
My geweer float nie. Gladnie. Wat blykbaar ook nie ongewoon is vir sekere Musgarves nie. So ek besef dat dit defnitief 'n effek sal hê as ek meer as 3 skote agter mekaar skiet. Daarom glo ek is die geweer meer geskik vir jag as vir teikenskiet.
Ons het die nuwe scope afgehaal en die ringe ordentlik gelap om die "spacer" probleem te probeer oplos. Die man moes egter 'n lagie of twee maskingtape onder die buis op die agterste mount sit. Ek glo dis seker nie die beste oplossing nie, maar tot dusver werk dit.
'n Ander groot faktor is parralax. Omdat ek nog nie gewoont is aan 'n scope met sulke vergrotings nie, het ons hom nou op een vergroting (x12) ingestel en nou hou ek hom daar. Parralax is 'n wetter, veral as jy nie daarvoor kyk nie. Ek glo met oefening sal ek die parralax probleem uitsort.
Baie dankie vir almal se raad en advies.
Ek sien nou dat die topic eintlik onder algemeen hoort en nie herlaai nie.
Groete
Ruan