Page 2 of 2

Re: Inroep van Afrika bokke

Posted: Tue Nov 05, 2013 12:54 pm
by Flip Nel
Ek onthou in een van die ou magnums het iemand vertel hy het al bokke ingeroem met die roeppers wat die amerikaners gebruik, as ek reg onthou het hy gemsbok en blouwildebees ingeroep, maar dis al 'n rukkie terug gelees

Re: Inroep van Afrika bokke

Posted: Tue Nov 05, 2013 1:19 pm
by ROBBIE1
Philip, as jy daai wildebeest kalfie kan laai of vir my pm, sal ek hom gaan toets volgende week. Ek ry donderdag bietjie bos toe vir die naweek, gaan nie rerag om te skiet nie, vat sommer net die gesin bietjie saam paar pelle en hulle gesinne, maar my dogter wil jakkals skiet met mag en krag, so ek gaan in n hide sit met haar en roep, dan try ek die kalf klank ook, en kom gee julle terugvoer.

Re: Inroep van Afrika bokke

Posted: Tue Nov 05, 2013 1:21 pm
by Philip_R
Lyk soos 'n Olie tregter se pyp waar die tregter net onder die cone afgesny is.

Die app op my Iphone is "Ihunt calls" weet nie of hy op android ook beskikbaar is nie.

Re: Inroep van Afrika bokke

Posted: Tue Nov 05, 2013 1:36 pm
by smitjs
henried wrote:Dink ek moet so ding kry: Primos Quad Deer call.

Dis nou vir takbokke... :)
Kan wees, maar daardie tipe kort kwaai beweging om klank te maak. Ek het myne weggesmyt.
Ek het al vaal ribbokke ingeroep met 'n jakkals fluitjie, tot sowat 5 tree. Ek het gesit soos 'n standbeeld, en hulle het maar weer net weggestap toe daar nie meer klanke is nie.

Re: Inroep van Afrika bokke

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:13 pm
by Philip_R
Hier is 'n link waar mens 'n wildebees kalf klank kan download. Hy gaan mens amper 5 dollar kos as mens hom daar download.

http://www.1soundfx.com/81873-blue_wild ... zania.html

Re: Inroep van Afrika bokke

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:26 pm
by henried
Philip_R wrote:Hier is 'n link waar mens 'n wildebees kalf klank kan download. Hy gaan mens amper 5 dollar kos as mens hom daar download.

http://www.1soundfx.com/81873-blue_wild ... zania.html
Dankie, daar is baie klanke...

Re: Inroep van Afrika bokke

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:34 pm
by RUPERT
Ek het een van die episodes van Swamp men gisteraand gele en kyk en was verbaas toe een van daai manne een van daai roepers (FoxPro) uitpluk soos wat julle gebruik om die jakke in te roep.Sy roeper was om "Gators" in te roep.Na twee ure se roep het hulle sukses behaal maar die yank kon toe nie se lus in toom hou en skiet toe die Gator mis.Dis toe waar hulle besef het die roeper het die boot se battery plat getrek en hulle sit met hulle vingers in hulle....

Re: Inroep van Afrika bokke

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:55 pm
by ROBBIE1
Skerp, slim yankies kan mos nooit foute maak nie, :laugh: .

Re: Inroep van Afrika bokke

Posted: Tue Nov 05, 2013 3:13 pm
by Philip_R
Ek het nou nie die regte sagteware nie maar dink mens kan die klank opneem as mens hom speel deur die speaker en dan met 'n mikrofoon opvang. Mens kan net die sample klank gebruik om hom optevang. Of mens kan hom net lekker hard speel en met 'n selfoon se voice recorder opvang.

Re: Inroep van Afrika bokke

Posted: Tue Nov 05, 2013 3:16 pm
by ROBBIE1
Kan dalk werk, maar nie hier by my nie, dis te veel geraas, jy gaan net sae en goed hoor, geen klank nie, hahaha.

Re: Inroep van Afrika bokke

Posted: Tue Nov 05, 2013 3:27 pm
by Philip_R
Ek gaan kyk of ek 'n app kan kry om dit sommer op die foon te kry, dan kan ek dit hier post.

Re: Inroep van Afrika bokke

Posted: Tue Nov 05, 2013 3:45 pm
by Philip_R
Ek het die file wat baie mooi opgeneem het en so 11 sekondes lank is. Julle kan hom maar net download en die extension wat .pdf is delete en sorg dat hy net .aiff is. Dan sal hy mooi werk. Ek het dit getoets. Ek het gestop opneem voor die koei die kalf antwoord.
Wildebees kalf - Copy.aiff.pdf