Page 2 of 2

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Fri Dec 20, 2013 8:39 pm
by theedge
ROBBIE1 wrote:OOOO genade Dolf, waarvan praat jy nou!!

My dogter eet saam tong en afval en skillies, maar as daai smily op die bord le, gaan eet almal op n ander plek! Ons doen so 1 x per maand n skaapkop dag by n pel se Pub, was al tot 100manne by so ete, dan kos dit ju R150-00 vir jou eie kop, stampmielies, soetpampoen en groenbone. Magtag hoe water my bek nou sommer weer!!
Altyd super lekker

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:19 pm
by Kalahari
ROBBIE1 wrote:dan kos dit ju R150-00 vir jou eie kop,
Magtig ROBBIE, hoe water my bek dan nou vir die R150 ( OK maak dit R100) vir 'n skaapkop. Ek het vanaand 4 skaap geslag, so ek kan nogal doen met daardie prys >:D

Ek is self baie lief vir 'n afval, maar dit gebeur so een keer 'n jaar wat ons in die winter afval skraap, maar dan eet mens jou vingers stomp.

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sat Dec 21, 2013 10:22 am
by ROBBIE1
Ons betaal nou R80.00 vir n skoon kop, en R80.00 vir n vol afval, 4 pote met pensies. Dis maar duur, maar tog so lekkerrrr!

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sat Dec 21, 2013 12:14 pm
by mariusr
Checkers waverley verkoop afval vir R34 kilo. Dan is dit net pens en pote sonder kop mooi skoon gemaak.Die ander plekke sien ek so tussen R49 en R54 per kilo met kop by.Dan kos mooi groot afval jou so R100!

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Sat Dec 21, 2013 3:01 pm
by Kalahari
mariusr wrote:Checkers waverley verkoop afval vir R34 kilo. Dan is dit net pens en pote sonder kop mooi skoon gemaak.Die ander plekke sien ek so tussen R49 en R54 per kilo met kop by.Dan kos mooi groot afval jou so R100!
Manne, sit nou daai R80 of R100 saam met die prys van 'n vel by my skaap prys per kop, ai ai, dan kan ek dalk weer voor kom met die finansies :-X
Sorry, ROBBIE, sal nie weer hijack nie.

Re: Skaap afval vraag?

Posted: Mon Dec 23, 2013 9:01 am
by ROBBIE1
Kalahari wrote:
mariusr wrote:Checkers waverley verkoop afval vir R34 kilo. Dan is dit net pens en pote sonder kop mooi skoon gemaak.Die ander plekke sien ek so tussen R49 en R54 per kilo met kop by.Dan kos mooi groot afval jou so R100!
Manne, sit nou daai R80 of R100 saam met die prys van 'n vel by my skaap prys per kop, ai ai, dan kan ek dalk weer voor kom met die finansies :-X
Sorry, ROBBIE, sal nie weer hijack nie.

Daais baie waar. Dan vat die abattoir nog die derms en rooiharslag ook vir slagvooi, en dan betaal ons nog deur ons nekke vir die karkas ook! Wens mens kan n plan maak om direk van manne soos julle skaap kry sonder die spul middelmanne (die spekulant wat op die veiling koop, die groothandelaar en die slagpale) dan kan daar paar rand te make wees en die eind verbruiker ook bespaar.