Page 2 of 2
Re: Barnes TTSX,300m in wetpack
Posted: Wed Apr 08, 2015 8:49 am
by G-force
OupaZA wrote:Nou wat gebruik jy nou G-Force?
Groete
Nee weet nog nie!Het gedink daai TTSX gaan beter wees oor die Barnes website se hul maak vinniger oop.Anders probeer ek Interbonds in die hande kry.

Re: Barnes TTSX,300m in wetpack
Posted: Wed Apr 08, 2015 9:16 am
by sako 30-06
Capt. Oblivious wrote:Klink my mens moet maar soos die Amerikaners maak en hom eder deur die blad stoot as agter die blad.
Maar dan is die vraag hoe sal die vleisskade lyk met so vinnige punt as hy nie been tref nie?
Behoort seker minimal te wees?
Maar as skouerbeen getref word sal dinge heelwat anders lyk.
Re: Barnes TTSX,300m in wetpack
Posted: Wed Apr 08, 2015 9:52 am
by mossie
Plaaslike produk soos Spartan en GS Custom staan nie n tree terug nie - inteendeel is dalk so tree of wat voor. Ek het met Spartan en tot n meerdere mate GS Custom nog nooit so probleem gehad nie ( GS Custom se beskikbaarheid is net n pyn). Ek dink die SA vervaardigers (GS, Spartan, Kriek, Peregrine - issue met hulle "expansion initiator - ens.) moet aandag gee aan hulle bemarking in SA, want hierdie produkte is van die beste te wereld.
MOSSIE
Re: Barnes TTSX,300m in wetpack
Posted: Wed Apr 08, 2015 12:57 pm
by MichielC
Ek het self my bedenkinge gehad nadat ek die 7mm se punte gesien het die naweek, in dieselfde asem kan ek nie sleg praat van die 150gr TTSX nie.
Ek het verlede jaar die 1ste keer met die 7mmRemMag gaan jag met 150gr TTSX teen 2850 fps op daardie stadium in die Noord Kaap, en dit het my goed bedien. Ek het n Gemsbok en Rooihartbees onder 100m geskiet, en moet bieg dit was van my swakker skote. Nie een van hulle het ver gegaan nie, ongelukkig moes ek op al2 diere genade-skote toedien.
Op die rooibokke wat ek daar geskiet het, onderskeidelik 60m en 150m was daar ook nie pyne nie, die een rooibok het net daar in sy spore geval en die ander een nie 10 meter verder gegaan nie.
Die sprinbokke was 2 so 100m selfs minder, en 2 by die 300m(afstand ge -range) , ook geen pyne ondervind nie. Op die nader skote op al die bokke was daar wel noemenswaardige vleis skade.
Die een springbok op die 300m merk, het die TTSX vir die 1ste en enigste keer rerig gelyk of hy sy werk perfek doen, as jy kyk na vleis skade alleen. Doodmaak vermoe was ook 100%.
Op die stadium van die geveg gaan ek by dit hou, juis omdat die geweer en kombinasie vir vlaktes aangewend word, ek n lading het wat werk, en genoeg TTSXé het.
Re: Barnes TTSX,300m in wetpack
Posted: Wed Apr 08, 2015 1:20 pm
by Hein (Haan)
Ek het al n paar bokke met die 80gr Ttsx geskriet @ 3300vps
Ek is nou n groot Barnes fan hier is n paar uit n sandwal op 200m[IMG]
http://tapatalk.imageshack.com/v2/15/04 ... 1e6a42.jpg[/IMG][IMG]
http://tapatalk.imageshack.com/v2/15/04 ... b647fa.jpg[/IMG]