Page 2 of 2
Re: KD
Posted: Thu Feb 26, 2015 7:22 pm
by Silent Hunting
Leon Crous wrote:Agge nee man Henk!
Jy moet darem die res van ons "werkende"

manne ook 'n kans gee.
Dalk een aand so enetjie opsit.
Laat weet my asb net voor die tyd, anders gaan ek nou elke aand met my laptoppie bad,eet,tv kyk en slaap.
Great gebaar, maar ek moet sê dis eintlik onnodig want jou KD's verkoop in elk geval soos soet koek agv gehalte,prys,ens,ens.
Groete,
Leon.
Leon,
Ek het so 2 of 3 lyne gelees op daai "Pay it Forward" topic. Toe besluit ek maar om die luim bietjie te lig...
Sal beslis weer so iets doen.
Groete,
Henk
Re: KD
Posted: Thu Feb 26, 2015 7:33 pm
by Sarel
Jy het my dag,week,maand gemaak!!

Re: KD
Posted: Thu Feb 26, 2015 7:46 pm
by Jake1
Henk, dit is met goeie diens wat jy so baie aanhangers hier op die forum het, en glo my ek sien almal hier ek inkluis beveel jou aan as dit kom by knaldempers, ek sien op ander oorde bemark jaracal lede jou ook baie goed. Met n oop kan mens ontvang ook, mooi gebaar.
Re: KD
Posted: Thu Feb 26, 2015 10:49 pm
by Smous v.d. Vyver
Geno kan ek miskien dien as die instansie?
Re: KD
Posted: Fri Feb 27, 2015 7:48 am
by bishop3006
Great gebaar! Net jammer die timing suck!

Re: KD
Posted: Tue May 05, 2015 3:15 pm
by Musgrave
Silent Hunting wrote:Greyghost, Musgrave en Ludwig: Sal vir julle 3 gee teen 50% as julle belangstel.
Ek was half verleë, maar kon nie hierdie aanbod van die hand wys nie. Dit het toe sommer ook op `n manier as my "Huntex special" getel, want Henk was gedurende die Huntex-naweek in Pretoria en het my kd saamgebring.
Ek gaan dit op my .25-06 laat sit sodra ek weer kan skiet ná my skoueroperasie.
Weereens dankie, Henk.