Page 2 of 7

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 30, 2011 7:52 am
by Freek
Skolla, baie dankie vir jou ondersteuning het jou kaartjie nommer vir jou ge PM.

Peet daar is 'n volle 8 kaartjies verkoop so dit is v?r onder my minimum verwagting. Nie teen staande gaan ons voort met die kompetisie. Ek het dit oorweeg om die sluitings datum uit te stel tot volgende maand maar as mens mooi gaan dink glo ek nie dit gaan enigsins 'n verskil maak nie, inteendeel ek dink dit gaan die kompetisie onnodig lank en uitgerek maak. So die manne wat wel deelneem, dit gaan 'n close call wees die jaar.

Ek s? weereens baie dankie aan elkeen van die deelnemers vir julle bydraes en toe gewyde betrokkenheid by hierdie forum. Vir die manne wat nog oorweeg en dink of hulle moet deel neem aan die kompetisie julle het nog net vandag en more om in te skryf.

Skietstoel groete
Freek

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 30, 2011 9:10 am
by Shindzela (Pierre)
Freek, tel my maar in.As ek hom wen het ek nie n clue waarvoor ek hom gaan gebruik nie, maar wat te hel! Sal jou deur die dag die geldies in betaal.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 30, 2011 9:29 am
by Freek
Pierre  
...het ek nie n clue waarvoor ek hom gaan gebruik nie!

Heybo! Hoe bedoel Mnr dan nou...??????  Jag jy nie jakkalse nie? Doen julle nie predasie bestuur op daai plaas nie? Indien nie, is jy meer as welkom om daai stoel voor die TV te gebruik, hy het 'n skinkbord waarop jy jou kos kan sit as jy so voor die TV wil sit en eet, 'n glas houer vir jou drankie (wat verhoed dat jy hom sal omstamp... ) en jy het ook 'n plek vir jou remote nl. die voorste geweer rus. Moet ek vir jou nog gebruike lys?

;D

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 30, 2011 9:36 am
by Shindzela (Pierre)
Wel ek het toevallig gister n stelletjie jakals spore gekry by die 1 dam, miskien moet ek dit as motivering sien.
Ek kyk maar net as die ouens so praat van jakkalse op 300m skiet, hel hier by ons sien jy dalk 300m as jy van die koppies af kyk! Ek het ook nie idee van hoeveel hulle hierrond is nie, nog net 1 keer vroeg oggend gehoor, maar my rooibok lammertjies is nie soveel soos hulle was nie.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 30, 2011 9:41 am
by Stefan764
Shindzela (Pierre) wrote: Wel ek het toevallig gister n stelletjie jakals spore gekry by die 1 dam, miskien moet ek dit as motivering sien.
Ek kyk maar net as die ouens so praat van jakkalse op 300m skiet, hel hier by ons sien jy dalk 300m as jy van die koppies af kyk! Ek het ook nie idee van hoeveel hulle hierrond is nie, nog net 1 keer vroeg oggend gehoor, maar my rooibok lammertjies is nie soveel soos hulle was nie.
Pierre

Jy sal bo van dai skietstoel, bo van die bakkie afdonner as jy beginne besef watse skade jakkals en rooikat in n wildkamp/reservaat kan aanrig. En as hulle nie gou beheer word nie groei hulle getalle eksponensieel!

Dankie vir jou ondersteuning!

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 30, 2011 10:04 am
by Skolla
Stefan764 wrote:
Shindzela (Pierre) wrote: Wel ek het toevallig gister n stelletjie jakals spore gekry by die 1 dam, miskien moet ek dit as motivering sien.
Ek het ook nie idee van hoeveel hulle hierrond is nie, nog net 1 keer vroeg oggend gehoor, maar my rooibok lammertjies is nie soveel soos hulle was nie.
Pierre
Jy sal bo van dai skietstoel, bo van die bakkie afdonner as jy beginne besef watse skade jakkals en rooikat in n wildkamp/reservaat kan aanrig. En as hulle nie gou beheer word nie groei hulle getalle eksponensieel!
Ek ken jou nie en weet ook nie waarvandaan jy is nie maar, jy sal moet wakker slaap. Dit wat Stef hier bo s? is waar en jy gaan gou geen klein wild oor h? nie.
Skolla

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 30, 2011 10:11 am
by Skolla
Freek wrote: Peet daar is 'n volle 8 kaartjies verkoop so dit is v?r onder my minimum verwagting. Nie teen staande gaan ons voort met die kompetisie.
Freek

Net n idee,as jy nie jou minimum verkope haal nie.(na die sluitings datum)
Kan jy nie dan vir die manne wat wel kaartjies gekoop het vra of hulle bereid is om meer te koop nie, in verhouding natuurlik vir die wat meer as een gekoop het.
Dit hou mos die kanse vir n wen dieselfde? Of redeneer ek nou verkeerd?

Skolla

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 30, 2011 10:53 am
by Freek
Skolla en Almal,

Die reel met die kaartjie verkope is dat daar glad nie 'n beperking bestaan op die hoeveelheid inskrywings per individu nie. Deelnemers mag soveel kaartjies koop as wat hulle verkies. Ek sou ook redeneer dat hoe meer kaartjies jy besit, dit jou kanse om te wen versterk. Dit is 'n besluit wat elke deelnemer vir homself moet neem.

Die laaste ding wat ek wil doen is om op my kniee te staan en te soebat  vir deelnemers, ek het dit goed gedink om hierdie kompetisies te hou spesifiek om mense te help wat nie 'n duur stoel kan bekostig nie. Vir R200 staan jy die kans om 'n R7000 se prys te wen... Die geleentheid is daar en ek sal voortgaan daarmee so lank ek dit kan bekostig. Soos meeste hier wil ek nie net ontvang nie maar darrem so nou en dan ietsie terug gee ook vir die bedryf.

Skolla
Kan jy nie dan vir die manne wat wel kaartjies gekoop het vra of hulle bereid is om meer te koop nie...
Dankie, geldige punt wat jy noem en het self nog nie so daaroor gedink nie. Ek kan dit oorweeg.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 30, 2011 11:17 am
by Stefan764
Sekondeer wat oom Skollaman se. Ek sal ook bykoop as dit so besluit word na die sluitingsdatum.

Stef

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 30, 2011 12:56 pm
by Shindzela (Pierre)
Ek wens dit was so maklik, onthou dis n vakansie oord ook. Mense mag dalk snaaks dink van skote in die nag, ek is klaar by party mense in die poef omdat ons SA Wild en Jag se tydskrif verkoop.
Dalk n goeie verskoning vir 1 van daai Terminator silencers.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 30, 2011 1:24 pm
by Freek
Pierre, ons sal moet ges?ls. As julle nie die goed(roofdiere) beheer nie gaan julle binnekort negatiewe aanwas op jul kleiner wild spesies kry - as dit nie alreeds die geval is nie.

Soos enige plaas is diere wat in gekamp is, blootgestel aan 'n kunsmatige omgewing en met 'n kunsmatige omgewing beteken dit dat ons as mens die natuur verhoed om die balans effektief natuurlik te beheer. So Mnr, jy gaan jou baas baie vinnig moet beginne inlig dat sodra hy met so 'n situasie te doene het hierdie diere se getalle bestuur moet word asook die risiko's wat julle diere se aanwas bedreig. Ek maak die afleiding dat die wild nie jul hoof inkomste stroom is nie, maar as daar nie wild oor is nie neem die effektiwiteit van die vakansieplaas ook af, nie waar nie? As jy goeie wild aanteel en speen % kry kan jy laat vang of jag, nog so klein inkomste stroompie wat in die hoofstroom invloei om die dam vinniger voller te maak.... ;)

Net my 2c

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 8:50 am
by Freek
Die laaste dag vir inskrywings het aangebreek. Die kompetisie sluit amptelik om 23:55 vanaand 31/3/2011.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 9:04 am
by henslin
Al sit ek ook voor die TV - gebruike sal daar altyd wees. Lyk of mens die stoel maklik kan aanpas vir karpvang  ;D

Gaan gou my kaartjies 'koop'

Freek

Klaar gedoen en nou net wag !!!

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 9:20 am
by 300Winmag
;D Haha ek sal 'n bakkie moet koop as ek die stoel wen.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 9:23 am
by Freek
Oom Hans verseker, dit is die gees!  ;D Daar is soveel gebruike vir die stoel, ek het selfs nou die dag my tandarts in die dorp raak geloop en die kyk toe die bosvark vanuit 'n tandarts oog punt, net so paar veranderingtjies nodig en JARACAL gaan binnekort die mediese bedryf betree... Nee wat ek grap net, iewer moet mens die streep op die gebruike ook trek. Ek duck en dive die genikiloog op hierdie stadium... ;D

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 9:31 am
by henslin
Ek duck en dive die genikiloog op hierdie stadium...

Lyk my die stoel is groter as op die foto - nou het jy die jong mannetjies regtig nuuskierig  :-*

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 9:33 am
by Freek
Oom is reg, hy is groot...    8)

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 10:36 am
by Jeagermeister
Oom Freek,

Inskrywingsfooi inbound!!

Iewers moet my geluk draai!!

Daai nuwe stoel sal seker gaaf lyk op my nuwe Cruiser.. Sal maar eers die buurtwag ding doen in die stoel en dan later veld toe glip!!

Mooi dag!!

JM

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 10:50 am
by Freek
Johan
.. Sal maar eers die buurtwag ding doen...
Sien daar noem jy sommer nog 'n gebruik, ek kry daai skelm jammer as hy nie sy kop laag hou en in "S'e" weg hardloop nie, veral as jy 'n 243 vas gestrap het in daai "gun rest".

As julle NAM manne die prys vat kom hou ek weer vakansie in daai mooi land. Juis die kompetisie datum so beplan dat sou dit die geval wees, ons darrem die buurland slaan as die son nie so hard brand nie.

Baie dankie vir die ondersteuning.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 10:53 am
by 300Winmag
Jeagermeister wrote: Iewers moet my geluk draai!!
Daai nuwe stoel sal seker gaaf lyk op my nuwe Cruiser..
Daar is bietjie van 'n contradiction in daai stelling  ;D ;D

As jy nuwe Cruiser het het die geluk klaar gedraai ....

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 11:01 am
by Jeagermeister
Daar is bietjie van 'n contradiction in daai stelling   ;D ;D

As jy nuwe Cruiser het het die geluk klaar gedraai ....
[/quote]

Die nuwe Cruiser het die Bank aan my toevertrou... dink dit het meer met jammerkry as geluk te doen!!

Nee, is nou ligtelik, ek is diep dankbaar teenoor my Skepper vir al my Seeninge..

Mooi Dag

JM

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 11:02 am
by Freek
300Winmag... veral as die bank jou toelaat om hom te ry as hy nog op hul naam is. Dit s? al klaar baie van 'n ou se luck. Laas toe ek die onderwerp van Landcruisers met my bank bestuurder wou bespreek, toe verander daai man sommer die topic.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 11:06 am
by Freek
... Hy weet seker nie baie van cruisers nie.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 11:27 am
by 300Winmag
;D ;D Ek kry nie eers 'n Hilux uit myne nie!! Hulle het net nie smaak nie - dis al.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 31, 2011 11:32 am
by Freek
Moet wees, betroubare hulp is maar skaars deesdae.