Page 2 of 5
Re: Mes projekte
Posted: Wed Sep 18, 2013 1:53 pm
by Dries101
Johan Nel wrote:Dries, dankie vir die terugvoer. Dis 'n baie interessante stokperdjie wat jy bedryf. Ek vind dit nogal fasinerend. Ek het nou al telkemale oorweeg om 'n kursus by te woon om te leer messe maak, ook maar suiwer vir die lekkerte. Ek het net nog nie tot uitvoering gekom nie. Ek stem saam met Beretta en die ander manne wat kommentaar gelewer het, dat jou messe pragtig is. Messe en gewere, dis mos maar goed wat manne se hartsnare roer.
Daai skaalmodel van die Wolhutermes is natuurlik baie mooier en 'fancier' as die oorspronklike mes. Ek het in 'n artikel gelees dat Wolhuter die betrokke mes iewers gegaps het so in die verbygaan. Later jare toe hy in Engeland besoek afgele het het hy die vervaardigers van die produk se vertoonlokaal besoek en toe aan een van die personeellede vertel dat een van hulle messe gebruik is om ' leeu dood te maak. Die man wou hom toe nie glo nie, en het gedink hy skeer die gek met hom.
As jy n kurses wil doen. Kevin en heather Harvey is op Belfast daar naby jou- seker van die twee beste mesmaakers in die land en niemand beter om by te leer nie
Re: Mes projekte
Posted: Wed Sep 18, 2013 1:56 pm
by henried
Dries101 wrote:henried wrote:Hier is die 2 tips....
yes dit neels se goed daai- het seker vir 5 jaar saam met hom gewerk by Media24- beste op die mark in my opinie
Ek maak my seun se swaard saam met Neels.
Re: Mes projekte
Posted: Wed Sep 18, 2013 1:58 pm
by Dries101
henried wrote:Dries101 wrote:henried wrote:Hier is die 2 tips....
yes dit neels se goed daai- het seker vir 5 jaar saam met hom gewerk by Media24- beste op die mark in my opinie
Ek maak my seun se swaard saam met Neels.
Klein wereld ne
Re: Mes projekte
Posted: Wed Sep 18, 2013 5:02 pm
by Johan Nel
Dries101 wrote:Johan Nel wrote:Dries, dankie vir die terugvoer. Dis 'n baie interessante stokperdjie wat jy bedryf. Ek vind dit nogal fasinerend. Ek het nou al telkemale oorweeg om 'n kursus by te woon om te leer messe maak, ook maar suiwer vir die lekkerte. Ek het net nog nie tot uitvoering gekom nie. Ek stem saam met Beretta en die ander manne wat kommentaar gelewer het, dat jou messe pragtig is. Messe en gewere, dis mos maar goed wat manne se hartsnare roer.
Daai skaalmodel van die Wolhutermes is natuurlik baie mooier en 'fancier' as die oorspronklike mes. Ek het in 'n artikel gelees dat Wolhuter die betrokke mes iewers gegaps het so in die verbygaan. Later jare toe hy in Engeland besoek afgele het het hy die vervaardigers van die produk se vertoonlokaal besoek en toe aan een van die personeellede vertel dat een van hulle messe gebruik is om ' leeu dood te maak. Die man wou hom toe nie glo nie, en het gedink hy skeer die gek met hom.
As jy n kurses wil doen. Kevin en heather Harvey is op Belfast daar naby jou- seker van die twee beste mesmaakers in die land en niemand beter om by te leer nie
Dankie Dries,
Ek het hulle spesifiek al in gedagte gehad ja, en deels omdat hulle nie net lemme uit staal sny nie, maar smeewerk ook doen. Ek dink Heather spesifiek is 'n "Bladesmith" as ek dit nie verkeerd het nie.
Re: Mes projekte
Posted: Wed Sep 18, 2013 5:22 pm
by spekieries
Dries
Ek wil net weet of jy n690 en 12c27 self verhard in daardie oond of gebruik jy dit maar meer vir C460 of O1-Tool? In dien jy dit wel vir die eerste twee gebruik , hoe gaan jy te werk?
Groete
Re: Mes projekte
Posted: Wed Sep 18, 2013 6:21 pm
by Dries101
Johan Nel wrote:Dries101 wrote:Johan Nel wrote:Dries, dankie vir die terugvoer. Dis 'n baie interessante stokperdjie wat jy bedryf. Ek vind dit nogal fasinerend. Ek het nou al telkemale oorweeg om 'n kursus by te woon om te leer messe maak, ook maar suiwer vir die lekkerte. Ek het net nog nie tot uitvoering gekom nie. Ek stem saam met Beretta en die ander manne wat kommentaar gelewer het, dat jou messe pragtig is. Messe en gewere, dis mos maar goed wat manne se hartsnare roer.
Daai skaalmodel van die Wolhutermes is natuurlik baie mooier en 'fancier' as die oorspronklike mes. Ek het in 'n artikel gelees dat Wolhuter die betrokke mes iewers gegaps het so in die verbygaan. Later jare toe hy in Engeland besoek afgele het het hy die vervaardigers van die produk se vertoonlokaal besoek en toe aan een van die personeellede vertel dat een van hulle messe gebruik is om ' leeu dood te maak. Die man wou hom toe nie glo nie, en het gedink hy skeer die gek met hom.
As jy n kurses wil doen. Kevin en heather Harvey is op Belfast daar naby jou- seker van die twee beste mesmaakers in die land en niemand beter om by te leer nie
Dankie Dries,
Ek het hulle spesifiek al in gedagte gehad ja, en deels omdat hulle nie net lemme uit staal sny nie, maar smeewerk ook doen. Ek dink Heather spesifiek is 'n "Bladesmith" as ek dit nie verkeerd het nie.
Hi, Heather is n blacksmith en farrier, asook american master bladesmith, en kgsa lid, Kevin is ook n abs master bladesmith en kgsa lid. Hulle is van die beste in die wereld en as jy wil leer smee is daar nie better mense in afrika nie.
Re: Mes projekte
Posted: Wed Sep 18, 2013 6:24 pm
by Dries101
spekieries wrote:Dries
Ek wil net weet of jy n690 en 12c27 self verhard in daardie oond of gebruik jy dit maar meer vir C460 of O1-Tool? In dien jy dit wel vir die eerste twee gebruik , hoe gaan jy te werk?
Groete
Ek doen net 01 , 5160 en 1070 in die oond, die res stuur ek in vir verharding.
Re: Mes projekte
Posted: Wed Sep 18, 2013 6:30 pm
by spekieries
Dankie Dries
As jy daardie wat jy genoem het "Quench", wat se "quenching oil" gebruik jy. Jammer ek meng die taal so maar ek ken nie die korrekte Afr. terme nie.
Re: Mes projekte
Posted: Wed Sep 18, 2013 6:34 pm
by Dries101
spekieries wrote:Dankie Dries
As jy daardie wat jy genoem het "Quench", wat se "quenching oil" gebruik jy. Jammer ek meng die taal so maar ek ken nie die korrekte Afr. terme nie.
Jy vrae my vas, ek weet daars diesel, olie en atf in my mix, ek dink so 40% atf, 40% olie en 10% diesel, gebruik dit al vir seker 4 jaar
Re: Mes projekte
Posted: Wed Sep 18, 2013 9:11 pm
by spekieries
Baie dankie Dries ek waardeer die inligting.
Re: Mes projekte
Posted: Wed May 07, 2014 5:11 pm
by Kaptein
Goeie dag almal
Wil net hoor wat is die gewildste staal om mee te werk 5160,1070
En waar kan n mens dit koop asook waar kan mens koper skroefies en plate koop
Ek is in die Oos Vrystaat
Dankie
Re: Mes projekte
Posted: Wed May 07, 2014 6:12 pm
by koos
Naand Stoorlam.
Probeer KMTS in Pretoria. Hulle hou heelwat van die goed aan vir mes makers.
www.KMTs.co.za
Re: Mes projekte
Posted: Wed May 07, 2014 6:31 pm
by Dries101
stoorlam wrote:Goeie dag almal
Wil net hoor wat is die gewildste staal om mee te werk 5160,1070
En waar kan n mens dit koop asook waar kan mens koper skroefies en plate koop
Ek is in die Oos Vrystaat
Dankie
Hi 5160 is die mees vrylik beskikbaar vir smeewerk en sy verharding is ook sonder enige trieks. Dit is ook die staal wat die ABS aanbeveel vir die smede om hulle toets messe mee te maak. Moenie dat die prys jou laat dink dis goedkoop staal nie. Dit is van die beste mes maak staal beskikbaar.
Re: Mes projekte
Posted: Fri May 09, 2014 7:03 am
by Kaptein
Baie dankie vir die terugvoer
Het nog nie messe begin maak nie, maar wil baie graag begin
Ek het al n paar goed gekry by my ma se oom (Johan van Wyk ) wat in Alberton bly
Lekker dag
Re: Mes projekte
Posted: Sat May 24, 2014 6:38 pm
by Dries101
En DWB se beloofte werksmes is klaar. Nou net daai varkjag.......
Re: Mes projekte
Posted: Sat May 24, 2014 6:44 pm
by Johan Nel
Sjoe, daai is 'n pragtige mes! DWB gaan verseker 'n tevrede man wees.
Re: Mes projekte
Posted: Sat May 24, 2014 9:06 pm
by Dries101
So paar fotos van die skede maak proses
Re: Mes projekte
Posted: Sat May 24, 2014 9:07 pm
by DWB
Dries, ek brag al klaar met hom al is hy nog nie eers hier nie
Ons sal ñ varkjag en sommer ñ geelvis sessie moet organiseer! Die twee seisoene bots maar net
Re: Mes projekte
Posted: Sat May 24, 2014 9:08 pm
by Dries101
Paar dkedemask fotos
Re: Mes projekte
Posted: Sat May 24, 2014 9:16 pm
by Dries101
Laaste paar
Re: Mes projekte
Posted: Tue Jun 10, 2014 7:51 pm
by Gert Odendaal
Goeie dag Dries
Ek gaan vir volgende jaar `n mes smee kursus by Heavenly Forge boek, dit is definitief die enigste mes maak proses wat my trek...ek het gaan kyk wat hulle doen en dit is wat ek wil doen, ek het al die nodige oonde tot my beskikking en gereedskap is ook beskikbaar...wat lekker is , is dat `n baie goeie vriend van my die kursus saam gaan doen...wat dit nog lekkerder maak...

Re: Mes projekte
Posted: Tue Jun 10, 2014 8:32 pm
by Dries101
Hi gert, oppas vir daai gogga- wens ek het genoeg tyd gehad, maar tussen werk, kinders grootmaak, jag, skiet, visvang, stokke bou en herlaai sukkel die messe maar die laaste ruk. Steve Fourie het my n stuk van my blank gehou van my 7x57 wat hy oordoen so daai houtjie gaan verseker n mes word.
Re: Mes projekte
Posted: Tue Jun 10, 2014 8:36 pm
by Dries101
Gert Odendaal wrote:Goeie dag Dries
Ek gaan vir volgende jaar `n mes smee kursus by Heavenly Forge boek, dit is definitief die enigste mes maak proses wat my trek...ek het gaan kyk wat hulle doen en dit is wat ek wil doen, ek het al die nodige oonde tot my beskikking en gereedskap is ook beskikbaar...wat lekker is , is dat `n baie goeie vriend van my die kursus saam gaan doen...wat dit nog lekkerder maak...

Lekker ding is as jy kan smee kan jy stock remove maar nie anders om nie- dit gee n man opsies. Partykeer is stock remove ook lekker en in die geval van damascus billets n noodsaak as jy nie die staal wil delamineer nie
Re: Mes projekte
Posted: Thu Aug 28, 2014 2:32 pm
by Dries101
Messie wat ek verlede week klaar gemaak het-Sandvik 14c met swartG10 liner en vlakvarktand handvatsel. Nou kan ek weer ophou messe maak vir eers en die ander half klaar projekte wat ek het voltooi
Re: Mes projekte
Posted: Thu Aug 28, 2014 3:11 pm
by Johan Nel
Baie mooi Dries, ek beny jou jou vaardigheid.