Page 2 of 6
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Sat Oct 19, 2013 10:03 am
by pieter h
Zvierniks ek vang hul gereeld met aas wat ek in hol miershoop plaas en ysters voor hom Stel.Vind ook baie jakkalsmis op groot bees mis,droe graspolle en by my op kort doringbossie karroobossie ens.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Sun Oct 20, 2013 5:34 pm
by 2vierniks
So dan loop hy die erdvark se vreetplekke na om nog termiete ook te vreet. Ek sal bietjie kyk wat sy spoor doen hier by my.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Sun Oct 20, 2013 5:50 pm
by pieter h
Zvierniks ek gebruik slegs n uitgeholde miershoop omdat dit vir my persoonlik lekker stelplek bied,plaas Dan n duif of vars lamkarkassie daarin en lok so die jakkals uit die voetpad uit.Het hul al heelwat so gevang.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Sun Oct 20, 2013 7:42 pm
by 2vierniks
Hy moet mos van die gat se kant af na die miershoop toe nader kom om te sien wat so lekker ruik. Dit maak sin. Daar is mooi swaar weer in die lug en hier val nou en dan 'n paar buie. Dit gaan nogal help om die bogrondse reukies by my ysters weg te vat. Hierdie kan 'n goeie week uitdraai!
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Mon Nov 04, 2013 12:28 pm
by 2vierniks
Wat se die ervare manne van die stelprosedure? Hoe maak julle 'n gat vir die yster? Hoe maak julle die gat toe en wat gebruik julle om die tong toe te maak dat grond nie onder die tong gaan le en keer dat die yster afgaan nie? Ek gebruik 'n denim lappie. Skaapwol werk nie vir my nie, want die jakkals trek dit uit sonder dat die yster afgaan. Waar is die slim manne op die topic?
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Mon Nov 04, 2013 1:19 pm
by pieter h
Zvierniks ek gebruik self ook n lap vir die tong, wol werk ook nie vir my nie.Gebruik n Sif om slagyster toe te sif met grond.Gebruik dan n borsel om bogrond van kante oor yster te kry sodat hy mooi met grond rondom insmelt.Tik partykeer liggies met n bossie om en op yster alhoewel mens nooit heeltemal v jou reuk ontslae kan raak nie.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Mon Nov 04, 2013 2:55 pm
by Mac
Gebruik van jou vrou se opwas sponsies onder die trap plaat, en niks bo oor behalwe fyn sand.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Thu Nov 07, 2013 9:22 am
by 2vierniks
Sit julle dieselfde sandwat julle uit die gaatjie uitgehaal het trug of sal julle sand van 'n afstand af aandra? Ek sal die sponsies probeer op die helfte van my ysters dit klink na 'n baie goeie plan, want die sponsie se digtheid is egalig en nie soos wol wat klonte maak nie. 'n nuwe sponsie behoort ook min reuk te he terwyl skaapwol maar skerp ruik selfs as dit gewas is.
Nog 'n vragie. Hoeveel slagysters gebruik julle. Kom ons se 'n plaas is 5000ha met 5 stelle broeipare en 12 enkeljakkalse wat beheer moet word. Mens gaan mos nie oral stel nie, maar dit is die area wat jy jaar vir jaar wil dek en die beraamde hoeveelheid jakkies wat in toom gehou moet word. Hoeveel ysters sal die minimum wees om 'n duik in hulle te maak?
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Thu Nov 07, 2013 12:45 pm
by pieter h
Zvierniks ek vat altyd n emmer saam en gebruik fyn grond in area om grootste deel v gat op te vul en sif dan verder van grond wat ek uit gat gehaal het Bo-oor.Gebruik dan borsel om grond van rondom gat bo-oor te vee sodat dit met omgewing saam smelt .Self gebruik ek net so 4 stelle op n slag sodat ek makliker elke dag by elkeen uitkom.Ek stel self en tussen die boerdery dinge gaan dit maar dol.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Thu Nov 07, 2013 5:26 pm
by 2vierniks
Pieter h, dus gebruik jy 8 ysters as dit 4 stelle is? Ek stel ook self en het toevallig 8 ysters wat ek gebruik. Ek sou graag so 16 wil gebruik en gereeld nagaan, want ek voel my ysters is nog bietjie min. Dit is maar net tydrowend en duur om die ysters gereeld na te gaan, maar dit bly die moeite werd vir my. Gebruik jy ook die tipe yster wat die stelskroefie het om die styfte van die tong te beheer?
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Thu Nov 07, 2013 6:26 pm
by pieter h
Zvierniks ek gebruik altyd Peter Schneukluth se ysters met die stelskroef.Kort self n paar ekstra ysters so nou en dan.Ekstra ysters sal altyd handing wees.wereld is nou lelik droog by ons.Moet nou mooi kyk vir spore.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Fri Nov 08, 2013 8:38 am
by 2vierniks
Dit is maar die enigste ysters wat ek ook gebruik. Ek stel my trapplaat se breekspanning op 1,2 kg. Hoe styf werk julle? Ek werk met die ysters net op rooikat en rooijakkals(nie hoenderdiewenie).
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Fri Nov 08, 2013 10:54 am
by pieter h
Werk hom so op 2kg
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Fri Nov 08, 2013 1:09 pm
by FrancoisN
Het vir my twee ysters gekoop om te begin maar iemand moet my nog wys hoe. Raad hier op die forum sal baie handig wees.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Fri Nov 08, 2013 2:56 pm
by pieter h
FrancoisN Peter Schneekluth het 2DVDs ,ongedierte beheer 1en2 wat al die slagyster metodes mooi verduidelik en in no 2 die Stel v vanghokke.Dit is die mooite werd om daarna te kyk .Sy no is 0235411360 .Groete Pieter h
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Fri Nov 08, 2013 3:03 pm
by FrancoisN
Dankie Pieter ek sal hom bel.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Fri Nov 08, 2013 11:46 pm
by 2vierniks
Kom ons hou hierdie topic aan die gang. Ek leer hier. Ek het gevra vir 'n topic soos hierdie. Sal graag wil sien dat Sir Taffie en Neil Viljoen en Jaracall en Louis begin klets....
..... ek leer baie hier en wil nog meer leer om goggas af te knou(dit het nou nie veel te doen met Bool Smuts nie, but who the @$#%^^ is he anyway as dit by my speenlammmers kom en waar is hy dan?).
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Sat Dec 07, 2013 8:26 am
by pieter h
Yster het darem weer werk gekry gisteraand.Jakkalse lief om in kloof te trek hier by my.Kry kleintjies in reservaat en trek dan as hul groter is na kloof,jaar vir jaar.Groete aan almal op die spoor.Voetpad het nie ander verkeer getoon nie net jakkals spore so ek het hier van blindestel gebruik gemaak met n ou lambeentjie so n voet voor ysters om aandag af te trek.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Thu Jun 05, 2014 8:41 am
by pieter h
Gisteraand se reun
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Thu Jun 05, 2014 12:13 pm
by Jakkie 321
Kyk nou net mooi so Pieter.
Groette
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Thu Jun 05, 2014 12:51 pm
by pieter h
Dankie Jakkie.Die reun het net begin moeilikheid maak.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Thu Jun 05, 2014 1:17 pm
by Pvdw
Pieter ek het aanvanklik die draad gemis maar is baie bly ek kon hom nou lees. Ek het geen kennis of nut vir die ysters nie maar ek verstom my aan al die planne en metodes wat julle as boere moet inspan om die jakke af te knou net om voor te bly.
Ek self het klompie al geroep en so geskiet maar die geduldige ysters van julle is onbekend vir my.
Dankie vir die gereelde posts hier. Ek het die een baie geniet.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Thu Jun 05, 2014 1:35 pm
by pieter h
Pvdw .Ek het n lammer stert wat hy vorige nag gelos het gevat en so n tree voor ysters geplaas net om sy aandag af te trek.Dit het darem gewerk.
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Wed Jul 02, 2014 9:40 pm
by pieter h
Reun
Re: Slagyster bly wenner
Posted: Wed Jul 02, 2014 9:50 pm
by Pvdw
Sien jy sit sommer mooi raampie ook om. Kan hom amper in die gang hang tussen due ander fotos.
Een vir een maak jy hulle bymekaar. Bly vir jou part.