Page 2 of 3

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Thu Nov 26, 2015 11:00 pm
by Piet Breedt
Gawie(13mm) wrote:Manne, foto's mag dalk 'n duisend woorde spreek, maar ek dink dit is nog 'n paar duisend kort.
Twinhunter het sy nuwe Burris onder my neus kom druk.

Gawie, ek ken n "Racehorse" as ek een sien. Ek gaan met my gut feel en het klaar myne bestel. Teen die prys wat ek hom kry, weet ek dat dit oor twee maande n moerse bargain gaan wees. Hulle pryse gaan styg, dit weet ek sommer nou.

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Thu Nov 26, 2015 11:01 pm

Posted: Fri Nov 27, 2015 8:40 am
by Gawie(13mm)
Piet, jy het nou 'n ding begin wat maar liewer kon gebly het ;D
Ek sit met 'n nuwe roer sonder glase en die idee was om my MK 4 op albei my gewere te gebruik, maar nadat Twinhunter met daai Burris kom spog het, sit ek op moedverloor se vlakte. ;D

Twinhunter, ek praat nie verder met jou voor na ons nie ons lisensies gekry het nie. >:D Ek wil jou nie betrek by al my geld maak planne nie. Jy moet "plausible denyability" hê as die "Valke" my kom haal. >:D >:D >:D

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Fri Nov 27, 2015 9:05 am
by joe rocket
Gaafsters koop die scopie dit is n moewiese lekker scope. Ek gaan ook ek gaan n veracity ook by koop vir die nul kwes. Koop nou want African Outdoor gaan sien daar is aanvraag dan lig hulle die pryse. Ek weet wat die kosprys van die scope is. Ek gaan nie syfers hier noem nie maar die winkels maak n lekker vet wins. Gou spring daar is net n paar in die land. ++>:

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Fri Nov 27, 2015 9:10 am
by Vlakvark Soldaat
Gawie, dink nou net hoe oulik dit gaan wees as jul gewere presies eners is, sal lyk soos twee boeties, en dis dan n baie spesiale band tussen jou en twinhunter... ;-)

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Fri Nov 27, 2015 10:03 am
by Gawie(13mm)
Vlakvark Soldaat wrote:Gawie, dink nou net hoe oulik dit gaan wees as jul gewere presies eners is, sal lyk soos twee boeties, en dis dan n baie spesiale band tussen jou en twinhunter... ;-)
Ja soos Laurel en Hardy!
greatguns.jpg

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Fri Nov 27, 2015 10:08 am
by Gawie(13mm)
joe rocket wrote:Gaafsters koop die scopie dit is n moewiese lekker scope. Ek gaan ook ek gaan n veracity ook by koop vir die nul kwes. Koop nou want African Outdoor gaan sien daar is aanvraag dan lig hulle die pryse. Ek weet wat die kosprys van die scope is. Ek gaan nie syfers hier noem nie maar die winkels maak n lekker vet wins. Gou spring daar is net n paar in die land. ++>:
Nee wat Jason. Ek is baie lief vir my vrou en sy verdra my nog op die stadium na 21 jaar. Ek is mal oor skiet, maar ek hou meer van 'n warm bed.

Ek behoort genoeg geld te spaar oor die volgende jaar en sal hom koop as hy R 30 000 kos. :(

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Fri Nov 27, 2015 11:53 am
by DawieKotze
Nee man Gawie - jy moet jou eie raad volg, soos met die koeëls. Vertel vir vroulief dis 'n belegging ;D ;D Volgende jaar kan jy hom verkoop en 50% wins maak!

Groetnis

Dawie

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Fri Nov 27, 2015 11:59 am
by Chevvy SS
Gawie(13mm) wrote:
joe rocket wrote:Gaafsters koop die scopie dit is n moewiese lekker scope. Ek gaan ook ek gaan n veracity ook by koop vir die nul kwes. Koop nou want African Outdoor gaan sien daar is aanvraag dan lig hulle die pryse. Ek weet wat die kosprys van die scope is. Ek gaan nie syfers hier noem nie maar die winkels maak n lekker vet wins. Gou spring daar is net n paar in die land. ++>:
Nee wat Jason. Ek is baie lief vir my vrou en sy verdra my nog op die stadium na 21 jaar. Ek is mal oor skiet, maar ek hou meer van 'n warm bed.

Ek behoort genoeg geld te spaar oor die volgende jaar en sal hom koop as hy R 30 000 kos. :(
Gawie, koop die ding nou in die somer as 'n mens vêr lê. In volgende jaar se winter het sy al vergeet en kan jy weer lepel lê.

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Wed Dec 02, 2015 9:16 pm
by Safari Outdoor
XTRII 5-25x50 Nog steeds R19995.00

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Thu Dec 03, 2015 12:35 pm
by Capt. Yoda
Ek het ook nou vinnig met een gespeel en dit lyk na n bitter lekker scope, ek hou veral baie van daai kruis. Die "clicks" is dalk bq sag veral as jy met handskoene skiet in die winter maar behalwe dit lyk dit na n baie lekker scope.

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Thu Dec 03, 2015 3:35 pm
by cassie_calvinia
sal net nogsteeds wil weet of hy in die nag werk

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Thu Dec 03, 2015 7:53 pm
by Andre308
cassie_calvinia wrote:sal net nogsteeds wil weet of hy in die nag werk
Cassie, praat met meerkat. Hy skiet n Burris op sy jakkals geweer.

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Tue Dec 08, 2015 10:33 pm
by geelslang
As mens nou appels met appels wil vergelyk moet die XTR met NF ATACR,, Vortex Razor, Khales K en Leupold MK8 vergelyk word. Prys gewys moet die scope kan kompeteer met die NXS, MK4, PST reekse. Het iemand dalk al so vergelyking kon doen?

Dit gese, hoe goed sal hierdie unit doen itv medium tot LA jag of is dit eerder 'n dedicated baan scope hierdie?

Groete
Geelslang

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Wed Dec 09, 2015 5:02 am
by 6.5/284Norma
geelslang wrote:As mens nou appels met appels wil vergelyk moet die XTR met NF ATACR,, Vortex Razor, Khales K en Leupold MK8 vergelyk word. Prys gewys moet die scope kan kompeteer met die NXS, MK4, PST reekse. Het iemand dalk al so vergelyking kon doen?

Dit gese, hoe goed sal hierdie unit doen itv medium tot LA jag of is dit eerder 'n dedicated baan scope hierdie?

Groete
Geelslang
Dit sal nie werklik appels met appels wees nie aangesien daai ander teleskope dubbel en meer kos as die Burris.

Met die vergroting van 5 to 25 is hy baie geskik vir jag op alle afstande, onthou net dit is 'n groot scope en nie lig nie. Myne is op my skyfskietgeweer maar ek kan hom gbruik vir 'n voorsitjag enige tyd.

Johan

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Wed Dec 09, 2015 6:35 am
by geelslang
Wat ek met die appels bedoel is die specs van die telleskope. Almal het soortgelyke specs maar soos jy tereg se Johan kos die ander scopes dubbeld die Burris se prys....

Groete

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Thu Dec 10, 2015 1:45 pm
by Smitstertjies
Weet enige iemand of Safari hom in die milldot specs ook het? Dial en reticle?

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Sun Dec 13, 2015 8:50 am
by 6.5/284Norma
Hallo Manne,

was gisteroggend op die baan. Het my Burris XTR se stellings getoets op al die afstande van 100 tot 530 meter en is baie gelukkig met hoe dit werk. Die verste wat ek kan skiet daar is 530m. Sit toe gong op en gooi met my 6.5/284 en 123gr Lapua scenar.

Kry drie skoot groep wat 1.37 duim meet. In die wolke!
6.5groep.jpg

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Sun Dec 13, 2015 10:15 am
by twinhunter
Baie mooi!! Ek dink vir waarde vir geld is daar nie sommer 'n scope wat by hom gaan kom nie. Baie goeie koop!

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Thu Dec 17, 2015 4:57 am
by Piet Breedt
Myne het in die week ge kom. Wag net vir 34mm ringe, dan kom hy op my splinternuwe .22 250 Howa met 1/9 twist wat ook verlede week sy tuiste gekry het in my kluis. Sy naam is "No 5"

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Thu Dec 17, 2015 6:08 am
by ruaanb
Ek het Dinsdag deur een geloer en moet se ek is regtig beindruk.

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Thu Dec 17, 2015 3:37 pm
by JanH
Is hier dalk iemand wie die Burris kon vergelyk het met 'n Sightron S3?

Groete
JanH

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Thu Dec 17, 2015 3:56 pm
by MJK
Myne is opgesit, 2 skote toe was ingeskiet gewees met die Farrel ringe (enigste ringe wat in hande kon kry - thanks Geno!).

Baie beiindruk, sal volgende jaar deur die passies sit. Gaan nou eers lekker voete in die see water indruk vir paar weke :)

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Thu Dec 17, 2015 4:17 pm
by Kalahari
MJK wrote:Myne is opgesit, 2 skote toe was ingeskiet gewees met die Farrel ringe (enigste ringe wat in hande kon kry - thanks Geno!). Baie beiindruk, sal volgende jaar deur die passies sit.
Julle manne moet die nuwe scope BAIE geniet, klink na bitter lekker scope.
Marius, jy moet bietjie die veldskiet omstandighede ook laat weet wat maak die scope asb.

Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO

Posted: Wed Dec 13, 2017 12:42 pm
by Sniper18
JanH wrote:Is hier dalk iemand wie die Burris kon vergelyk het met 'n Sightron S3?

Groete
JanH
Soos Jan hier bo genoem het, wil ek ook weet hoe vergelyk die beeld tussen 'n S3 en die xtr ii?