Page 2 of 2

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Tue Jul 14, 2015 7:04 pm
by Tertius Steyn
hechtersa wrote:Binne in die dop onder is n harde plastiek rand. Die wads wat mens te koop kry is baie langer is die oorspronklike wad in die patroon. As ek die wad in die dop druk stan hy bo die patroon uit.
het jy al getry hom indruk met die press? Die middelste pypie waar die kruit/ lood uitkom? Ekt altyd nadat ek kruit gegooi het die wad ingesit, weer die lever laat sak, en dan die shot ingegooi.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Tue Jul 14, 2015 8:32 pm
by Pappabeer
N paar tips.

Die Loadall is vir 67&70mm plastiek doppe met n 6-groef sterkrimp
65mm werk ook, maar kort soms n shim onder die dop vir die laaste stap.
'n 10C stuk werk goed hiervoor.
Pluisies se grootte verskil, maar meeste is min of meer ewe lank, met die spacer deel tussen in wat verskil in lengte om op te maak vir n langer of korter cup. Bv. 28g, 32g etc.

As jy jou Loadall op n plank of platform van soorte monteer, sit n hout blokkie onder die holte regs, maw waar die laaste 2 krimp stappe gebeur. Dit voorkom dat die plastiek meegee onder die druk, en jou haeldop mooi krimp, en tweedens dat sy brass kop deel nie konveks uitbult nie.

Maak ook seker dat jy die brass deel size om te voorkom dat dit te styf in die kamer ingaan.

Europese en Amerikaanse slagdoppies en doppe is baie keer nie versoenbaar nie. Ek onthou bv Rio doppe was te groot vir CCI slagdoppies.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Tue Jul 14, 2015 8:36 pm
by Tertius Steyn
Pappabeer wrote:N paar tips.

Naands Pappabeer, weet jy dalk wat Cci op Elley doppe maak? En thanx vir die tip, gaan dit op my stel gebruik. :laugh:

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Tue Jul 14, 2015 9:26 pm
by GvA
Tertius CTSA het n lekker kleiklub op Glentana. Daar is hordes doppe.Naby julle boer Hardus Erasmus. Hy skiet graag haelgeweer.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Tue Jul 14, 2015 9:28 pm
by Pappabeer
Geen idee nie. Ek het baie lanklaas vir die haelgewere herlaai. Druk maar n paar se primers uit en kyk.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Tue Jul 14, 2015 9:42 pm
by Tertius Steyn
GvA wrote:Tertius CTSA het n lekker kleiklub op Glentana. Daar is hordes doppe.Naby julle boer Hardus Erasmus. Hy skiet graag haelgeweer.
Jis weet jy presies waar buite Riversdal hy bly? Dalk is hy lid van die langeberg skiet klub of SJB?

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Thu Jan 21, 2016 2:06 pm
by wallas
hael doppe herlaai gan saam met baie uitsoek

Haelgeweer doppe

Posted: Thu Jan 21, 2016 3:31 pm
by Rudi Fischer
Alle europese Doppe werk nie met amerikanse primers nie en anders om.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Fri Jan 20, 2017 10:55 am
by boepensie
Dagsê Manne

Interesant dat die S&B doppe ook nie werk of lekker werk op die LEE Press nie, ek gebruik 'n Pacific/Hornaddy 366 loader en die S&B werk net saam nie. Die metaal is bitter hard en selfs die plastiek van die hull is ook baie hard en krimp nie so lekker nie.

Ek het al die S&B doppe uit gegooi.

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Sun Jan 29, 2017 11:55 am
by Viking
Tertius Steyn wrote:
Pappabeer wrote:Tersius, die Load all het n paar truuks aan hom. Ek het baie met een gelaai, en doen nog elke nou en dan. Gee my n lui dat jy nie weer die wiel hoef uit te vind nie. 0829052620
Goeie more Dewald Sal so maak. Het hom vir lekker goedkoop gekry. Met n toe blikkie 100 swartklip Primers. Hy kort net daai rooi goedjies wat jy in die slide sit vir verskillende ladings en shots. Hy is huidiglik opgestel vir 1 1/2 met 168 op die kruit hopper.
Hi Tertius
Het jy reggekom met die"rooi goedjies"...hier by my le n volledige stel bushings - nog nuut - as jy belangstel.

Dis in die Paarl

Viking

Re: Haelgeweer doppe

Posted: Sat Jul 15, 2017 2:21 pm
by Reijger
Hi tertius. As jy 'n Saterdag wil deur ry George toe na die kleiduif klub kan jy dromme doppe kry ons gooi maar weg. Dink klub sal nou eerskomende Saterdag weer oop wees nie seker nie maar dan kan jy sommer 'n paar skote skiet ook!

Sent from my SM-G955F using Tapatalk