Page 2 of 24
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Apr 28, 2015 7:24 am
by Pvdw
Sondag oggend draai die wielle Melmoth toe. Ek en Cob gaan kyk of ons 'n vleisie kan gaan koop wir die vrieskas.
Soos hy reeds genoem het is bwb, rooibok en ot hoog op die lys.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Apr 28, 2015 7:59 am
by HeinrichPrinsloo
My wind waai more in die rigting van die Noord Transvaal
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Apr 28, 2015 8:36 am
by PWV
JohanvB wrote:Ek ry nou Pofadder toe...Gemsie en Springbok op die "to do list"..
Versigtig vir die pofadders!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Apr 28, 2015 4:18 pm
by jamalley
Was self die naweek Hopetwon toe vir koedoes , gekamp ongeveer 6.5km vanaf die plaashuis op die verste grens van die plaas en nie 'n ander plaashuis of opstel se lig in sig - wat 'n wonderlike tydjie - sal later iets meer post.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed May 06, 2015 8:59 pm
by joe rocket
Nog nege ure dan ry ons Prins Albert to... Kannie meer wag nie.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed May 06, 2015 9:15 pm
by Baasvark
Hi Mielies, die plaas se naam is Letlaba. Behhoort aan 'n klomp aandeelhouers - prokereurs, makelaars ens.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 07, 2015 6:10 pm
by Mellies
Dankie Baasvark. Nog nie van die naam gehoor nie...
Was julle jag darem suksesvol?
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 07, 2015 7:41 pm
by Baasvark
Mielies ja dit was.
Dit was 'n voorsit jag gewees - nie regtig my eerste keuse nie maar ek kon sien hoekom hulle dit so doen.
Twee swartwildebeeste en twee blesbokke gelaai darem. R2200 en R800 wat darem redelike pryse is!
Daar is darem vleis vir die huis!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 07, 2015 8:16 pm
by Plaashaas
Nog 3 slapies (eintlik wakker lĂȘ nagte)
Ry Sondag oggend 4am Musina toe. Koedoebulle en wat ookal kans gee is op die spyskaart. Waterbok koeie teen R8000 is uit soos weeshuis koekies.
Hoop maar ek kan die versoeking weerstaan om die groot Eland bulle te los (R18000). Mens kan mos vinnig somme maak in die bos as jy vir daai monster deur die scope kyk.
Vir almal wat opad is... Geniet die pelle, die dop, die kos, die veld en die skiet.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 07, 2015 8:21 pm
by Mellies
Dis mooi Baasvark. Jou biltongdrade gaan kreun...
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 07, 2015 8:24 pm
by Mellies
Plaashaas, bly om te sien dis nie net ek wat wakker le voor n jag nie!
Julle moet dit geniet! Mooi ry en raakskiet!
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 07, 2015 8:57 pm
by dehacked
Ek self le wakker vanaand. Ry ook more noord op soek na 'n Kudu.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 07, 2015 9:08 pm
by Plaashaas
Mellies270 wrote:Plaashaas, bly om te sien dis nie net ek wat wakker le voor n jag nie!
Julle moet dit geniet! Mooi ry en raakskiet!
Met n vleisie...
Dankie man.
Ons groepie ouens wat saam gaan kag het n whatsapp groepie en jy kan maar bank op n boodskap elke oggend lank voor sonop met iemand wat se "kom ons ry"!
Dit raak net nooit oud nie lyk dit my.
Groete
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 07, 2015 9:47 pm
by Baasvark
Plaashaas daai whatsapp groepie kan nogaal uitputtend raak!
Veral as die tyd nader kom. Vir 10 maande is die kommunikasie maar skraps maar die laaste 2 maande!!!!
Geniet julke trip. My laaste trip is oor 2 weke!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 07, 2015 11:03 pm
by NicoSmit
Ek en die oudste laaitie ry more oggend Vrede toe vir ons jaarlikse blesbok jag gaan sommer die roeper en ligte saam vat vir so vinnige jakkalsjag ook tussen in
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri May 08, 2015 8:47 am
by JohanvB
Nou ja...suksesvol gejag by Pofadder...daai bokke bly staan tussen 350 en 400 meter (weet julle hoe klein 'n Springbok is op 400 meter)...ma die 300WM het goed gedoen met die Frontier Spartans 180gr...danksy gong oefeninge op die skietbaan het die bokke geval..
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri May 08, 2015 9:04 am
by JohannC
Volgende week Woensdag pak ons af Stella NW toe...'n man kan nou nie meer wag!!
Lekker jag almal
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri May 08, 2015 9:37 am
by DJC
JohanvB wrote:Nou ja...suksesvol gejag by Pofadder...daai bokke bly staan tussen 350 en 400 meter (weet julle hoe klein 'n Springbok is op 400 meter)...ma die 300WM het goed gedoen met die Frontier Spartans 180gr...danksy gong oefeninge op die skietbaan het die bokke geval..
JohanvB,
Bly jy het darem iets gekry.
My skoonpa het grond tussen Kenhardt en Pofadder, ek weet waarvan jy praat, skoonpa het ook koggelramme, hulle koggel jou so op 400m en as een skoot klap wy hulle teen 60km/h vir die res van die dag.
Groete,
Dirk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri May 08, 2015 11:56 am
by JohanvB
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri May 08, 2015 6:19 pm
by Mellies
Ons groep doen ook die whatsapp ding! My foon is besig vir 12 maande van die jaar!!!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 24, 2016 11:25 am
by Mellies
Daarsy manne (en dames)...
Dis weer sulke tyd met die jagseisoen wat n paar dae weg is.
Wie is ook oppad jagveld toe? Waarheen ry julle en wat is op die spyskaart? Watter roere word ingespan?
Ons ry Dinsdag Suid VS toe. Van Woensdag af klomp blesbokke en swartwildebeeste oes!
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 24, 2016 12:06 pm
by OupaZA
AG leka, Gaan donderdag Hopetown toe... familie plaas.. springbokke uitskiet en heelmoontlik n Bontebok... die trusty 308 tikka 130gr ttsx.. geniet hom MIelies
groete
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 24, 2016 1:13 pm
by Chris (vdB)
Ry Woensdag oggend vir n' Gemsbok naby Petrusburg

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 24, 2016 4:12 pm
by savage(P Coetzer)
Ek is gelukkig in die bevoorregte posisie om reg deur die jaar te kan jag. Staan vir die jaar sover op 19 jakkalse, 11 rooibokke, 7 elande, 8 jag honde en n wavrag ystervarke. Maar wil vanjaar elders n springbok of 5 gaan klits en ten minste 1 bwb.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Apr 24, 2016 4:46 pm
by Baasvark
Eers 14 junie... maar sover moet ons 25 springbokke uitskiet vir 'n bestelling en dan so 30 bokke van ons eie ( swb, springbokke en rooibokke)....
Darem 10 van ons wat gaan so dis doenbaar.....