Page 2 of 3
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Mon Dec 08, 2014 1:03 pm
by win270
Baie geluk aan die hele ekspedisie!! Dis 'n pragtige getuienis van watter juweelervarings steeds in Afrika beskikbaar is. Ek stem saam dat mens eerder so-iets wil aanpak in die "koeler" maande.
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Mon Dec 08, 2014 3:10 pm
by JAGTERSREG-JRM
Ronald en Wouter, geluk en dit klink vir my na n lekker tripie. n Man is werklik nog bevoorreg dat daar nog sulke plekke oor is en hoop ons kinders kan dit nog ervaar.....Lekker storie het dit darm baie geniet, julle manne mis die plek seker al klaar.
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Mon Dec 08, 2014 5:47 pm
by hunter74
Ronald en Wouter.
Goed gedoen manne! Dis `n groot voorreg en eer om nog sulke trips te kan doen. Soos Wouter gese het , moenie te lank wag om dit te doen nie.
Geluk op die mooi trofee. Wat weeg daai tande Ronnie?
Groete.
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Mon Dec 08, 2014 6:33 pm
by Dries101
Baie geluk julle! Dis flippin smart!
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Tue Dec 09, 2014 9:57 am
by Willie007
Kyk, ek ken nou nog nie die manne hier so goed nie, maar na ek hier gelees het, weet ek, ek is in goeie geselskap! Baie geluk julle, well done!
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Tue Dec 09, 2014 11:44 am
by Carl
Baie geluk met 'n suksesvolle jag. Bly als het goed afgeloop en die gewere en jagters het hulle werk gedoen. Mooi fotos.
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Tue Dec 09, 2014 9:40 pm
by JPS
Baie mooi storie en baie netjiese foto's.
Veels geluk Wouter en Ronald.
Wouter, soek jy olifant colgende jaar?
Groete
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Wed Dec 10, 2014 12:22 pm
by DinoF
Die stoeltjie foto is een van die beter jagfotos wat ek al onder oe gehad het. Dit moes n verskriklike lekker ondervinding gewees het. Hard met die hitte saam maar lekker. Baie Geluk.
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Thu Dec 11, 2014 9:46 pm
by Piet Breedt
Geluk manne, julle vervul baie van ons se drome. Wat n voorreg.
Wout kalmeer, ek het so hard gewerk om al my werk betyds uit te kry voor ek toemaak, ek lees nou eers die storie.
Dankie vir n baie lekker lees en vir die besonderse fotos.
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Fri Dec 12, 2014 5:55 pm
by tau
WOW!!!
Geluk Wouter en Kopskoot!!!!! Ek was al op so jag as handlanger in Oktober maand in die Okavango en dit is nie maklik as dit warm raak en jy stap nie.
Dankie vir die deel.
p.s: vat volgendekeer 'n 7mm Rem Mag saam as daai buffels nie wil val nie.
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Sun Dec 14, 2014 11:02 am
by tripodmvr
Het uitgevind hierdie storie is onder 'n skuilnaam geskryf - nou word ons blameer vir 'n gebrek aan belangstelling. "Wouter se jag in Moz" sou dadelik my aandag gekry het.
Ek is in elk geval so deur jaloesie oorval dat ek nie verder WIL lees nie. Ek weet net ek sou so trippie ook geniet het.
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Sun Dec 21, 2014 9:39 pm
by Marc
Ha Oom Marius, ek is met dieslefde slinkse truuk gevang, nogals gewonder hoekom Rowland dit net op Vleisboek gepos het en nie hier nie
Baie geluk manne, dit moes n belewenis gewees het....daai foto met die dubbel teen die Grootvoet se wang is besonders.
Wout jy se jy trap sommer twee Dagga Boys met een trip, stukkend bederf se ek jou ! en wat 'n vooreg om sulke ou manne met tonne karakter te kon raak loop....ek sal n nier skenk vir so jag....
Dankie vir die deel manne en jammer ek kom nou eers by, dis die silly season hier by my, ons probeer mos maar die stukkies optel en almal heel hou vir hulle families oor die Feestyd.
Mooi loop Maats
Re: In Hemmingway se spore Deel II
Posted: Tue Dec 30, 2014 10:43 am
by AFRICAN LEADWOOD
Ek het self die gemis. Die naam van die draad het my om die bos gelei!
Baie geluk. Dit klink na 'n belewenis.
Wat vir my baie indrukwekkend was is die ourderdom van die buffels. Ek sal nie self waag om te skat nie maar kyk hoe lekker afgeslyt ("broomed-off") is die horings. Dit is ware ou manne daai.
Re: In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz
Posted: Fri Jan 02, 2015 9:52 am
by Spanner
Geluk kêrels, ek het ook die storie gemis. Nou eers raak gelees, en ek kriewel in my stoel terwyl ek dit ervaar.
Puik manne, puik !
Blixim, ek sal dit ook graag wil doen ...
Re: In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz
Posted: Fri Jan 02, 2015 12:20 pm
by NicoO
Baie geluk manne, wat n voorreg en belewenis!!!!
Re: In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz
Posted: Tue Dec 01, 2015 3:07 pm
by kopskoot
Vandag presies 'n jaar terug, was ek en Wouter hard aan die jag. Ai hoe verlang ek nou terug,hier agter my keyboard.
Jammer vir die duplikate, maar hier is 'n paar foto's wat skitterende herhinneringe bring!
Wouter se tweede ,'n monster!
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/DSC_0308_zpsadc3z79t.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/DSC_0324_zpsrexjs4kq.jpg
Die opgewondenheid kry soms die oorhand!
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/DSCN0246_zpsxfbck8av.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/DSCN0244_zpskqlfwsun.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/L1030408_zpsutwmoaqu.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/DSCN0233_zpskuhitp74.jpg
Magical sunsets op die Save rivier
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/DSCN0231_zpsqb7nprmw.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/DSCN0218_zpsudjbcq0p.jpg
Wouter se eerste
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/C4D59745-0548-4911-BCF7-1930006E5B82_zpsofio7tgo.jpg
So moet 'n drie skoot groepering lyk, uit Wout se 505 Gibbs
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/DSCN0196_zps9def4abc.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/L1030286_zps0d4b1cd9.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/L1030281_zps49812f79.jpg
Wout se twee prag trofees
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/DSC_0402_zps54952e78.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/45CB7BFA-8F1D-41FA-ACD3-89A7BE1ACF04_zpsxprlj3xl.jpg
Die recovered koeel, 750gr Woodleigh FMJ
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/2303969F-2052-4096-8665-A2581F260F92_zpsifevdwed.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/3838FA50-486E-4B09-85B9-C49FF2400EDF_zpsibqzseeu.jpg
Re: In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz
Posted: Tue Dec 01, 2015 3:32 pm
by Koos Barnard
Dankie vir die plaas van die pragtige foto's. Moet sê, ek hou baie van jag, maar sulke opgewondenheid het ek lanklaas ervaar, ha-ha!!!! (dit het niks met my ouderdom te doen nie).
Mooi loop
Re: In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz
Posted: Tue Dec 01, 2015 4:18 pm
by JAGTERSREG-JRM
Ronald
Dankie vir die deel, so n ervaring bly n man lank by en glo nie n man kan dit werklik in woorde omsit nie. Die natuur is altyd n voorreg en eer.
Re: In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz
Posted: Tue Dec 01, 2015 4:43 pm
by Rudiejacobs
Nee maar baie dankie vir die deel, ek sal seker nou maar my huis moet verkoop om ook so n trip te kan doen.
Kyk ek het nog altyd oor n ollie gewonder, nou weet ek, ollie wil ek skiet!
Baie baie geluk manne!
Re: In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz
Posted: Wed Dec 02, 2015 8:57 am
by tau
Ronald nou hoekom kry ons nie deel drie nie?
Vrek mooi kiekies en lyk soos mooi area daardie. Hoekom skiet Wout 3 skote?? Het hy nou weer QL se node gemis?
Re: In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz
Posted: Wed Dec 02, 2015 9:01 am
by Koos Barnard
Tau
Wie was nou weer die ou wat so baie skote op die blouwildebees geskiet het met die .375 Ruger. Was hy nie 'n John of so iets nie? He-he!
Re: In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz
Posted: Wed Dec 02, 2015 9:04 am
by kopskoot
tau wrote:
Hoekom skiet Wout 3 skote?? Het hy nou weer QL se node gemis?
Na hy my so opgewonde gesien het daar in die droee rivier loop, was hy effe onrustig met my agter hom. Die dat sy konsentrasie effe af was

Re: In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz
Posted: Wed Dec 02, 2015 9:06 am
by Capt. Yoda
Mens kani glo n jaar gaan so vinnig verby nie
Re: In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz
Posted: Wed Dec 02, 2015 9:27 am
by tau
Koos Barnard wrote:Tau
Wie was nou weer die ou wat so baie skote op die blouwildebees geskiet het met die .375 Ruger. Was hy nie 'n John of so iets nie? He-he!
Maar hy is 'n Natuurbewaarder van beroep gewees en hou nie daarvan om te sien hoe diere lei nie.....
Re: In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz
Posted: Wed Dec 02, 2015 3:06 pm
by Wouter Roets
Ai Ronna
Kan jy glo dit is al n jaar terug! Het nie n clue gehad wat jy met jou WA boodskap bedoel het nie, maar nou sien ek darem vir myself waarmee jy besig was. Dit sou darem nou werklik great gewees het as ons nou foto's van hoofstuk drie hier kon plaas. Ai die Loyd as hy dit net so in die broek kon hou soos daai foto van jou dit so mooi wys.

Ronna, volgende jaar ou maat, volgende jaar!
Groetnis
Wout