Page 2 of 2

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Tue Aug 27, 2013 2:34 pm
by egenis
henried wrote: Editing video SW is Adobe se suite en colorgrade in da Vinci

Watter ene is dit? Kan jy dalk die naam onthou?

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Tue Aug 27, 2013 4:08 pm
by henried
egenis wrote:
henried wrote: Editing video SW is Adobe se suite en colorgrade in da Vinci

Watter ene is dit? Kan jy dalk die naam onthou?
Ai, nee ek kan nie!
Sien hulle weer die naweek sal dan detail kry.

Ek het sommer baie respek vir die Wild en Wragtag manne gekry. Buiten die opneem, die kwalityd, is die koste baie hoog!

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Tue Aug 27, 2013 4:15 pm
by egenis
Dankie man!

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 28, 2013 1:02 pm
by vriell
Regtig die video's baie geniet...mooi gejag ! ...ander ding net vir interessantheid , die ander diere wat ook daar was toe die pyl getref het kom hulle weer terug na dieselfde watergat of het jy nog nie so opgelet nie ? Vra maar want ek weet niks van boogjag of enige vorm van "hide" jag nie en is maar net nuuskierig oor hul optrede . Ruik hulle mens ook nie op daai afstand nie of is die hide so gebou dat die wind altyd "saamspeel" ? of gaan jag jy net as die windrigting reg is ? of is daar meer as een "hide" by 'n watergat ?

Dankie

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 28, 2013 1:21 pm
by Gerhard
vriell wrote:Regtig die video's baie geniet...mooi gejag ! ...ander ding net vir interessantheid , die ander diere wat ook daar was toe die pyl getref het kom hulle weer terug na dieselfde watergat of het jy nog nie so opgelet nie ? Vra maar want ek weet niks van boogjag of enige vorm van "hide" jag nie en is maar net nuuskierig oor hul optrede . Ruik hulle mens ook nie op daai afstand nie of is die hide so gebou dat die wind altyd "saamspeel" ? of gaan jag jy net as die windrigting reg is ? of is daar meer as een "hide" by 'n watergat ?

Dankie
Die diere gee pad na die skoot agv die bok wat geskiet is wat weg hardloop.

Die jagter wag dan vir die PH in te kom voor hy uit die hide klim.

Ja die wind is baie belangrik want die wild ruik jou inni hide as die wind verkeerd is.

N goeie boog jag plaas sal sy hides so op stel dat daar redelike opsies is wanneer die wind sleg is.

Selfs n goeie tree stand of twee kan al baie help.

Daar is normaal weg net een hide op n watergat.

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 28, 2013 1:25 pm
by vriell
Dankie vir die inligting Gerhard...waardeer.