Page 2 of 10

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Dec 17, 2013 6:57 pm
by DWB
Amper Buffel kos.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Dec 17, 2013 7:01 pm
by DWB
Nog een wat nie wou dood...

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Dec 17, 2013 7:02 pm
by DWB
Van hierdie manne wil net nie val nie.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Dec 17, 2013 7:10 pm
by DWB
Die seekoei video wat op 'n ander draad ook was:

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Dec 17, 2013 7:12 pm
by DWB
En hier is die definisie van 'n noue ontkoming:

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Wed Dec 18, 2013 8:47 am
by Marc
Nou toe daar het jy dit "and to the video man, thank you, thank you. You are the best" Puik film werk !

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions

Posted: Wed Dec 18, 2013 8:53 am
by Frikkiedbr
DWB wrote:African Sun Productions

Mooi skoot op buffel.

So vinnige vraagie oor die video, daai buffel agter die een wat voor geskiet is, sal dit gekwes wees of nie?

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions

Posted: Wed Dec 18, 2013 9:12 am
by Geno
DWB wrote:African Sun Productions

Hier is nog een, Buffel en ander diere.

Nou ontkoming!

2:29 - "Wait till he stops."
BANG! Hahahahaha!

Julle gesien hoe verander die koeel rigting in die sable?

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Sable.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Sable1.jpg

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Wed Dec 18, 2013 9:14 am
by DWB
Geno ek het dit ook opgelet ja.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions

Posted: Wed Dec 18, 2013 9:16 am
by DWB
Frikkiedbr wrote:
DWB wrote:African Sun Productions

Mooi skoot op buffel.
So vinnige vraagie oor die video, daai buffel agter die een wat voor geskiet is, sal dit gekwes wees of nie?
Frikkie dis moeilik om te sê, maar dit lyk of die ander een nog gelê het.

Maar dit is goed dat jy in die rigting begin dink!

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions

Posted: Wed Dec 18, 2013 9:17 am
by Marc
Geno wrote:
2:29 - "Wait till he stops."
BANG! Hahahahaha!

Julle gesien hoe verander die koeel rigting in die sable?
My dadelik aan my Waterbok en Gemsbok storie laat dink, dis gebeur meer algemeen as wat mens dink. Ek sal maar altyd baie mooi kyk voor ek naby 'n trop skiet, veral met premium koeels en lekker hard stamp gewere

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Wed Dec 18, 2013 9:24 am
by Frikkiedbr
Daai swartpens, praat julle van die koeel wat uit die swartpens kom?
Kan dit wees dat dit dalk 'n been wees wat dit van koes afkry?

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Wed Dec 18, 2013 9:30 am
by Frikkiedbr
Is die een 'n rug skoot of nie?
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/Rug_zps4499934f.jpg

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Wed Dec 18, 2013 3:04 pm
by ASP
DWB wrote:Nog een wat nie wou dood...

Ja nee, buffels kan taai wees as hul wil. Hierdie een het meer skote gevat as die normale buffel. Ek kan ongelukkig nie uitmaak waar al die skote ingaan nie, maar het al gesien hul kan met goeie skote ook so bly staan.

Wonder net waarheen was die kameraman op pad! Veiligste plek is by die gewere.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions

Posted: Wed Dec 18, 2013 3:08 pm
by ASP
Frikkiedbr wrote:
DWB wrote:African Sun Productions

Mooi skoot op buffel.

So vinnige vraagie oor die video, daai buffel agter die een wat voor geskiet is, sal dit gekwes wees of nie?

Dit gebeur gereeld dat 'n patroon reg deur 'n buffel gaan, maar in hierdie geval het hy gelukkig nie. Hy het onder die vel aan die oorkant bly sit en is uitgesny net nadat ons die interview gedoen het.

Dit was 'n baie risky skoot. As dit my buffels was sou ek eerder gewag het. Mens kan altyd weer bekruip. Dis beter as om 'n gekweste jong bul te gaan soek.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Wed Dec 18, 2013 3:10 pm
by ASP
DWB wrote:En hier is die definisie van 'n noue ontkoming:

Hierdie is van die beste kamerawerk wat ek al ooit gesien het. Om een kameraman te wees op so 'n follow-up is nie maklik nie. Jy moet HEELTYD afneem en reg wees. Jy moet al die PHs en kliente cover en nog op die uitkyk wees vir die Leeu.

Uitstekende werk.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions

Posted: Wed Dec 18, 2013 3:14 pm
by ASP
Geno wrote:
DWB wrote:African Sun Productions

Hier is nog een, Buffel en ander diere.

Nou ontkoming!

2:29 - "Wait till he stops."
BANG! Hahahahaha!

Julle gesien hoe verander die koeel rigting in die sable?

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Sable.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Sable1.jpg

Ek sien dit nogals gereeld op my videos. Ek het selfs al gesien dat daar 3 keer stof uitslaan. Dit was in Damaraland in Namibië. Daar is natuurlik myle en myle se woestyn! Ek het nie die video opgelaai nie want dit was nie 'n baie groot Gemsbok gewees. Het net geskiet vir Luiperd bait. Sal kyk as ek eendag kans kry om dit te doen, is nogals interesant.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Wed Dec 18, 2013 3:17 pm
by ASP
Frikkiedbr wrote:Is die een 'n rug skoot of nie?
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/Rug_zps4499934f.jpg
Jip, was spine en hy het net daar bly lê. Het nog 'n skoot nodig gehad om hom dood te maak.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Wed Dec 18, 2013 3:21 pm
by ASP
Hier is een van my oues. Ook African Sun Productions, hehe:

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Wed Dec 18, 2013 6:34 pm
by JAGTERSREG-JRM
Manne

Ek is nou so lus vir so storie ek kan myself amper nie help nie.........................aaaai die drome

Groetnis
Kobus

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Thu Dec 19, 2013 5:38 pm
by mariusr
Jislaaik manne wonder of baie van daai ouens se skootplasing reg is op van die buffels? Ons almal weet buffel is taai maar my magtig daai ouens mors darem ammo!? :):

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Thu Dec 19, 2013 5:51 pm
by DWB
Oom Mariusr.
Daar staan jy en jou span. Die buffel storm met mening.
Jy skiet en jou skoot maak niks nie...

Wat doen jy?

SKIET WEER!!!!

Manne ek moes al gaan gewone beeste skiet wat uitkom na hul reeds met ñ pen geweer ñ skoot weg het. Hulle is kwaad en wil nie vrek nie.

As jy die brein met ñ mm mis bly hy kom.

Dis jy of hy.

As jy hom nie kan stop nie wil jy hom immers van rigting laat verander.

So wat dink jy doen ñ buffel as hy kwaad is?

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Thu Dec 19, 2013 5:57 pm
by mariusr
Jy moet sorg dat jy hom nie kwaad maak nie! He he?!

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:33 am
by ASP
Alles hang af van die eerste skoot, is my opinie. As jy eers droog gemaak het, kan jy maar lood gooi sonder resultate. Buffel se kind lewe net op adrenalien, hy het nie regtig meer hart en longe nodig nie. Hy bly staan omdat hy WIL bly staan. As hy jou kant toe kom moet jy seker maak jy skiet die brein raak, of die lood wat jy gooi moet groot genoeg wees om hom te laat rigting verander. Either way: STERKTE.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:34 am
by ROBBIE1
mariusr wrote:Jy moet sorg dat jy hom nie kwaad maak nie! He he?!

Stem Marius, ekt nog nie die voreg gehad om een te pos nie, maar as ek die dag die kans kry sal ek 200% seker maak voor ek daai sneller druk!