Nogal nie. Ek is op 'n paar forums waar sulke ekslusiewe afdelings is. Almal gaan aan asof dit niks vreemd is nie.Johan Nel wrote:Die element van uitsluiting of eksklusiewe toelating het ongelukkig die potensiaal om skeiding en verdagmaking ook tot gevolg te hê. Dit kan nadele vir die forum hê op die lang termyn.
Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
- Geno
- Administrator

- Posts: 13645
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Goed, beter, 6millimeter!
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
+1Gromit wrote:Manne. Ek stem saam. Ek is nie n jakkals jagter nie en het nog nooit n sinvlooe bydrae gemaak oor ernstiige jakkals skiet nie. Ja ek gaan mis om sekere onderwerpe te lees maar verstaan en steun die Adminstrateurs hierin.
Die ernstige jakkals jagters raak geirreteerd met die sinnelose stryerye wat die doel van hul gesprek omverwerp.
Gaan voort mannne
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
+1Gromit wrote:Manne. Ek stem saam. Ek is nie n jakkals jagter nie en het nog nooit n sinvlooe bydrae gemaak oor ernstiige jakkals skiet nie. Ja ek gaan mis om sekere onderwerpe te lees maar verstaan en steun die Adminstrateurs hierin.
Die ernstige jakkals jagters raak geirreteerd met die sinnelose stryerye wat die doel van hul gesprek omverwerp.
Gaan voort mannne
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Ek het groot begrip vir die redes vir die afskyding. Ek het self al gewaarsku op van die threads oor "ammo" wat vir die greenies gegee word. Baie kere word foto's geplaas wat "ontstellende beeldmateriaal" bevat. Die ware storie word egter nie vertel nie....
Net so ook word "jagverhale" vertel op 'n tong-in-die-kies wyse en word die waarheid effe verrek vir die goeie-storie effek. Dit word dan as die waarheid en die norm van alle jagters/jakkalsjagters verkondig.
Dus hou dit geslote en op 'n "invitation only" basis. Ek sou ook net graag 'n uitnodiging wou ontvang

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Stem 100% saam met die skeiding dit sal nie nadelig wees vir die forum nie. JAKKALS jag is juis die manne se brood en botter.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
More
Mag ek asb toegang kry?
Smirre
Mag ek asb toegang kry?
Smirre
-
Jonie
- Full Member

- Posts: 229
- Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Manne
Ek stem nie heeltemal saam nie, ek glo dat ons ons saak op n wetenskaplike manier kan verdedig en hoef geensins en moet ook glad nie vir greenies of bool agteruit staan nie, dis n belangrike werk wat die manne verrig en niks daaarmee verkeerd nie, ons behoort nie goed weg te steek nie, veral nie syfers wat wetenskaplike bewyse van getalle ens is nie.
Ja ek stem hou die lelike fotos weg en moet nie STORIES laai nie , maar feite, maar as hierdie groep nou so eksklusief raak , hoe leer ons die jonges as hulle nie in ons ervarings kan deel nie?
Ons as Jagters/skieters het te veel in die verlede terug gestaan as ons aangevat word deur greenies , juis omdat ons nie feite gehad het om mee te praat nie, bemagtig jouself oor alles in die wild en skietbedryf en doen dit reg en niemand hoef vir n greenie of bool agteruit te staan nie, jy sal hom /haar eerder laat terugstaan as jy jou feite ken.
As mens doen wat reg is hoef jy nie dinge weg te steek nie.
Groete

.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Lees jy die Jakkals jag onderwerpe?
Lees jy die Jakkals jag onderwerpe?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Jonie
- Full Member

- Posts: 229
- Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Carl
Nie gereeld nie.
Groete
Jonie
Nie gereeld nie.
Groete
Jonie
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Dan is dit mos nie 'n probleem nie
Of is jy een van die kinders wat nou in die kas wil kyk? 
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Francois Hugo
- Full Member

- Posts: 154
- Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Goeie dag almal,
Die onderwerp lyk my het darem weer die jakkals jagters op die forum!!!
Ek dink as jagter en spesifiek jakkals jagter, dat die onderwerp eerder met beperkte leser getalle behou moet word. Die rede - Ek bly in die platteland en besef gereeld watter skade ons doen met dinge soos foto's, getalle opper met jakkals jagte aan die publiek en dan natuurlik die gehang van probleem diere aan drade en plaas by hekke ensovoorts.
Die meeste mense raak erg emosioneel in die verband en verstaan glad nie die stryd om oorlewing, eerstens van die lammers, kalwers, wild ensovoorts nie, DAN praat ek nie eers van die arme "besigheids" persone wat 'n lewe probeer maak uit vee/wildboerery nie.
Die ander probleem wat vir my nogal pla is dat jakkalsjag so effe van 'n "adrenalien" sport is en as jy op die verkeerde tyd en deur verkeerde persone blootgestel word, dit 'n heerlike "ontsnapping" word, wat BAIE skade veroorsaak op die end as dit nie reg aangepak word nie.
Die forum probeer in elke geval vandat ek daaraan behoort die verantwoordelikheid van ons as jagters - jakkalsjagter ingesluit in pespektief plaas ten opsigte van die "eksplisiete" gedeeltes daarvan, soos foto's en getalle ensovoorts.
Maar...
Vir my as jakkalsjagter is dit belangrik om wel sekere van die foto's, videos en getalle te hoor en te sien, want dit help met die leerproses om seker te maak, jy doen die jag van jakkalse korrek. - Die getalle aspek moet ek erken steur ek my nie aan nie, want dit is nie "nodig" om die leerproses beter te maak nie, maar tog leer mens daaruit, dat in sekere gebiede op sekere tye die jakkalsbevolking die hef in die hand het en dat daar wel iets aangedoen word, of die man las 'n stukkie by van wat hy gedoen het gedurende die jagtog wat werk ensovoorts.
So na 'n lang relaas....... dink ek dat die klas van inligting - foto's, getalle en video's eerder op 'n kontroleerde wyse beheer en gesien moet kan word, sodoende beperk die forum die skade na buite en leer die persone wat wel belang het met probleemdier beheer op 'n wyse wat nie vir ander persone aanstoot gee nie.
My 2c vir wat dit werd is..
PS: As die forum nou 'n opsie het om slegs die "probleem dier" seksie appart te wys vir die lede wat daartoe behoort, sal dit nogal baie tyd spaar op die forum - dis nou die nuwe onderwerpe wat ek nog nie gesien het
nie!!!
Groete uit die Namakwaland...
Francois Hugo

Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Geno,Geno wrote:Nogal nie. Ek is op 'n paar forums waar sulke eksklusiewe afdelings is. Almal gaan aan asof dit niks vreemd is nie.Johan Nel wrote:Die element van uitsluiting of eksklusiewe toelating het ongelukkig die potensiaal om skeiding en verdagmaking ook tot gevolg te hê. Dit kan nadele vir die forum hê op die lang termyn.
Wat die volg van die betrokke draad betref, is dit een wat ek nogal getrou gevolg het. Ek het wel nie daar gepraat nie, want ek jag nie die ongediertes nie. Dit het verseker my opinie gunstig beïnvloed tot die praktyke, want ek het voorheen nie gedink dis so vars nie. Ek is spyt dat ek dit nie meer sal kan volg nie, "so be it." Indien julle die vermoë het om forum lede se aktiwiteite op die forum na te gaan, sal jy wel die waarheid daarvan kan nagaan. Ek laat die saak nou daar.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
jonie ek kan nie met jou saamstem nie.ons skaapboere se produkte word wereldwyd geboikot oor onnodige klomp fotos van jakkalse wat die rondte doen.daarmee se ek nie ons moet vir greenies terugstaan nie maar hulle sanksies het verseker n nadelige uitwerking op ons produk.onthou die verbruiker het nie n saak hoeveel lammers of wild deur jakke gevang word nie.hulle sien mense wat jakkalse doodmaak as gruwelik.so plaas daarvoor dat ons dit in hulle gesigte gooi hou ons dit nou tussen mekaar.daar is ook dan prof jak jagters wat hul self moet adverteer met dooie jak fotos,so waar trek jy die streep?ekt baie kwaai vriende gemaak met hierdie redenasie van my maar dis die feite.ek verwelkom hierdie geslote groep,ekt my sin in die opsig gekry.(al was dit nie my idee nie)Jonie wrote:Manne
Ek stem nie heeltemal saam nie, ek glo dat ons ons saak op n wetenskaplike manier kan verdedig en hoef geensins en moet ook glad nie vir greenies of bool agteruit staan nie, dis n belangrike werk wat die manne verrig en niks daaarmee verkeerd nie, ons behoort nie goed weg te steek nie, veral nie syfers wat wetenskaplike bewyse van getalle ens is nie.
Ja ek stem hou die lelike fotos weg en moet nie STORIES laai nie , maar feite, maar as hierdie groep nou so eksklusief raak , hoe leer ons die jonges as hulle nie in ons ervarings kan deel nie?
Ons as Jagters/skieters het te veel in die verlede terug gestaan as ons aangevat word deur greenies , juis omdat ons nie feite gehad het om mee te praat nie, bemagtig jouself oor alles in die wild en skietbedryf en doen dit reg en niemand hoef vir n greenie of bool agteruit te staan nie, jy sal hom /haar eerder laat terugstaan as jy jou feite ken.
As mens doen wat reg is hoef jy nie dinge weg te steek nie.
Groete
Jonie
-
Jonie
- Full Member

- Posts: 229
- Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Menere
Almal hier maak goeie punte ek glo wel dat ons genoeg in die verlede ongegrond aangeval was deur greenies wat een slegte foto neem en dit uit verband uitruk , maar ek glo ook daar is baie goeie fotos en feite wat ons kan gebruik om ons teen hierdie persone te beskerm , ons moet onsself bemagtig deur genoeg en goeie inligting te he.
Dit gese ek besef ook dat al plaas mens partykeer iets met die beste bedoelings of fieite sal en kan dit verdraai word. So ja ons moet onsself beskerm , maar ons moet dit ook doen op n manier wat wys ons sal ons nie meer laat intimideer nie en ons sal ons regte verdedig met feite, en ons gaan nie wegkruip vir ons beroep of liefde vir jag nie.
Ek is n outfitter en professionele jagter en kry net so baie teenkanting van greenies en bool as die manne wat n lewe maak uit jakkals jag, so ek verstaan waar hulle vandaan kom, maar ek weier om terug te staan , en sal nie toelaat dat my beroep wat n eerbare beroep is deur mense aangeval word sonder dat ek teenkanting verskaf nie.
Menere hierdie is nie n ek reg ander is verkeerd nie, ek gee slegs my opinie uit n ander perspektief , as die manne wil voortgaan om dit so te doen is dit geen probleem vir my nie dis tog hulle voorreg om dit te doen, Jaracal het baie en interresante leesstof wat ons almal geniet.
Ek gun al die manne wat n gesamentlike behoefte het om n alleen gesprek te he daai voorreg, al stem ek nie 100% saam nie.
Groete
Jonie
Almal hier maak goeie punte ek glo wel dat ons genoeg in die verlede ongegrond aangeval was deur greenies wat een slegte foto neem en dit uit verband uitruk , maar ek glo ook daar is baie goeie fotos en feite wat ons kan gebruik om ons teen hierdie persone te beskerm , ons moet onsself bemagtig deur genoeg en goeie inligting te he.
Dit gese ek besef ook dat al plaas mens partykeer iets met die beste bedoelings of fieite sal en kan dit verdraai word. So ja ons moet onsself beskerm , maar ons moet dit ook doen op n manier wat wys ons sal ons nie meer laat intimideer nie en ons sal ons regte verdedig met feite, en ons gaan nie wegkruip vir ons beroep of liefde vir jag nie.
Ek is n outfitter en professionele jagter en kry net so baie teenkanting van greenies en bool as die manne wat n lewe maak uit jakkals jag, so ek verstaan waar hulle vandaan kom, maar ek weier om terug te staan , en sal nie toelaat dat my beroep wat n eerbare beroep is deur mense aangeval word sonder dat ek teenkanting verskaf nie.
Menere hierdie is nie n ek reg ander is verkeerd nie, ek gee slegs my opinie uit n ander perspektief , as die manne wil voortgaan om dit so te doen is dit geen probleem vir my nie dis tog hulle voorreg om dit te doen, Jaracal het baie en interresante leesstof wat ons almal geniet.
Ek gun al die manne wat n gesamentlike behoefte het om n alleen gesprek te he daai voorreg, al stem ek nie 100% saam nie.
Groete
Jonie
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
die probleem is greenies het nie n saak met feite of statistieke nie.ek weet nie of jy al op landmark se site was nie,daars fotos van dooie jakkalse en luiperd,maar jy kan nie n foto van n verminkte skaap of bok daar opsit nie.dis hoe die publiek mislei wordJonie wrote:Menere
Almal hier maak goeie punte ek glo wel dat ons genoeg in die verlede ongegrond aangeval was deur greenies wat een slegte foto neem en dit uit verband uitruk , maar ek glo ook daar is baie goeie fotos en feite wat ons kan gebruik om ons teen hierdie persone te beskerm , ons moet onsself bemagtig deur genoeg en goeie inligting te he.
Dit gese ek besef ook dat al plaas mens partykeer iets met die beste bedoelings of fieite sal en kan dit verdraai word. So ja ons moet onsself beskerm , maar ons moet dit ook doen op n manier wat wys ons sal ons nie meer laat intimideer nie en ons sal ons regte verdedig met feite, en ons gaan nie wegkruip vir ons beroep of liefde vir jag nie.
Ek is n outfitter en professionele jagter en kry net so baie teenkanting van greenies en bool as die manne wat n lewe maak uit jakkals jag, so ek verstaan waar hulle vandaan kom, maar ek weier om terug te staan , en sal nie toelaat dat my beroep wat n eerbare beroep is deur mense aangeval word sonder dat ek teenkanting verskaf nie.
Menere hierdie is nie n ek reg ander is verkeerd nie, ek gee slegs my opinie uit n ander perspektief , as die manne wil voortgaan om dit so te doen is dit geen probleem vir my nie dis tog hulle voorreg om dit te doen, Jaracal het baie en interresante leesstof wat ons almal geniet.
Ek gun al die manne wat n gesamentlike behoefte het om n alleen gesprek te he daai voorreg, al stem ek nie 100% saam nie.
Groete
Jonie
-
rikus
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Sun Mar 03, 2013 3:20 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Naand
Ek wil net weet wanner word jy as n ernstig jakkalsjagter geklas
of erkende jakkalsjagter
Is dit oor hoeveel jy keer jy vrae vra of wat
Ek wil net weet wanner word jy as n ernstig jakkalsjagter geklas
of erkende jakkalsjagter
Is dit oor hoeveel jy keer jy vrae vra of wat
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Dit gaan oor wie jy ken en nie wat jy weet nie 
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Ek gaan seker op tone trap hierso, maak kom ons vat 'n paar voorbeelde:rikus wrote:Naand
Ek wil net weet wanner word jy as n ernstig jakkalsjagter geklas
of erkende jakkalsjagter
Is dit oor hoeveel jy keer jy vrae vra of wat
Die manne wat dit doen vir inkomste, primêr of sekondêr.
Die manne wat dit op eie plase en buurplase doen,, gesiende uit probleemdier beheer oogpunt
Die manne wat dit doen as deel van sy jag "repertoire", en dit net so ernstig opneem soos die eersgenoemdes.
Manne wat nagte deursit met positiewe "speenperentasie" as eindgoal...
Die bogenoemde sien ek as ernstige jak jagters
Die manne vat dit saam met pelle op die bakkie doen voor hulle loop braai
Die manne wat 11uur huis toe ry want dis effe koud
Die manne wat dit doen sonder enige regte inagneming van die boer of grondeienaar
Die manne wat dit interesant vind en dit nou en dan oor gesels
Die manne wat dit gaan "try" sonder enige kennis daaroor
Die bogenoemdes sien ek as nie ernstige jakkals jagters
Daar mag met my verskil, maar dis hoe ek dit sien...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Ek het die meer in detail gesprekke baie geniet van hoe om wanneer te roep, watter toerusting die kenners hier gebruik, om ook te sien in watter areas sukkel ouens erg met die ongediertes. Die probleem is dat meeste van laasgenoemde gesprekke gaan plaasvind agter geslote deure...... Die rede hoekom ek dit interessant vind is omdat ek soveel inligting as moontlik wil inwin voor ek 100% ook gaan inklim, navorsing is vir my belangrik.
Die feit dat iemand n dom opmerking gaan maak op n nuwe post oor teleskoop of afstand vir nagjag gebeur op enige draad, ek het al baie keer n onderwerp begin om inligting te kry of iets te deel dan kom n poep@l en maak n dom comment of skaak die onderwerp, al wat mens kan doen is om dit te hanteer, hoekom moet ongedierte jag spesifiek dan in hierdie opsig voorkeur geniet agter geslote deure......?
Ek stem 100% saam dat
1) Getalle geskiet nie vir almal se ore moet wees nie.
2) Fotos van dooie jakkalse nie vir almal se oë is nie.
Hoekom is daar in die eerste plek dan nie net n reel gemaak dat slegs getalle en fotos geslote moet gerapporteer word nie, let wel slegs bogenoemde, anders ontaard dit ook in n gesprek net van n handjie uitgesoektes.
Die alternatief is om moontlik ook ander geinteresseerde lede in ongedierte beheer wat nie aan die streng "keuringsvereistes" voldoen nie makliker toegang te gee, die wat julle weet nie greenies is en vir Bool werk nie.
Die ander voor die hand liggende rede is dat ek voel dat daar geen skeiding van lede op die forum moet wees nie, geen onderskeid nie. Julle ouens begin nou afstig soos ons volkie nou al te veel gedoen het in die verlede.......
........niks staan mos in niemand se pad om n geslote forum elders te gaan stig wat niks met hierdie forum uit te waai het nie, waar ouens nie dom vrae gaan vra nie.
Moet my nie stenig nie asseblief, ek is nie al ou wat so voel nie, en ek belowe ek werk nie undercover vir enige greenie organisasie nie
Die feit dat iemand n dom opmerking gaan maak op n nuwe post oor teleskoop of afstand vir nagjag gebeur op enige draad, ek het al baie keer n onderwerp begin om inligting te kry of iets te deel dan kom n poep@l en maak n dom comment of skaak die onderwerp, al wat mens kan doen is om dit te hanteer, hoekom moet ongedierte jag spesifiek dan in hierdie opsig voorkeur geniet agter geslote deure......?
Ek stem 100% saam dat
1) Getalle geskiet nie vir almal se ore moet wees nie.
2) Fotos van dooie jakkalse nie vir almal se oë is nie.
Hoekom is daar in die eerste plek dan nie net n reel gemaak dat slegs getalle en fotos geslote moet gerapporteer word nie, let wel slegs bogenoemde, anders ontaard dit ook in n gesprek net van n handjie uitgesoektes.
Die alternatief is om moontlik ook ander geinteresseerde lede in ongedierte beheer wat nie aan die streng "keuringsvereistes" voldoen nie makliker toegang te gee, die wat julle weet nie greenies is en vir Bool werk nie.
Die ander voor die hand liggende rede is dat ek voel dat daar geen skeiding van lede op die forum moet wees nie, geen onderskeid nie. Julle ouens begin nou afstig soos ons volkie nou al te veel gedoen het in die verlede.......
Moet my nie stenig nie asseblief, ek is nie al ou wat so voel nie, en ek belowe ek werk nie undercover vir enige greenie organisasie nie
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Veeboerdery is ons brood en botter,as bool en sy maatjies genoeg skietgoed het en hulle sin kan kry beteken dit dit dat ons geen ongediertes mag skiet nie en worst case scenario boikot hulle ons vleis. As dit gebeur sit ons veeboere met ons vingers in ons gatte terwyl meeste ander net kan aangaan met wat ook al hulle beroep is so dan is dit seker nie so onredelik as jy dit uit ons oogpunt sien nie?
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Henry ek het geen probleem met die verskuiwing van daardie gedeelte nie.
Maar wat die vleis aanbetref - dis nie net vir boikot nie! Makliker gese as gedaan!.
Dat die groenes sal krap en die lewe moeilik maak twyfel ek geensins.
My gevoel is egter dat ons as boere nie genoeg standpunt inneem nie en te veel keer toelaat dat ons geboelie word.

375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B

- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Ouens, nerens in die lewe kan enigiemand te alle tye toegang tot alles he nie. Selfs die Prez van hierdie land sal 'n hofbevel moet kry as hy sekere goed omtrent elkeen van ons wil uitvind. Kan jy by jou werkgewer se HR-afdeling instap en begin na mense se leggers kyk?
Sommige van julle besef nie hoe gevaarlik die propaganda van mense soos Bool is nie. Dit sal uiters dom van Jaracal wees om ernstige jakkalsjagbesprekings op 'n oop forum toe te laat en Bool-hulle ongehinderde toegang tot daai "intel" tee gee.
En diegene wat wil beweer dat ons "hulle met wetenskaplike argumente kan aanvat": julle het nie 'n benul van hoe die media en propaganda werk nie. Vra my, ek werk in die media.
Al wat jy nodig het, is vir Bool en Kie om 'n paar pelle by 'n koerant/tv-kanaal te he (glo my, meeste media-tipes is greenies) en hulle gereeld met snert te voer. Daarna is daar eensydige, emosionele beeldmateriaal wat jakkalsjagters na moordenaars laat lyk. En as daar genoeg "openbare" druk is (m.a.w. mense wat niks van jakkalse en hulle vernietigende werk verstaan nie), is daar kort voor lank 'n verbod op die jag van hierdie ongediertes.
Glo my, julle almal saam het nie die geld wat dit sal kos om daai propaganda te counter as dit eers spoed opgetel het nie.
In die weermag was daar 'n gesegde: "Los praatjies kos lewens". Dit gaan hier oor vertroulikheid en sekerheid. So as jy nie 'n bona fide jakkalsjagter is nie, maak vrede daarmee en geniet die ander 99% waardevolle inligting op Jaracal.
Sommige kwessies is groter en belangriker as ons eie voorkeure.

- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Van waar hierdie forum begin het en waarin dit gegroei het is wonderlik vir ouens soos ek wat nog so baie het om te leer oor jag, skiet, herlaai, ens ens ens. Ek het nie hier beland agv jakkalse nie. Ek kan dink dat die ernstige jakkalsjagters wat hierdie forum begin het al hoe minder waarde hieruit geput het.
Dus kon een van twee dinge gebeur:
1) Hulle kontak mekaar via selfoon/epos en begin 'n heel nuwe forum waarvan niemand anders weet nie, of
2) Besluit om op jaraacal te bly maar om 'n ekstra afdeling by te sit spesifiek vir hulle doel.
Ek vir een is bly dat hul roete 2 gegaan het, want daar is baie kennis wat so steeds deur die gewone jaracal-topics oor jag en herlaai ens scan en waardevolle bydraes lewer waar hul kan.

FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/IMG-20141211-WA0015_zpse699d66d.jpg
Kla die mense nogsteeds hieroor?
Kla die mense nogsteeds hieroor?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.