Page 2 of 2

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Mon Aug 24, 2015 9:26 am
by Wouter Roets
Ratel

Ek het dit heel aan die begin gebruik. Moet bieg dat ek op daai staduim nie op n gereelde basis skoongemaak het nie en wanneer ek dan skoon gemaak het was daar baie koper in die loop. Robla het dan maar gesukkel en was een van die redes hoekom ek begin eksperimenteer het met ander produkte. Soos jy se moet n mens versigtig wees met die produk waar jy met hom werk. Iets wat verseker teen hom tel, want dit gebeur wel dat dit op hout of of die bleu van die staal kom. n Mens sien nie altyd dit raak tot dit te laat is nie. Ek glo wel dat dit goed werk mits n mens dit op n gereelde basis gebruik.

Die M98 werk baie goed soos vroeer gese, maar is nie in my oe die laaste se in koper verwydering nie. Weereens gebruik dit op n gereelde basis en jy sal meer as tevrede wees.

Groetnis
Wouter

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Tue Aug 25, 2015 9:39 am
by HJA
Goeie môre,

Ek het onlanks gesien ons geweer winkel op Kuruman het Wipe out.
Enige ondervinding op die produk.
Koste is so R299.

Dankie
Henk

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Tue Aug 25, 2015 10:22 am
by Dirkvh
Ek gebruik windowlene en WD40....

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Tue Aug 25, 2015 11:10 am
by Capt. Yoda
HJA wrote:Goeie môre,

Ek het onlanks gesien ons geweer winkel op Kuruman het Wipe out.
Enige ondervinding op die produk.
Koste is so R299.

Dankie
Henk

Baie goeie produk en baie skaars hier in SA. Is dit die foam?

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Tue Aug 25, 2015 11:14 am
by HJA
Kaptein,

Nee, dit is die liquid so n lang bottel. Dink dit is patch out.
So ek kan maar kry van hulle.

Groetnis
Henk

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Tue Aug 25, 2015 11:31 am
by Capt. Yoda
HJA wrote:Kaptein,

Nee, dit is die liquid so n lang bottel. Dink dit is patch out.
So ek kan maar kry van hulle.

Groetnis
Henk

Ja patch out werk ook goed, die foam is net vinniger

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Tue Aug 25, 2015 11:31 am
by James Wilson
Dit is maar al wat ek gebruik: Forrest Foam. Ek druk die pypie so diep ek kan in die kamer in tot by die lands. Dan spuit ek tot die skuim onder uitkom. Ek los dan die botteltjie netso met sy pypie in die geweer onderstebo. Het in die begin n paar toetse gedoen en elke keer die kamer met n 12 br se jag en lap skoongemaak. Het nog nooit moeilikheid gehad nie. Ek laat staan egter die geweer met die skuim in vir baie langer as wat die voorskrif sê. As ek egter die loop droog vryf maak ek dubbel seker die lap kom skoon uit

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Tue Aug 25, 2015 1:01 pm
by Geno
Capt. Oblivious wrote:
HJA wrote:Kaptein,

Nee, dit is die liquid so n lang bottel. Dink dit is patch out.
So ek kan maar kry van hulle.

Groetnis
Henk

Ja patch out werk ook goed, die foam is net vinniger
Ons het 'n order van die foam en die ander produkte in.
Sal jou laat weet as dit hier is.

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Tue Aug 25, 2015 1:14 pm
by birklec
Ek gebruik ook die Wipe Out (patch out) met die accelerator.Dit werk baie goed!

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Tue Aug 25, 2015 2:53 pm
by Tollie
Geno

Gaan julle die Forrest Bore foam verkoop?

Groete

Tollie

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Fri Jun 17, 2016 8:07 am
by Capt. Yoda
HJA wrote:Goeie môre,

Ek het onlanks gesien ons geweer winkel op Kuruman het Wipe out.
Enige ondervinding op die produk.
Koste is so R299.

Dankie
Henk
HJA wrote:Kaptein,

Nee, dit is die liquid so n lang bottel. Dink dit is patch out.
So ek kan maar kry van hulle.

Groetnis
Henk
Enige iemand onlangs n winkel gesien wat die produk verkoop?

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Sun Feb 18, 2018 6:53 am
by win270
Ek't nou weer met groot belangstelling hierdie gesprek gevolg. Gistermiddag my geweer skoongemaak met BORE TECH ELIMINATOR. Die eerste klompie lappies was omtrent blou soos wat ek koper suksesvol uit die loop verwyder het. Agterna Ballistol gebruik om die geweer te stoor.

Ek vind die "rods" wat in korter seksies is en aanmekaar gedraai moet word, nie waffers nie. Soliede rods werk strate beter.

Al die jare het ek maar geweer skoongemaak deur die betrokke lappie paar keer heen en weer deur die loop te trek, maar dit lyk my die hedendaagse aanbeveling is slegs eenrigting dws vanaf kamer se kant tot by kroon en dan lappie verwyder voordat vlg een weer opgesit word en weer begin by kamer se kant. Dis natuurlik nie moontlik as jy 'n "lever action" moet skoonmaak nie.

Hoe vind julle werk die hedendaagse sirkelvormige lappies? Ek is maar nog geneig om die ou "2 x 4" lappies te wil gebruik alhoewel mens dan presies moet weet watter lengte jy moet gebruik per kaliber.

Laastens, lyk my "bore guide" is 'n noodsaaklikheid as mens met die skoonmaakmiddels werk en nie vuiligheid in die magasynkas wil laat beland nie.

Sal graag julle opinie en/of ondervinding wil hoor oor bostaande punte.

Groetnis

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Sun Feb 18, 2018 8:45 am
by jdpretorius
win270 wrote:Ek't nou weer met groot belangstelling hierdie gesprek gevolg. Gistermiddag my geweer skoongemaak met BORE TECH ELIMINATOR. Die eerste klompie lappies was omtrent blou soos wat ek koper suksesvol uit die loop verwyder het. Agterna Ballistol gebruik om die geweer te stoor.

Ek vind die "rods" wat in korter seksies is en aanmekaar gedraai moet word, nie waffers nie. Soliede rods werk strate beter.

Al die jare het ek maar geweer skoongemaak deur die betrokke lappie paar keer heen en weer deur die loop te trek, maar dit lyk my die hedendaagse aanbeveling is slegs eenrigting dws vanaf kamer se kant tot by kroon en dan lappie verwyder voordat vlg een weer opgesit word en weer begin by kamer se kant. Dis natuurlik nie moontlik as jy 'n "lever action" moet skoonmaak nie.

Hoe vind julle werk die hedendaagse sirkelvormige lappies? Ek is maar nog geneig om die ou "2 x 4" lappies te wil gebruik alhoewel mens dan presies moet weet watter lengte jy moet gebruik per kaliber.

Laastens, lyk my "bore guide" is 'n noodsaaklikheid as mens met die skoonmaakmiddels werk en nie vuiligheid in die magasynkas wil laat beland nie.

Sal graag julle opinie en/of ondervinding wil hoor oor bostaande punte.

Groetnis
Win270, ek gebruik ook die Bore Tech soos jy hier bo beskryf en dan daar na die gewone nitrosolvent en geweer olie. Ek het vir my 'n bore guide gemaak van gewone 3/4" rooi polypropylene water pyp.
So no en dan gebruik ek ook een lappie met Bore Tech CU4.
Een van die geweersmede het ook iosso bore paste aanbeveel maar nog nie probeer nie.

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Sun Feb 18, 2018 9:12 am
by Albertdwk
Ek gebruik net bortech produkte. Proof positive rod, jags en boremops, maak ook net van die kamer se kant af skoon.

Vir lever action sal ek nog steeds van die kamer se kant af skoonmaak, gebruik net 'n cord/rope cleaning kit selfde as wat mens op AR gebruik. Werk soos 'n boresnake.

Die sikel lappies(of patches) werk uitstekend, as jy die regte size vir jou kaliber het dan loop dit soos stroop, werk vinnig veral as jy 'n loop moet inskiet. Sal nie weer iets anders gebruik nie.

Die boreguide is vir my 'n moet, een met 'n gleuf in beslis(hele paar fabrikate maak hul so boretech,lyman), help om die vloeistof maaklik in die loop te kry.

Sal ook isso bore cleaner, sharp shoot se patch-out en wipe-out accelerator.
Al die goed is 'n paar rande maar die moeite werd.

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Sun Feb 18, 2018 9:19 am
by Capt. Yoda
Julle manne darem n borescope om seker te maak die loop is skoon as die die lappie wit uit kom?

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Sun Feb 18, 2018 9:27 am
by jdpretorius
Capt. Oblivious wrote:Julle manne darem n borescope om seker te maak die loop is skoon as die die lappie wit uit kom?
Hi Cappie, nee het nie een nie so kon nog nie kyk nie. Laat my self maar so biekie aan die neus ly van ander se opinies.
Klink my jy het ervaring wat wys dit is nie so goed as wat ek dink nie ?
Het ook al gewonder oor "Ed's Red" konkoksie en of dit beter is ?

Deel biekie jou opinie en aanbevelings asb.

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: Skoonmaakmiddels

Posted: Mon Feb 19, 2018 8:20 am
by win270
Is "borescope" se gebruik meer gewild by die manne wat skietkompetisies doen en dus baie skote skiet, dalk meer as gemiddelde biltongjagter? Die funksie daarvan is egter net so noodsaaklik omdat dit jou geweerloop se toestand behoorlik uitwys.