500m geweer op n budget, wat sal julle se

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Alwin »

As jy bekende afstande gaan skiet is die 308W in goeie keuse. Met hom gaan jy ook vinniger leer van goed soos trajek ens. Koste per skoot, loopslytasie ingesluit, is ook gaaf op die 308. Vir 'n platter trajek kan jy na die 6,5mm's en die 243W kyk. Almal sal goed werk tot op 500m.

Ek hou persoonlik baie van 'n CZ550 Varmint, maar onthou dat die magasyn nie maklik laai in die geweer nie. Jy haal hom uit en laai hom 4 patrone. Dit kan dalk lastig wees in sekere omstandighede.

Jy kan seker nie verkeerd gaan met 'n RSA nie, as jy tevrede is met 'n enkelskoot. Vir langer afstande verkies ek eintlik 'n enkelskoot. Maar 'n Ruger, Howa of Remington sal ook lekker werk.
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Reghardt »

toelie wrote:
Rasmus wrote:Cz 308 laminate varminter. Die goed skiet blykbaar n barshou! Nie seker wat prys hulle nie.
Kan dit sekondeer. Myne skiet ek met gemak n 150mm x 150mm gong op 500m skoot vir skoot raak
Ek kan self hierdie sekondeer. My geweer groepeer 'n bars hou met 155gr Amax pitte. Skiet ook tot 500m met gemak. Ek staan begin nou bietjie verder gaan (700m)

Ek geniet myne so baie dat ek nog so een gekoop het net in 'n 22-250. Ek het die VORTEX PST 6-24x50 op. Baie lekker "budget" scope.

Groete
Reghardt
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Marc »

Howa Stainless Varmint model, maw heavy barrel. Al
Wat jy doen is n goeie bedding en jy kyk nie weer terug nie ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Piet Breedt »

Ludwig wrote:
henrygriffiths wrote: ek en n maat van my droom net bietjie hardop, ons wil n geweer/ teleskoop aanskaf vir gong skiet tot op 500m die geweer sal ook gebruik word vir baanskiet(sa jagters ens) en bietjie jag, ons wil by standaard kal. bly. Die plan is nie vir n super lang afstand geweer nie maar iets lekker wat half bekostigebaar is
Die Howa Euro Varminter is waarskynlik die beste waarde vir geld presisie skiet gewere op die mark. Ja, daar is beter, maar hulle is sommer heelwat duurder. Ja, daar is goedkoper, maar hulle vergelyk nie. Hoekom juis die Euro Varminter? Wel, sy kolf ontwerp maak hom baie geskik om te gebruik vir LA skiet veral uit "prone" posissies en sy wangstuk sal mooi werk saam met teleskope wat groot objektiewe lense het. Sover 'n budget LA geweer aangaan, kan jy nie regtig vir 'n beter kolf vra nie. Dis 'n 24" dikloop geweer. Lengte is nie so lank dat dit ongemalik raak om die geweer te hanteer nie en die dikte is perfek vir 'n presisie skiet geweer oor langer afstande. Sover 'n budget 500m geweer gaan, dink ek nie hierdie een kan op alle fasette geklop word deur enige iets anders op die mark nie.

Oor kalibers kan mens baie redeneer. 500m is nie so ver dat mens net sekere kalibers hoef te klasifiseer nie. Ek sou nogtans 'n 6.5mm van 'n aard geskies het as dit my enigste doel vir die geweer was. Daai 6.5 Creedmoor klink baie aanloklik, maar 'n 260 Rem en 6.5x55SE sal net so mooi werk.

Vir 'n budget geweer, sou ek nie NF hierby insleep nie. 'n Vortex Viper PST/HS of soortgelyke model met vergroting van om en by 4-16 en objektief van 50mm of groter, sal perfek werk sonder om die bank balans te breek.

Johan Van Rensburg hier op die forum het so Howa Euro Varminter in 243 en skiet sommer klein groepies met hom op 1000m. Hierdie gewere KAN skiet en is perfek vir die persoon wat 'n budget langafstand geweer soek om met tyd dalk op te bou en te verbeter.
Hier is die beste raad van almal
Gotcha
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Wed Apr 27, 2011 2:21 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Gotcha »

300m goepering ruger vt 6.5 creedmoor
Gotcha
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Wed Apr 27, 2011 2:21 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Gotcha »

Jammer wou n foto by is maar hys teveel data hoe kry ek hom kleiner
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Reghardt »

Uitstekend!!!
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by henrygriffiths »

na n paar lang maande hier is hoe die projek vorder,

308 win stainless van camdix R10000 zeiss 5-25 met turrets en varmint reticule 2de hands gekoop op die forum vir R12000 warne mounts en 20 moa rail bipod en level,

ek spaar nog vir die kolf en wil die sneller vervang of verbeter

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/90DE1E70-A1EF-46CC-BF83-81223598AB89_1.jpg

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/3A54634E-A988-44BB-AFFB-EBF30038EDEC.jpg

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/F51FFF4B-E183-4C68-B322-28E39B6EE516.jpg

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/1E94BF5E-884B-46D6-AED8-F345B6BD4106.jpg

lading info

S335 40,2 gr lapua scennar 155gr norma doppe tpl 72mm
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13584
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Capt. Yoda »

Lekker Henry, hy lyk somer warem!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by 1250bandit »

Nice! Baie nice!
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Mellies »

Mooi man!

Met n vleisie...
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Pvdw »

Henry watse maak roer het jy toe aan geskaf?

Baie mooi setup daai.
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by henrygriffiths »

dis n howa bull barrel,
User avatar
phb
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Fri Mar 28, 2014 2:05 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by phb »

Hallo Henry, waar het jy daai comb raiser gekry?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13584
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Capt. Yoda »

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by henrygriffiths »

dis jungle julian op die forum wAt hulle verkoop het al 2 by hom gekoop baie goeie diens en puik produk, jy boor net 2 gaaitjies in die kolf en daar loop hy
User avatar
phb
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Fri Mar 28, 2014 2:05 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by phb »

Dankie julle, behoort nou reg te kom.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Andre308 »

henrygriffiths wrote:na n paar lang maande hier is hoe die projek vorder,

308 win stainless van camdix R10000 zeiss 5-25 met turrets en varmint reticule 2de hands gekoop op die forum vir R12000 warne mounts en 20 moa rail bipod en level,

ek spaar nog vir die kolf en wil die sneller vervang of verbeter

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/90DE1E70-A1EF-46CC-BF83-81223598AB89_1.jpg

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/3A54634E-A988-44BB-AFFB-EBF30038EDEC.jpg

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/F51FFF4B-E183-4C68-B322-28E39B6EE516.jpg

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/1E94BF5E-884B-46D6-AED8-F345B6BD4106.jpg

lading info

S335 40,2 gr lapua scennar 155gr norma doppe tpl 72mm
Watter afstand het jy hierdie pragtige groep gegooi, en hoeveel skote is daar deur?
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by douw »

Lekker Henry!!
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by henrygriffiths »

Andre308 wrote:
henrygriffiths wrote: Watter afstand het jy hierdie pragtige groep gegooi, en hoeveel skote is daar deur?

100m 3 skote
User avatar
JanH
Full Member
Full Member
Posts: 109
Joined: Sun May 24, 2015 11:58 am

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by JanH »

henrygriffiths wrote:
... ek spaar nog vir die kolf en wil die sneller vervang of verbeter
Henry,

Jy sal verbaas wees hoe lekker jy jou Howa se standaard sneller kan verstel. Dit vat net so 'n bietjie (lees heelwat) tyd en geduld dan verstel mens daai sneller sommer lekker presies soos wat jy hom wil hê in die gemak van jou eie huis.

Jy kan jou sneller poleer ook, dit vat nogals geduld, maar die uitkoms is werklik merkwaardig!

Groete
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Andre308 »

JanH wrote:
henrygriffiths wrote:
... ek spaar nog vir die kolf en wil die sneller vervang of verbeter
Henry,

Jy sal verbaas wees hoe lekker jy jou Howa se standaard sneller kan verstel. Dit vat net so 'n bietjie (lees heelwat) tyd en geduld dan verstel mens daai sneller sommer lekker presies soos wat jy hom wil hê in die gemak van jou eie huis.

Jy kan jou sneller poleer ook, dit vat nogals geduld, maar die uitkoms is werklik merkwaardig!

Groete
Net onthou dat die Howa's met 2 verskillende snellers al uitgekom het. Die ouer tipe het 2 verstel punte, waar die een die voortrek stel, en die ander verstel punt die breek krag stel. Daardie sneller is ook n makliker eenheid om te poleer, en dan kan mens hom kry dat hy lekker werk.

Die nuwe tipe het een verstel punt wat slegs die breek krag kan verstel, maar hy het n mod nodig om die voor trek weg te neem. Ek self het beide van hulle, en moet se dat hulle maklik in lekker jag snellers gemaak kan word, maar sonder poleering gaan hulle nie kers vas hou op baan skiet nie.
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 563
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Dumbluck »

henrygriffiths wrote:na n paar lang maande hier is hoe die projek vorder,

308 win stainless van camdix R10000 zeiss 5-25 met turrets en varmint reticule 2de hands gekoop op die forum vir R12000 warne mounts en 20 moa rail bipod en level,

ek spaar nog vir die kolf en wil die sneller vervang of verbeter

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/90DE1E70-A1EF-46CC-BF83-81223598AB89_1.jpg

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/3A54634E-A988-44BB-AFFB-EBF30038EDEC.jpg

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/F51FFF4B-E183-4C68-B322-28E39B6EE516.jpg

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/1E94BF5E-884B-46D6-AED8-F345B6BD4106.jpg

lading info

S335 40,2 gr lapua scennar 155gr norma doppe tpl 72mm
Henry, het jy S335 of S355 gelaai? Jy sê onder S335 maar jou screenshot van QL wys S355?

Ek wil self nou 155 Scenars of CC's begin laai in n 24" 308 so ek is nuuskierig. Baie mooi skote!
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by henrygriffiths »

het op die s335 besluit, sal sy screenshot bysit so gou ek kansie het,
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Post by Vlakvark Soldaat »

Hi Henry

Ek het jou post gevolg maar nooit reply nie, sorry man. Ek het ook so projekkie aanmekaar geslaan. As jy nie omgee nie, ek voeg sommer hier by.

Ek het vir my die Savage Long Range Hunter in .25-06 Rem aangeskaf (standaard met 26" loop). Picatinny met Nightforce med ringe, Nightforce NXS 5.5-22x56 (op forum gekoop), 9"-13" bipod, en n lekker ammo pouch. Ek het wel ook stout geraak met die woestyn kleur blikkie spraypaint hahaha!

My Boyds Varmint Thumbhole in pepper is oppad, ook lokaal support en deur Geno op die forum gereel.

Ek moet nog ladings aanmekaar slaan en gaan toets, maar ek weet sommer dat ek met die Peregrine Vrg-5 sukses sal behaal.

Hiermee n lekker pic van my .25-06, gedoop Wildekat!

Groete

Louis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
Post Reply