Page 2 of 4
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 8:20 am
by Johan Nel
tau wrote:henning wrote:Ek wil met julle my resep deel vir geelstert braai (of snoek).
Gooi toe in growwe sout en los vir 15 minute (niks langer), spoel goed af in vars water en hang om wind droog te raak of droog vleis kant met papier hand doek.
Vleis kant moet nie nat wees nie anders stoom die vleis in plaas van braai en dit sal ook langer vat om die vleis te seel met ander woorde die gevaar bestaan dat jy die vis te droog braai net omdat jy dit bruin wil he. Droe vis is nie lekker nie.
Sous soos volg: Kwart blok botter (nie margerien), groot eetlepel skep fyn appelkoos konfyt, twee teelepel suurlemoen sap, twee teelepel fyn stukkies knoffel.
Verhit alles saam in pot tot dit saam gesmelt is en die sous is reg vir gebruik.
Daar is so baie maniere van vis braai maar myne werk beste vir my, dit gaan sommer gou, dus minder kans om die vis uit te droog.
Vis in toeklap rooster sit ek met die vleis kant eerste (na onder)omtrent plat op n bed baie warm koolle.
Die vleis braai dan sommer gou bruin en seel die vleis om vog te behou.
As vleis kant bruin is draai ek dit om en lig redelik hoog weg van die koolle en braai die vel kant stadig. Sodra jy gedraai het moet jy die sous oor die hele gebraaide kant smeer en die vis word nie weer gedraai nie dus die sous poel op die bruin kant.
Die laaste braai aan die vel kant vat nie lank nie (n groot vis kan binne 10 tot 15 min klaar gebraai wees).
Maak die vleis oop met mes en vurk op die dikste gedeelte van die vleis en kyk dat die vleis net begin wit raak dan is dit gaar.
Vis braai is nie maklik nie en alhoewel ek dit al baie jaare doen maak ek so af en toe n foutjie om dit te droog te braai, dit gebeur gewoonlik as ek te veel nonsense praat en nie konsentreer nie omdat die verskil tussen rou en droog braai is baie gou.
Hoop van julle sal dit so geniet soos ek.
Groete
Henning
Henning jy klink na 'n nice ou. Hoekom wil jy 'n vars vis na appelkose laat smaak? Dit grief my. Skiet jy Gemsbok dan smeer jy hom Chicken spice laat dit soos KEntucky proe?????

Ek verstaan 'n gevriesde snoek wat al 2 maande in die freezer is of ou Geelstert, maar vars vis is dit mos sonde.
Die res van jou braai plan is reg. Die maklikste om te sien of snoek of geelstert gaar is is as die vleis in skywe afbreek van die vel. Dit ook gewoonlik wanneer jy uitvind jy het 'n papsnoek gekry

Nou maar tau, deel met ons die geheime van geurmiddels met die vis...

Ek het ook 'n soortgelyke reseppie geleer vir snoek braai, maar ek is maar net 'n Transvaler wat nie te veel weet van die soorte van braai nie.
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 8:34 am
by tau
henried wrote:My tyd in Langebaan was ek gelukkig om 'n 10kg een teen die elf-lyn te kry terwyl ek gedrydf het met die uit gaande gety.
Ons het hulle ook in groot skole by die Noord Blinder gekry...

Hulle het Mei maand ook so week die manne op die lyn veras.
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 8:42 am
by henning
tau wrote:henning wrote:Ek wil met julle my resep deel vir geelstert braai (of snoek).
Gooi toe in growwe sout en los vir 15 minute (niks langer), spoel goed af in vars water en hang om wind droog te raak of droog vleis kant met papier hand doek.
Vleis kant moet nie nat wees nie anders stoom die vleis in plaas van braai en dit sal ook langer vat om die vleis te seel met ander woorde die gevaar bestaan dat jy die vis te droog braai net omdat jy dit bruin wil he. Droe vis is nie lekker nie.
Sous soos volg: Kwart blok botter (nie margerien), groot eetlepel skep fyn appelkoos konfyt, twee teelepel suurlemoen sap, twee teelepel fyn stukkies knoffel.
Verhit alles saam in pot tot dit saam gesmelt is en die sous is reg vir gebruik.
Daar is so baie maniere van vis braai maar myne werk beste vir my, dit gaan sommer gou, dus minder kans om die vis uit te droog.
Vis in toeklap rooster sit ek met die vleis kant eerste (na onder)omtrent plat op n bed baie warm koolle.
Die vleis braai dan sommer gou bruin en seel die vleis om vog te behou.
As vleis kant bruin is draai ek dit om en lig redelik hoog weg van die koolle en braai die vel kant stadig. Sodra jy gedraai het moet jy die sous oor die hele gebraaide kant smeer en die vis word nie weer gedraai nie dus die sous poel op die bruin kant.
Die laaste braai aan die vel kant vat nie lank nie (n groot vis kan binne 10 tot 15 min klaar gebraai wees).
Maak die vleis oop met mes en vurk op die dikste gedeelte van die vleis en kyk dat die vleis net begin wit raak dan is dit gaar.
Vis braai is nie maklik nie en alhoewel ek dit al baie jaare doen maak ek so af en toe n foutjie om dit te droog te braai, dit gebeur gewoonlik as ek te veel nonsense praat en nie konsentreer nie omdat die verskil tussen rou en droog braai is baie gou.
Hoop van julle sal dit so geniet soos ek.
Groete
Henning
Henning jy klink na 'n nice ou. Hoekom wil jy 'n vars vis na appelkose laat smaak? Dit grief my. Skiet jy Gemsbok dan smeer jy hom Chicken spice laat dit soos KEntucky proe?????

Ek verstaan 'n gevriesde snoek wat al 2 maande in die freezer is of ou Geelstert, maar vars vis is dit mos sonde.
Die res van jou braai plan is reg. Die maklikste om te sien of snoek of geelstert gaar is is as die vleis in skywe afbreek van die vel. Dit ook gewoonlik wanneer jy uitvind jy het 'n papsnoek gekry

Tau, jy sal verbaas wees dat die mengsel van geure komplimenteer mekaar. Ek stel voor dat jy probeer dit voor jy oordeel. Ek doen dit al vir baie jare en my gaste is gaande daaroor.
Groete
Henning
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 9:07 am
by tau
Henning ek spot altyd met almal oor dit. Ek ken dit baie goed en dink steeds op varsvis is dit 'n sonde. Elke man soen sy vrou soos hy wil ek het darem 'n smily by gesit.
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 9:20 am
by henning
tau wrote:Henning ek spot altyd met almal oor dit. Ek ken dit baie goed en dink steeds op varsvis is dit 'n sonde. Elke man soen sy vrou soos hy wil ek het darem 'n smily by gesit.
Tau, hoe voel jy oor die ou Kaapse tradisie van Snoek en patats.
Groete
Henning
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 9:24 am
by Geno
tau wrote:Daar is nog tyd. Begin Oktober is soms die einde en die beste deel van die seisoen. Ons is bederf om al so vroeg vis by Dassen eiland te kry.
Heel toevallig is ons van die 21ste September tot die 5de Oktober daar onder

Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 9:38 am
by tau
ek self sny nie die Geelstert in fillets nie, ek vlek hom soos 'n snoek, maar dit moet nie 'n monster wees nie, 'n malkoppie soos ons die 3kg visse noem is wat jy soek so een:
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/visbraai3_zps0ac868fb.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/visbraai1_zps4b0a22a8.jpg
Dan gooi jy lekker growee sout as jy hom nie dadelik gaan braai nie spoe sout na so uur af enders gooie ek so bietjie minder sout + growwe pepper en suurlemoen sap op.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/visbraai2_zps935bf112.jpg
Ek braai op voelie dan sit die vel nie vas nie en die vleis dop maklik uit soos in die foto as die vis gaar is. Ek braai eers vel onder vir so 5 min dan draaai ek hom om vir 5min en dan draai ek nie weer nie en maak seker daar is genoeg suurlemoen sap op. Hierdie vis was nie ons eerste vars vis vir die naweek nie, so ons het bietjie RAMA en garlic opgesit ek hou nie van botter op my seekos nie dit raak maklik galserig. Dit moet Rama wees of soos in Kenya Blue ribbon
DIt is maar hoe ek dit doen. My eie beskeie mening is dat as dit nie vir die geseligheid was nie sal ek eerder Geelstert in 'n oond bak vir 20 min teen 180 C dit is maar die beste manier as dit net oor smaak gaan. Die groot vis kan jy fillet en hanteer soos enige ander vis se fillets en souse en goed maak en in 'n pan braai. Ek is net soos met my wildvleis net te lief vir die natuurlike smaak van die produk om dit te verdoesel met 10 duisend souse en planne.
henning wrote:tau wrote:Henning ek spot altyd met almal oor dit. Ek ken dit baie goed en dink steeds op varsvis is dit 'n sonde. Elke man soen sy vrou soos hy wil ek het darem 'n smily by gesit.
Tau, hoe voel jy oor die ou Kaapse tradisie van Snoek en patats.
Groete
Henning
Dit is amper soos ons familie se stamkos. My Oupa was 'n visserman sy lewe lank en nadat hy afgetree het vanaf groot fabrieks vis bote as Kaptein het hy twee snoek "skuite" gehad wat hy homself mee besig gehou het. Ek het desember vakansies die hele 6 weke by hulle gaan bly as kind en het al die hawes en vis marke ervaar van Houtbaai, Millers, Gordonsbaai, Oceana, St. Helena, Saldanha tot Lambertsbaai, hy het geglo mens eet een ete per dag uit die see ek was dus bederf en het baie tradisies by hom geleer. Soos byvoorbeeld jy het 'n stel borde net vir Galsoen, want galjoen vet trek in 'n bord in.

Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 9:39 am
by tau
Geno wrote:tau wrote:Daar is nog tyd. Begin Oktober is soms die einde en die beste deel van die seisoen. Ons is bederf om al so vroeg vis by Dassen eiland te kry.
Heel toevallig is ons van die 21ste September tot die 5de Oktober daar onder

Is reg ek wag vir jou. Gaan jou leer viskoppe en kuite eet.
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 10:19 am
by henning
Tau, ek is ook lief vir vis se natuurlike smaak maar dit is net visse soos haarder, galjoen, grunter, maasbanker en meeste van die ander visse pla my nie as daar n sous by is nie.
Ek sien jy het n goeie agtergrond op die see, ek het self 27 jaar op die see gewerk teen die SA kus.
Het jy al hoender spesery op gemsbok fillet probeer?
Groete
Henning
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 11:17 am
by tau
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 3:30 pm
by Johan Nel
Dankie dat jy jou kundigheid en ervaring met ons deel, tau.
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 3:45 pm
by tau
Johan Nel wrote:Dankie dat jy jou kundigheid en ervaring met ons deel, tau.
Jitte Oom dit is twee woorde wat niemand nog aan my gekoppel het nie

maar helse plesier. My weskus voorouers was miskien nie ryk nie, maar ek het tenminste my jodium limiete getoets.
Re: Geelstert
Posted: Wed Jul 16, 2014 3:47 pm
by Johan Nel
tau, noem my baie goed, maar asseblief nie oom nie, ek is regtig nie so oud nie.

Re: Geelstert
Posted: Thu Jul 17, 2014 8:55 am
by Chevvy SS
visse soos haarder, galjoen, grunter, maasbanker (en snoek) het darem net 'n smaak van hul eie Henning. Die ander is soos hoender; as jy nie iets oorgooi/sous bysit nie is daar geen smaak nie.
Re: Geelstert
Posted: Thu Jul 17, 2014 9:43 am
by henning
Chevvy SS wrote:visse soos haarder, galjoen, grunter, maasbanker (en snoek) het darem net 'n smaak van hul eie Henning. Die ander is soos hoender; as jy nie iets oorgooi/sous bysit nie is daar geen smaak nie.
Chevvy, ek vind dit nou snaaks as ek terug dink. Ek het vir n tyd op Trista DaCunha gewerk en daar is so baie vis en kreef met geen beperking op hoeveel je kan vang. Ek het selfs vir my hond kreef gevoer en hy het later so kieskeurig geraak dat hy sy neus op getrek het vir kreef en net sekere visse ge-eet het.
Ek verlang nou na n deepfreeze vol kreef.
Groete
Henning
Re: Geelstert
Posted: Thu Jul 17, 2014 10:35 am
by tau
Chevvy SS wrote:visse soos haarder, galjoen, grunter, maasbanker (en snoek) het darem net 'n smaak van hul eie Henning. Die ander is soos hoender; as jy nie iets oorgooi/sous bysit nie is daar geen smaak nie.
Ek dink daar is sommige vis soorte wat jy net vars eet en ander vries goed.
Gorado, Snoek en Harders moet vars wees vir my, want die verskil in smaak tussen vars en gevries is BAIE groot.
Geelstert en Longfin wat jy heel vries en nie skoonmaak nie en dan stadig ontvries en dan skoonmaak proe nie te swak nie
My een Oupa het eenjaar die Trista boot geskipper. Ek het foto's gesien waar hulle snoek vanf die rotse vang.
Re: Geelstert
Posted: Thu Jul 17, 2014 11:07 am
by Chevvy SS
Tau, ek het gevind dat indien 'n mens vis (heel en toepens) vir 'n halwe dag in water ontdooi (nie net êrens laat lê nie), dit terugkeer tot naby aan die varse wat kleur en geur betref. Doen dit gereeld met harders.
Ai, 'n vet toepens harder wat so 'n uur in growwe sout gerol wat.....
Re: Geelstert
Posted: Thu Jul 17, 2014 11:16 am
by tau
Chevvy SS wrote:Tau, ek het gevind dat indien 'n mens vis (heel en toepens) vir 'n halwe dag in water ontdooi (nie net êrens laat lê nie), dit terugkeer tot naby aan die varse wat kleur en geur betref. Doen dit gereeld met harders.
Ai, 'n vet toepens harder wat so 'n uur in growwe sout gerol wat.....
In ons garage op Yzerfontein le twee "strand nette" vir harders. My Oupa het die Plaaitjies gehad om Yzerfontein se strand te trek. My Pa se neefie het daar verdrink een nag met so trekkery. Ons het dan so 1-3 wit bakke harders op 'n goeie aand gevang en dan Harders gebraai. Mense dit was lekker.
Jy het na donker uitgeswem met die net se punt en dan agter die branders en weer terug tot op die strand dan mas die vis wat oor 'n sekere grote was. Dan moes ons die vis losmaak uit die net en in bakke gooi. My suster het een vis teruggegooi vir elke 3 wat sy gelaai het in 'n bak sy het geglo sy red dan die polulasie aanwas.
Ek het toe die plaaitjies en nette gerf in my oupa se bedoel, maar dit was in 1999 toe die nuwe wette uitgekom het en al die plaaitjies het so verval. Dit is hartseer aangesien My Oupa se broer en my Oupa dit gedoen het daar vanaf die laat sesiger jare. Ons het ook nie meer as 4 keer per jaar dit gedoen nie, so ons invloed op die populasie was weglaatbaar.
EK het so jaar terug 'n Pan harder gekry vanaf Veldrif wat die manne op die Soutpanne vang, Die vis was oor die 2kg!!!!
Re: Geelstert
Posted: Thu Jul 17, 2014 11:24 am
by Chevvy SS
Tau, het jy al 'n groot, vet springer gebraai?
Re: Geelstert
Posted: Thu Jul 17, 2014 11:32 am
by tau
Chevvy SS wrote:Tau, het jy al 'n groot, vet springer gebraai?
Nee.
Re: Geelstert
Posted: Thu Jul 17, 2014 2:18 pm
by henning
Tau dit is regtig n jammerte dat jy die plaaitjies verloor het.
Ek ry nooit verby n haarder as ek hom in die hande kan kry.
Groete
Henning
Re: Geelstert
Posted: Thu Jul 17, 2014 3:33 pm
by tau
henning wrote:Tau dit is regtig n jammerte dat jy die plaaitjies verloor het.
Ek ry nooit verby n haarder as ek hom in die hande kan kry.
Groete
Henning
Het na die post begin werk maak om weer iets te reel. Het reeds Daff gekontak
Re: Geelstert
Posted: Tue Aug 05, 2014 11:34 am
by Rappie
Baie mooi vangs Tau, bly jy het jou selfvertroue terug gekry.
Re: Geelstert
Posted: Wed Aug 27, 2014 11:18 am
by tau
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/stertjies_zps053a2259.jpg
EK het al weer vergeet van laas Sondag se visse. LAAAANG dag op die see eers teen 15:00 het die vis begin byt. Ons het Aas, jigs en later spinner gebruik om die vis diep te kry. Die size was nie so goed nie, maar lekker eet grootte.
Na die woeste storm wat die Kaap tans slaan hoop ons die vis sal weer terug gaan op surface spinners.
Re: Geelstert
Posted: Mon Apr 20, 2015 12:11 pm
by tau
Ons vis kom weer terug soos die winter nader kom en die water warmer raak. Kon darem Saterdag 6 visse uitkrap op ligte spin gerei. Vis is VREK vet en met die water wat op 11.9C is baklei hulle lekker. EK het 'n nuwe Daiwa Megaforce 8ft gebruik. Met 'n Sustain 5000 FG en 30lb braid kan jy nie die 5kg plus visse boelie nie, maar jy moet pasop vir die riwwe.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/das%202_zpsimso6dtm.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/Das%201_zpsqgygyvyx.png
Tafelberg le oop in die blou.
Het Sondag my en my suster se seuntjie saamgevat see toe. ongelukkig nie vis gekry nie, maar 'n asemrowende dag op die groot dam.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/das%205_zpsj77a5afo.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/das%203_zpsxtljhugt.jpg
Hierdie is die agterkant van Dassen eiland gewoonlik op rustige dae kan jy die spoeg van die klip sien vanaf die wal as die water hom slaan. Min dat die see by ons so rustig is.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/das%204_zpsz8jmxyze.jpg