Page 2 of 2

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:36 am
by Eugene
Cassie, probeer Crown se Stetson Char Grilled Patty mix. Werk baie lekker! Ek gooi 1/3de vark by en gebruik pakkie net so saam met 1.5kg cruched ice.

Niks ander bindmiddels of goed nie! Werk soos 'n bom en krimp nie as hy gaar word nie!

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:46 am
by Gawie(13mm)
Carl, bly om te sien jy eet " plaaslik", maar jy drink "om die wereld"!! >:+
Persoonlik hou ek van die blare onder met die sous en uie direk op die "pattie" en die kaas tamtie bo-op. ;D
As alles nou mooi uitmekaar geval het met die eetslag het ek darem die "pattie" in die middel oor en in my morsige hande. ;)
Ek sien ook nie die "gesig-was-bakkie" op die tafel nie of eet jy met 'n mes en vurk? 8)

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:48 am
by Jean Marais
Hierdie kom uit SA Jagters se resepteboek:

VENISON PATTY
(Met erkenning aan Ben Heystek)
Venison 7,5kg Pork or Mutton (60% meat 40% fat) 2,5kg
Ice Water 2,5kg Spices (Dry Wors) 1,0kg
Chopped Fresh Green & Red Peppers 0,050kg (50gm)
Peri Peri 0,010kg (10gm) Weigh meat off as indicated.
Mince through 13mm plate
Mix spices with ice water and allow to hydrate.
Mix with coarsely minced meat.
Mince through 4,5mm plate
Form hamburger to size required By placing a plastic hamburger disc between each
burger, they will not stick to each other once refrigerated.

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:52 am
by Carl
Gawie,
Al die wyne is eintlik WP wyne. Die Spanjaard word deur Peter Walser gemaak.
Kyk gebraaide uie is ONonderhandelbaar en dan argurkies moet op wees. Die res is vir die mooi en gesondheid. Hel vleis is darem ma lekker ;D
Probeer nou so koukie in jou mond kry :laugh:

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:55 am
by jamalley
Ag nee, Carl, nie nog 'n CLOSE UP foto ook nie. (Ek bou sommer vir my ook 'n lapa hier by my kantoor)

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 11:02 am
by andre007
Ek gebruik Crown se Stetson Cheeseburger mengsel, volg die resep op die pakkie, gebruik die resep op wild en mak vleis. Gin ander vieterjasies nie, sit net n gekapte ui by die mengsel. Stop hulle in plastiese polonie casings, vries, sny in skywe en verpak, onthou net om van daai plastiese skyfies tussen hulle te sit.

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 11:03 am
by VdWalt
Ek het my vrou nou laat weet, vannaand eet ons hamburgers anders is daar oorlog in die huis!

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 11:04 am
by Gawie(13mm)
Carl, jy is nou net plain moedswillig :P
My Liefste het vandag vir my alles wat jy op die burger het, behalwe die "pattie en bun" ingepak vir middag ete.
EK BRAAI VANNAAND BURGERS VIR MORE!!!

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 11:06 am
by 3006
Maalvleis, eier, bietjie oats, en jy kan ook aartappel fyn rasper en insit saam gerasperde uie.

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 11:08 am
by ROBBIE1
As jy die patty dadelik gaan gebruik is die eier fine, maar moet dit nie insit as jy n groot klomp maak en wil vries nie, dit werk nie lekker nie!

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 11:19 am
by cassie_calvinia
lyk my ek het 'n revolusie begin!

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 11:30 am
by 3006
Ja ek stem saam met Robbie oor die eier as jy wil vries, maar maak nou n paar van elke resep en gee jou opinie oor al die resepte!! ;) ;)

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 12:41 pm
by Marc
Balletjies

500g maalvleis. 1 sny witbrood in melk sag gemaak. 1 aartappel en 1 ui gerasper. Pakkie bruin uie soppoeier. Speserye na smaak. Meng alles goed saam. Maak balletjies en bak in oondpan met foelie bo oor by 180 vir 30 min toy haar. Verwyder foelie en bak tot bruin.

Ons kan sien wie sin smaak die lekkerste as ek my Ribbok kom haal ;D

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 1:40 pm
by cassie_calvinia
marc, jy weet jy is kan ribbok enige tyd kom haal, ek het jou al gese

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 2:17 pm
by Marc
Ek gaan jou kom kuier, jy weet dit ;D

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 2:28 pm
by ROBBIE1
Jissie Cassie, kan ek ook maar opklim, die ribbok sal n bonus wees, maar na n dag in die hutte om in daai dam te klim met kou branna sal loop soos Selina met n nuwe Verimark mop!!

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 4:21 pm
by cassie_calvinia
almal is welkom!
ek sien min genoeg mense hier

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 4:24 pm
by Stefan764
cassie_calvinia wrote:almal is welkom!
ek sien min genoeg mense hier
sjoe sjoe sjoe sjoe Cassie jy moet pasop ou maat!! :o

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 4:26 pm
by cassie_calvinia
nou nie vir ribbokke nie! maar kyer! altyd!

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 4:44 pm
by Stefan764
en Gemsbok patties!

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 4:56 pm
by Hugo
Jy kan hom met ongegeurde oats ook bind. Sulke 100% vleis patties is meer stabiel as jy hom braai vanaf vries af, dan val hy nie so erg uitmekaar uit nie,

Re: paties! asb!

Posted: Mon Nov 25, 2013 6:30 pm
by Marc
Stefan764 wrote:en Gemsbok patties!
En moenie die Skaap nek of Rib vergeet nie ;D

Re: paties! asb!

Posted: Tue Nov 26, 2013 6:48 am
by ANDRIES
Cassie ek gebruik ook Stetson se char grilled en gooi 2.5kg lieslappe by die mince.As jy begin meng gooi 'n bottel perske chutney by die mengsel.Dit gee 'n besondere smaak aan die patty.

Re: paties! asb!

Posted: Tue Nov 26, 2013 4:07 pm
by Daneel
Die post het nou gemaak dat ek vanaand vir my ook wildebees patties gaan maak.
Ek sal die resepte "edit" soos ek dink hy gaan die beste werk...
Nou lekker honger.. en op pad huis toe.

Lekker aand aan almal
Daneel