Page 2 of 2

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 12:05 pm
by Chris Swart
Goeie M#ER.

Ek neem aan jy het op 'n stadium begin dink "...ek het nie genoeg ammo gebring nie..."

Ek wonder wat sal gebeur as jy oor so paar weke weer daar gaan roep.

Ek sal graag Bool se oppinie oor die "bedreigde" status van jakalse op daai plaas wil hoor. >:+

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 12:22 pm
by Jakkie 321
Eugene as jy weer gaan dan tel jy my op, ek sal dit graag wil beleef.

Groette

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 1:12 pm
by Eugene Vermeulen
Nee swaer patrone was genoeg kon op n stadium nettie vining genoeg die magasyn vol kry nie.
Het die aand die eerste 11 in nie eers n halfuur geskiet nie. Die plaas se jakkalse is rerig dom op die eerste stand het die jakkals so 20 m van my af gestaan toe ek die roeper gaan neersit het en hy het nie eens wegghardloop nie hy was die eerste sterfte., ek weet dit klink soos stront ,maar sou dit ook nie self geglo het as ek dit nie beleef het nie.

Beste van alles met die brass catcher wat ek gemaak het het ek nie eens een doppie verloor nie

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 1:13 pm
by Eugene Vermeulen
Is jammer ruger maak nie detachable magazine kits vir die VT gewere nie

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 2:17 pm
by tau
Eugene dit is vrek mooi. Ek aanvaar dit is Rickus van Koes se broer as ek na die foto's van die stoor kyk?

Skkonma se bestuuerder het eenaand teen die Nauklauft Park geroep met CD in bakkie se Radio toe skiet hy 14 jakkies om hom dood. Die plaas het net bees en Gemsbokke en enkele springbokke opgehad. Na 2 jaar was daar sommer weer troppe Springbokke en die laaste probleme is in die nag geskiet.

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 2:28 pm
by Louis Kriel
Daai 18 springbokke is bittereinders met soveel jakke op die grond.

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Sat Sep 06, 2014 6:49 am
by visstok
So moet n man mos die rooihonne roer! Baie geluk en goed gedoen!

Groete Alex

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Sat Sep 06, 2014 12:00 pm
by Henry 7
Dalk moet jy 'n AK met 2 50 banana clips oorweeg!

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 12, 2014 4:20 pm
by Abrie Smit
Geluk Eugene, dis iets wat nie elke dag gebeur nie. Laat weet ons wanneer jy weer daar jag en wat toe gebeur het.

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 19, 2014 7:47 am
by iceman1982
Ek is verbaas daar was nog 18 Sprinbokke oor! Ek kan nie aan n lekkerder jag dink as om 43 jakkalse in 8 ure te skiet nie. Mooi gedoen.

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Oct 02, 2014 6:43 am
by Jan-Hendrik
Hulle het dit nie gesien kom nie...yna...baie mooi gemaak

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Oct 02, 2014 6:58 am
by BRNO (Pierre)
Dit lyk eerder asof jou skoonpa met jakkies boer as springbokke. Baie goed gedoen daar!!

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Oct 02, 2014 10:15 am
by Riaan Kriel
Damn... Dis iets vreesliks!

Jy sal moet genoeg ammo vat anders gaan jy hulle moet steek met 'n mes uit selfverderdediging. Is jy seker jou geweerloop het nie te warm geword en begin buig nie ;)

Goed gedoen en sterkte vir die volgende veldslag !

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Oct 02, 2014 12:20 pm
by Chevvy SS
Dis tyd dat jy weer ry! Ons soek 'n nuwe rekord!

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Mon Oct 13, 2014 7:29 pm
by Allieman
liewe aarde dit is omtrent n wa vrag jakkies.

well done Eugene. nou kan daai springbokke darm weer asem haal.

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Mon Oct 13, 2014 8:58 pm
by Janneman
Hier is `n paar plase rondom Windhoek wat baie het.

ons het 124 in 5 jagte geskiet in Julie 2014.
Dirk my jagmater het die meeste in een aand gehad. 45.
as jy in die stoel klim sorg dat jy genoeg patrone het.

Jakkals skiet paradys!