Page 2 of 3

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Fri Nov 29, 2013 7:54 pm
by Pvdw
Het gister my Baikal SxS gaan optel. Niks fancy nie maar hy sal werk vir kleiduiwe en 'n bietjie wing.
Ek het ook een van hulle. Hy skop soos 'n muil!!! :o Na die eerste 10 skote staan ek so verlee en rondkyk wie sien my want my skouer is amper af!! ;D ;D :'(

Ek het hom laat korter maak met amper 1" en toe 'n sisie pad opgesit. Nou laat loop ek darm so 150+ skote voor ek begin rondkyk 8) ;D

Ek is nie groot haelgeweer kenner/liefhebber nie maar het hom gekoop omdat daar plek in die kluis was. Ek skiet als mis met hom behalwe as hulle letterlik teen my verby vlieg :-[ Moet seker meer lood gooi om so te leer.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Fri Nov 29, 2013 8:00 pm
by Killzone
Ja die chokes is vol en voller :-D. Ek skiet so nou en dan met my vriend'sn wat identies is. Ek sal hom maar moet leer. Veral kleie is 'n kuns en dit vat so 6 skote om te sien waar jy moet mik. Maar dis waarvoor ek geld gehad het en hy sal maar moet doen. Gelukkig klaar 'n kussing op. Gaan 'n Truglo sight binnekort op sit. Groete.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Fri Nov 29, 2013 8:10 pm
by JTM
Het die week ook my Lanber O/U gekry. Kan nie wag vir die eerste skiet uitstappie nie.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Fri Nov 29, 2013 8:17 pm
by THOMAST
Ek het 'n Franchi Alcione O/U
Skiet alles met hom.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Fri Nov 29, 2013 10:35 pm
by WynandM
Winchester mod 101 O/U
Norinco pomp aksie
Franchi 500 (Teer sakie)

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sat Nov 30, 2013 5:40 am
by Roger
Boito enkel skoot 12br
CBC enkel skoot .410

In die mark vir Remington semi auto 12br in realtree camo

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sat Nov 30, 2013 7:59 am
by Carl
Ek het 'n paar s/s Ayas by my pa gekry. No 1 en 2. Sal bietjie fotos neem.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sat Nov 30, 2013 8:05 am
by Pappabeer
Sal dit baie graag wil sien Carl. Bitter lekker gewere

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sat Nov 30, 2013 9:50 am
by Rampawena
Browning B 725 Sporter O/U 30"

Skiet n bars hou en pluk duiwe gereeld, wil bietjie oor Desember die kleiduif jeuk gaan krap

Groete

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sat Nov 30, 2013 10:31 am
by Stefan Fourie
Het al baie jakkalse en varke met 'n Baikal enkelskoot uit die microlight geskiet, maar 'n dubbel loop is beter opsie oor die 2de skoot wat jy inkry as die 1ste mis was.
Solank die adrenalien pomp tydens die jag voel jy daardie skop glad nie, al druk jy die kolf in die waai van jou bo-arm vas. Maar wag maar tot die stof gaan lê dan kom die lyfseer in. Het op 'n stadium 'n AyA dubbel loop gehad wat die manier gehad om op een loop seleksie beide skote saam te laat afgaan. Skiet toe agter toe, dan is die kolf teen jou arm en nie meer skouer nie, na 'n vark met 2 lope AAA, maar daai seer het nie gewag vir die adrenalien om te bedaar nie, hy was dadelik daar en 'n heel paar dae blou gewees.
Maar dit bly vet pret. Die dapper boere met geskikte terrein kan maar aan 'n microlight dink vir jakkalse, dit werk baie goed.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sat Nov 30, 2013 11:37 am
by tripodmvr
Pvdw wrote:
Het gister my Baikal SxS gaan optel. Niks fancy nie maar hy sal werk vir kleiduiwe en 'n bietjie wing.
Ek het ook een van hulle. Hy skop soos 'n muil!!! :o Na die eerste 10 skote staan ek so verlee en rondkyk wie sien my want my skouer is amper af!! ;D ;D :'(

Ek het hom laat korter maak met amper 1" en toe 'n sisie pad opgesit. Nou laat loop ek darm so 150+ skote voor ek begin rondkyk 8) ;D

Ek is nie groot haelgeweer kenner/liefhebber nie maar het hom gekoop omdat daar plek in die kluis was. Ek skiet als mis met hom behalwe as hulle letterlik teen my verby vlieg :-[ Moet seker meer lood gooi om so te leer.
Baikal = muil is reg. Myne het my bang gemaak as ons kransduiwe geskiet het. Kondoom sissie pad het effens gehelp. Hul kolwe is gewoonlik te kort vir die groter manne. Daarom slaat die snellerbeuel ook jou middelvinger pimpel en pers. Het hom omgeruil vir 'n O/U en kan nou so 700 skote in 2 dae hanteer met slegs effense teerheid op my skouer. Pachmayer sissie pad is deel van hierdie pakket.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sat Nov 30, 2013 2:17 pm
by Killzone
Ek het nou 10 skote met myne geskiet na ons Piistoolklub se kompetisie. Eazy peazy. Die skopkussing help verseker. Ek's happy met my aankoop ... .. .. Sovêr.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sat Nov 30, 2013 7:10 pm
by GERT vd M
S/S brno 12 bore
Groetnis
GERT

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sat Nov 30, 2013 7:52 pm
by Johan Reyneke
Ek het Beretta S56E O/U verlede naweek die eerste keer kon skiet sedert ek my lisensie in Okotober gekry het. Wat 'n plesier was dit nie. Seker so 180 skote in 4 ure geskiet(klei duiwe). Skouer was biekie gevoellig maar nie onaardig nie.

Geen oomblik spyt ek het hom gekoop nie.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sun Dec 01, 2013 8:03 am
by obasch
Browning B525 Sporting 20Br - Tarentale , Fisante
Winchester SX3 20Br - Duiwe, kleie
Browning 525 Classic Hunting 28Br - Kleie, duiwe
Remington 1100 LT20 - Duiwe (vir afwisseling)
Benelli Vinci 12Br - Ganse
Miroku Model 500 12Br S/S - my leengeweer om soveel as jongmense as ek kan (en ou langgeweerjagters) aan voeljag bekend te stel

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sun Dec 01, 2013 2:37 pm
by JTM
Ek sal ook nie omgee vit een van daai Vinci gewere nie.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Sun Dec 15, 2013 6:47 pm
by Bosmeerkat
Ek skiet met 'n Beretta Silver Pigeon 1

Ook in proses om 'n DT11 aan te skaf en kan nie wag nie.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Mon Jan 06, 2014 7:28 am
by Carl
Pappabeer,
Ek het uiteindelik kans gekry vir 'n paar fotos van die AYA's. Dit is 'n pas paar amper identies, byna te mooi vir veldskiet. Maar ek pas my gewere mooi op - en skiet heeltemal te min. Ongelukkig is al die gewere vir my pa gemaak, en hy is so kop korter as ek. Dit beteken ek skiet meestal soos 'n SPCA ere offisier.
https://lh6.googleusercontent.com/-8PN6jeKOgxM/Uso8S7akSsI/AAAAAAAAE3k/DvYON43S5B8/w800-h423-no/IMG_1412.jpg

https://lh6.googleusercontent.com/-BeKjBvLlX94/Uso8R0zAhhI/AAAAAAAAE3I/RagKrAXpNho/w800-h375-no/IMG_1414.jpg

https://lh5.googleusercontent.com/-TDo4iRh7Mlg/Uso8SsTsYuI/AAAAAAAAE3U/enshFKUh6SA/w800-h533-no/IMG_1418.jpg

https://lh5.googleusercontent.com/-LCE8BVN6bLQ/Uso8S8u3LfI/AAAAAAAAE3c/V7GxskUD7QI/w800-h533-no/IMG_1419.jpg

https://lh3.googleusercontent.com/-oHH_KIeUzm4/Uso8Tmo2thI/AAAAAAAAE3o/_VgBN7ojJ5o/w800-h533-no/IMG_1420.jpg

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Mon Jan 06, 2014 8:05 am
by Pappabeer
Blikskottel...

Dit is werklik pragstukke Carl. Wat is die Verskil tussen die twee? Is byde 12Br, of verskil die chokes? Dit is hoekom mense sê die top grade AYAs vergelyk met jou beter Engelse Sidelocks... Nou het ek die oggend goed begin om hierna te kyk. Dankie!

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Mon Jan 06, 2014 12:23 pm
by Duracoat
SKB 700 (Skeet) en my Remi Versamax Tactical (3Gun vir 2014) is oppad :)

Groetnis en voorspoedige 2014!
_DSC3535-fs.jpg
_DSC3544-fs.jpg

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Mon Jan 06, 2014 8:31 pm
by Carl
Pappabeer wrote:Blikskottel...
Dit is werklik pragstukke Carl. Wat is die Verskil tussen die twee? Is byde 12Br, of verskil die chokes? Dit is hoekom mense sê die top grade AYAs vergelyk met jou beter Engelse Sidelocks... Nou het ek die oggend goed begin om hierna te kyk. Dankie!
Die 2 gewere is identies 12 boor en ek dink die choke is dieselfde. My pa het nog 2 AYA "field guns" wat nie silver is nie maar is "colour hardened" met gewone hout.

Durocoat mooi geweer en mooi fotos.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Mon Jan 06, 2014 11:04 pm
by Hugov

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Tue Jan 07, 2014 6:29 pm
by Stefan Fourie
Hugo, die bosvark jagtery klink vir my na vet pret. Ek het by ons al so bietjie vlakvark gejag, deur die ruigtes gestap en hulle so opgejaag, het nogals gewerk, al problem is dat 95% van ons ruigtes uit soetdorings bestaan en dit haal al die pret uit die jagtery uit.
Terloops, nice geweer setup wat jy daar het.

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Mon Jun 30, 2014 4:33 pm
by PRIVATE RYAN
Die Beretta gaan bietjie vir 'n "nip tuck"...

Re: Watter haelgeweer skiet jy?

Posted: Mon Jun 30, 2014 6:13 pm
by kopskoot
Ek skiet n Baretta DT10.

Baie gelukkig met hom