Page 2 of 2

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Mon Oct 27, 2014 9:40 pm
by PWV
Francois wrote:Waar kry mens nou hierdie anealers?
Francois, lees net bietjie die posts!

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 91#p402908

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Mon Nov 09, 2015 6:30 am
by Gerritmvb
Ek soek graag een, waar kan ek bestel?

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Mon Nov 09, 2015 7:15 am
by Pvdw
Sien Safari Pta tak het laasweek gehad.

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Mon Nov 09, 2015 8:07 am
by Geno
Een van ons beste beleggings in herlaai toerusting nog!

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Mon Nov 09, 2015 8:07 am
by Boesman10
Ek het die Gen I produk en die groot wiel wat in die rondte draai het twee gleuwe wat die doppe vang. Ek vind dat hy te vinnig werk al stel mens hom op sy stadigste spoed. Is daar 'n manier om my Gen I se twee gleuf wiel te vervang met 'n een gleuf wiel? Die ander oplossing is om miskien net die een gleuf vol Pratleys Putty te maak.

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Mon Nov 09, 2015 8:11 am
by Reggie Gerber
Hoor by die man wat hulle bou

JP. nil agt 3 444 een 09 drie

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Mon Nov 09, 2015 9:01 am
by Pumba
JP is n man wat agter sy produk staan. Dit is my ondervinding regdeur die tydperk wat ek my Gen2 by hom gekoop het. Jy kan met vrymoedigheid met hom skakel en hy SAL jou probleem aanspreek.

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Mon Nov 09, 2015 11:30 am
by Ferdi Bam
Yogi,

Die spoed gaan verskil, het te doen met die sagter materiaal om die koeël ens. Jy sal moet baan toe gaan met jou chronograaf en kyk. Dis al hoe jy die verskil gaan kan bepaal.

Ek decap en anneal dan vorm. Ander kan dit dalk anders doen!

Groete

Ferdi Bam

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Mon Nov 09, 2015 11:57 am
by blaser
kan mens nie direk by die man koop nie
s $ o het dan die vir oor die R5000 verkoop hoekom nou so min

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Mon Nov 09, 2015 4:38 pm
by Gawie(13mm)
blaser wrote:kan mens nie direk by die man koop nie
s $ o het dan die vir oor die R5000 verkoop hoekom nou so min
S&O het 'n regstelling op hul prys gemaak nadat heelwat manne hier op Jaracal direk by JP gekoop het. Hul verkoop nou teen dieselfde prys.

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Tue Nov 10, 2015 7:18 am
by blaser
so wat jy daar se s&O het daar weer die dam onder die eend se gat uit geruk

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Tue Nov 10, 2015 7:43 am
by Pumba
Blaser,

Dit wil so voorkom.

Ek het ook gewonder hoe S&O die produk verkoop gaan kry terwyl jy direk by JP kan koop vir baie goedkoper

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Tue Nov 10, 2015 7:52 am
by Gawie(13mm)
blaser wrote:so wat jy daar se s&O het daar weer die dam onder die eend se gat uit geruk
Ek vra baie mooi dat ons nie hierdie draad in 'n S&O " bashing" draad moet verander nie. J.P. lewer 'n uitstekende produk teen 'n baie goeie prys wat 100% regverdigbaar is vir die materiaal en komponente wat hy gebruik.

Ek praat uit ondervinding as ek sê dat dit nie maklik is om 'n nuwe produk aan 'n baie kritiese kopers mark bekend te stel nie.

J.P. ek salueer jou vir jou vindingrykheid en deursettingsvermoë.
Sterkte maat.

Gloeiman groete ;D
Gawie.

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Posted: Tue Nov 10, 2015 10:59 am
by blaser
ek stem saam baie goeie produk en j p n baie goeie ou wat trots is op sy produk
net jammer S &O het die man se mark in die begin bedonder om die goed teen meer as dubbel die prys te verkoop