Page 2 of 2

Re: 243 Musgrave & Sons- bloemfontein

Posted: Wed Jul 09, 2014 2:03 pm
by Hein M.
Pietman

Terug na jou probleem. Daardie 4de en vyfde skote wat weg van die groep is, is 'n tipiese gevolg van 'n drukpunt iewers. Dit kan tussen die aksie en die hout / tussen die loop en die hout wees.

Hein M

Re: 243 Musgrave & Sons- bloemfontein

Posted: Wed Jul 09, 2014 3:48 pm
by CobusMeyer
Hi Manne / Pietman
Jammer ek hijack die post, wat is dan die verskil tussen die een en die een wat op die aksie se Lyttleton RSA, op loop slegs Musgrave of is dit dieslefde ding. Ek het n 243 wat se Lyttleton RSA en Musgrave op die loop, weet nie wat die serial nommer is nie, kan kyk. Hoe oud is die gewere? Hoor graag.
Groete
C

Re: 243 Musgrave & Sons- bloemfontein

Posted: Wed Jul 09, 2014 3:52 pm
by CobusMeyer
Hi Manne

@ Willie, my 243 doen dieselfde, jy moet hom voer vanuit die magasyn. Blybaar omdat dit n control feed is of so iets (dis wat iemand my vertel het) myne maak die slot nie mooi toe nie en jy kan glad nie skiet as jy hom voer met die hand nie. Patroon sit dan so dat jy eers die patroon moet uithaal voor jy voortgaan

Groete

C

Re: 243 Musgrave & Sons- bloemfontein

Posted: Wed Jul 09, 2014 8:34 pm
by PietmanvWyk
Goeie naand almal,

Baie dankie vir almal se raad en advies i.v.m. My vrae, word waardeur!!

Ek gaan kolf afhaal en daar begin kyk met groepeering probleem.


Groete,
Pietman

Re: 243 Musgrave & Sons- bloemfontein

Posted: Thu Jul 10, 2014 6:15 am
by PietmanvWyk
Willie,

Ek ondervind nie die probleem soos met jou wapen nie.

Myne kan n los rondte injey en hak hom elke keer met die extractor.

Re: 243 Musgrave & Sons- bloemfontein

Posted: Mon Jul 21, 2014 1:31 am
by Finfan
Het n 30-06 Musgrave op Lyttleton RSA. Het selfde probleem ondervind met drukpunte op die loop. Na ek ander kolf opgesit het skiet hy soos n droom. My staatmaker geweer!

Re: 243 Musgrave & Sons- bloemfontein

Posted: Wed Jul 30, 2014 11:07 am
by AFRICAN LEADWOOD
Pietman

Ek stem saam.

Het jy foto's van die kussing op die kolf en die onderkant van die greep en die punt van die kolf voor?

Ek dink die die President is dieselfde geweer was met die grip cap en fore-end tip van ander hout. Die skok kussing is "ventilated" met 'n swart en wit lyn "spacer". Of is daar ander verskille?

Jou loop behoort 26" te wees.

Ander wat ek gesien het was dof afgewerk op die aksie (receiver) waar joune 'n blink blou is.