Page 2 of 3

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Thu Sep 17, 2009 8:41 am
by Janjak
PAC
vertel bietjie meer oor daai BRNO -watse loop het jy daarop en hoe lank is hy?

Dis nie elke 308 wat 167/168gr punte teen daai spoed kan gooi nie. Ons hou maar ons ore oop vir geheime wat die skietgoed beter kan maak.

Een oom het altyd gese jy moet dalk bietjie meer vierrietjie koppe daa ingooi..
Ander oom se weer jy moet net die sneller HARD trek dan skiet hy harder.

Janjak

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Thu Sep 17, 2009 9:28 am
by Beyers
PAC
44.5 gr S335 is 9.3% bokant die voorgestelde maksimum lading. Hoe lyk die druk op die doppe?
Ek dink hierdie is "terror incognita". Engele is bang om hier te loop
Beyers

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Thu Sep 17, 2009 1:03 pm
by Problem Animal Control
Jan en Beyers en ander manne
Ek het so n klein foutjie begaan met die data wat ek opgesit het(alzimer lite). Die 167 Lapua word met 42.5gr S335 gelaai en spoed is so 2850fps en die PMP 155gr matches word 44.5gr S335 gelaai en spoed so amper 3200fps. Daar wys geen druk nie maar moet jul net WAARSKU dat dit dalk nie in jou roer so kan werk nie,so gebruik met oorleg en begin laag en werk dan op. My BRNO het nog sy standaard fabrieksloop op 23" en twist dink ek is 10. Ek gebruik CCI 200 BR primers met Remington doppe, die Lapua se jump is 1.3mm en ek gaan die PMP se jump afvat na 0.3mm, die mater wa ek die pakkie punte gekry het se hy skiet 5skote in een gat op 100m maar dit kan ek nie bevestig nie want my toets rondtes le in die kluis.WEEREENS jammer oor die fout!!!!
Groette
PAC ;D

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Mon Sep 28, 2009 11:43 am
by tafjak
Die manne wat weet

Het die twist van 'n loop 'n effek op die effektiweteit van 'n "varmit" koe?l? Wat ek eintlik vra is as die koe?l teen laer revolusies loop dit die opbreek daarvan sal belemmer?

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Mon Sep 28, 2009 12:42 pm
by JACQUES BOTHA
Taffie
Net so lank daai projektiel nie uit refs uit hol vor hy by die teiken dier kom nie is alles dood dollies en die kind se naam wit wiwillem...
en ook nie as daai projektiel uit refs uit hol teend ie klip agter die kat of jakkals nie....is dit ook dollies..
Taffie nou eerlik en ernstig ..revs is net daa vir die anne wat in hul neuse wil krap oor roere.....as hy groepe skiet en raak skiet maak daai revs nie saak nie....
as hy spoed het en akkuraat  dan is hy nog beter ..
as hy spoed het en akkuraat en sag is  is hy doodreg
alles na dit is n bonus.....

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Mon Sep 28, 2009 8:32 pm
by Dawie
tafjak wrote: Die manne wat weet

Het die twist van 'n loop 'n effek op die effektiweteit van 'n "varmit" koe?l? Wat ek eintlik vra is as die koe?l teen laer revolusies loop dit die opbreek daarvan sal belemmer?
Weet maar net wat ek gelees het.....

Ek kon nog n?rens lees dat die revs die bepalende faktor is wanneer dit by "expansion" kom nie.  Dit speel miskien tot 'n mindere mate 'n rol.  Wanneer dit by expansion kom is snelheid die groot faktor,  hulle gee ook gewoonlik vir 'n spesifieke koe?l 'n "velocity range" wat hy mees effektief "expand" nie "rev range" nie.  Die spesifieke revs speel weer 'n rol wanneer dit by stabilisering kom.

Welkom om te verskil

Dawie

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Mon Sep 28, 2009 9:10 pm
by Ja3
Taffie

Ek beskou mysself nie as een van daai manne wat weet nie, maar wil tog 'n eier l?.
Gyroskopiese stabieliteit (a.g.v genoegsame spin) o.a is direk gekorreleerd aan die akkuraatheid van 'n punt oor 'n gegewe afstand.
'n Punt word gestabieliseer in vlug a.g.v die spin wanneer hy om sy eie as swaai.
Soos Dawie tereg ges? het is spoed die dominante faktor as dit kom by die opbreek.
Die "revs" het wel 'n invloed glo ek as dit kom by die verspreiding van die skrapnel binne in die teiken a.g.v die relatiewe draaimoment, maar dis nie eintlik van toepassing.
Dit lyk asof oorstabilisasie tesame met ho? spoed die intergriteit van die varmint tipe punt konstruksie verswak.

Ja3

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Mon Sep 28, 2009 10:01 pm
by tafjak
Dawie (ek like jou image-foto)

Ek het die vraag gevra omdat as jy sekere koe?ls teen te ho? spoed skiet, dit disintegreer(bars, ontplof). Soos 110gr V-Max wat in 1in9 twist-loop(30 kaliber) geskiet word oor 3300f/s opbreek lank voordat dit by die 50meter merk verby gaan. Dieslfde koe?l in 1in12 loop kan tot 3450 f/s aangejaag word. Dit alleen s? vir my dat die rev's 'n rol speel en net miskien 'n beter opbreek kan veroorsaak. Weti en wil by julle manne wat weet hoor.

Ek ondervind dat ek nou makliker deur 'n jakkals met dieselfde koe?l, teen dieselfde spoed en afstand skiet.  ??

Taffie

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Mon Sep 28, 2009 10:09 pm
by tafjak
Jadri

Wat van middelpuntvlietende krag?

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Mon Sep 28, 2009 10:53 pm
by Dawie
Thanks Taffie

Dis Josey Wales (Klont Oosthuis)

Ek gaan nou sommer die vraag aan Ja3 ook beantwoord,  middelpunt vlietendekragte of "centrifugal force" is die krag wat wanneer 'n voorwerp draai daar kragte ontstaan wat vannaf die senter van rotasie radiaal uitwaarts werk.

Jou loop met die 1:9 twist draai vinniger teen dieselfde trompsnelheid as die 1:12......25% meer revs maw jou kragte om die projektiel te laat uitmekaar spin is baie groter in die 1:9.  Ek dink amper dis kwadraties as ek dit nie mis het nie, dan is jou middelpuntflietende kragte in daai geval dubbeld. 

So jy's reg oor die opbreek en beter oopbars teen dieselfde spoed,  dis net jy kan baie vinniger en akurater 'n ligte punt skiet met 'n langer twist in jou geweer en dan bars hy in elkgeval ook beter agv ho?r spoed.

My 40gr V maxe begin ook hoe verder +230m partykeer deur die jakkies gaan maw die spoed is laer en hy expand nie so kwaai meer nie,  hulle vrek maar nog netso lekker.

Persoonlik verkies ek 'n lang twist,  ek hou van ligte vinnige nommers. 

Ek sien op ander forums word daar ook oor die punt gedebateer.

Dawie

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Mon Sep 28, 2009 11:29 pm
by tafjak
Dawie

My vorige vraag oor die opbreek:
Ek ondervind dat ek nou makliker deur 'n jakkals met dieselfde koe?l, teen dieselfde spoed en afstand skiet.  ??
... bedoelende met die 1in14 twist wat ek nou het teenoor die 1in12 wat ek gehad het. Tomcat het nogal(toe ek met 1in12 loop geskiet het) genoem dat die 70gr Ballistic Tip die jakkalse sleg verniel. Met die 1in14 loop lyk hulle nie meer so sleg nie en alles is nog teen dieselfde spoed, maar nie teen dieselfde rev's nie. So dit is waar my vrae begin het. Sal wanneer ek weer by my huis is sal ek die chronograaf nader sleep en bietjie die ouens spoed gee. Sal daarna weer rapporteer hoe die jakkalse dan na die tyd lyk.

Dankie vir die bevredigende antwoorde en verklarings.

Taffie

N.S. Ou Josey kon darem 'n stuk lood goed op koers kry.

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Tue Sep 29, 2009 8:52 am
by Dawie
Taffie

Plesier
Dawie wrote: So jy's reg oor die opbreek en beter oopbars teen dieselfde spoed,  dis net jy kan baie vinniger en akurater 'n ligte punt skiet met 'n langer twist in jou geweer en dan bars hy in elkgeval ook beter agv ho?r spoed.
Moes bygesit het .....dieselfde spoed met ho?r revs

Jy kan ook kyk onder die hofie "stabilisering van projektiel" daar het ek 'n link gegee wat ook nog gebeur as patroon te hoog begin rev en onstabiel raak,  daar was 'n hele bespreking.

Laat weet hoe jou navorsing in die verband vorder maybe 'n paar pics ook ;D

Dawie

Ps. Ek laaik daai ou movies van Klont het 'n hele versameling :D

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Tue Sep 29, 2009 9:32 am
by tafjak
Dawie

Die jakkalse wat nog so draai hardloop na sy skoot agter die blad en even 'n skoot verder agtertoe, maak my mal. Ek is nie gewoond daaraan nie en soek ook nie graag na jakkalse nie.

Lyk my ek is weer terug na "voet in die hoek" ladings. Sal die volgende 2dae bietjie tyd daaraan spandeer.

Taffie

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Wed Sep 30, 2009 9:38 am
by Jaco Bezuidenhout
Taffie

Ek dink jy behoort nou 65gr v max te kan skiet teen 4000fps sonder dat hul opbreek in die lug a g v slapper 14 twist loop,dalk.

Groete

Kieterkat

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Wed Sep 30, 2009 1:36 pm
by tafjak
Jaco

Kan nie wag om by huis te kom en die goed so bietjie te try nie, is reeds op die laaste pakkie Noslers.

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Wed Sep 30, 2009 1:52 pm
by Jaco Bezuidenhout
Taffie

Watter twist beveel jy dan aan vir 243 of 6mm rem. 75gr punte. Lat e dit so stel watter een sal optimaal wees in alle opsigte? 14 of 12

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Wed Sep 30, 2009 2:11 pm
by tafjak
Kietekat

Ek hou van die 1in12 lope vir darie koe?ls. 75 tot 87gr Vmaxe.

Gister loop ek 'n plankroer raak vir 'n baie billike prysie. Aksie klaar ge"drill" en ge"tap" met pragtige kolf.

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Wed Sep 30, 2009 2:53 pm
by JACQUES BOTHA
TAffie
ek neem aan jy gaan net die loop gebruik end ie kolf EN die aksie aanstuur bloem toe....
OF ek reel sommer dat ek die aksie self kom haal by jou,  so van die nonsenspraat na die waarheid..
Weet julle al of n persoon moet aansoek doen vir n liksens as jy slegs n aksie by iemand koop of kry soos in die bg. geval?????????????????

Lekker gooi...shoot straight....shoot them MORSdood

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Wed Sep 30, 2009 3:04 pm
by Jaco Bezuidenhout
Taffie

Hoekom loop almal altyd die gelukkies raak e nie ek nie ::)

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Wed Sep 30, 2009 3:38 pm
by Jaco Bezuidenhout
Gister loop ek 'n plankroer raak vir 'n baie billike prysie. Aksie klaar ge"drill" en ge"tap" met pragtige kolf.
[/quote]

Smaak my Slingervel kry n boetie. :D

Jaco

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Wed Sep 30, 2009 3:38 pm
by Janjak
Jaco
ek hoor ook gewoonlik eers hier teen beseringstyd dat die game begin het. :D

Taffie
dis n netjiese raakloop daai. Wat gaan hy word as hy groot is?

Het jy nie laas gepraat van Varmint Granades nie? Hulle maak mos mooooooi oop.
Ek dink as jy een van daai punte by die bakkie se venster uitgooi gaan hy oopmaak :D

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Wed Sep 30, 2009 4:18 pm
by tafjak
Jannie

Die probleem vir my met die 62gr Varmit Grenades is dat die twist in my loop te stadig is. Darie V Grenades is lank en benodig verkieslik 'n 1in10 twist, alhoewel ek dink 'n 1in12 ook sal werk.

Francois Marais is die man wat hulle ken en lyk vir my die ou wat sal weet in watter twist hulle geskiet kan word. So, ek wag maar tot die ou vir my iets laat weet en dan 'n plan maak. Ek weet egter dat die 65gr Vmaxe sal skrou in die 1in14 twist.

As darie plankie op my naam is, sal hy 'n 29" 1in10 loop kry en dan moet hy 87gr Vmaxe vreet. Sal hom ook dan kamer vir 'n 6mm Remington Ackley. Ek het ook al gewonder of 'n straight 243 nie genoeg is nie, ek wonder egter nie meer nie. Te akkuraat met 'n lekker drafstappie.

Groete

Taffie

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Wed Sep 30, 2009 4:22 pm
by tafjak
kieterkat wrote:
Smaak my Slingervel kry n boetie. :D

Jaco
... verseker!!

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Wed Sep 30, 2009 4:33 pm
by Janjak
nou praat jy, daai 6mm AI sal kwaaaaaai skiet. Ek hou hom ook so met een oog dop.

As jy 65 V-maxe het gooi hulle, my 243 het ek nou die dag gaan skiet met hulle en ek was beindruk.
Ek het n video gemaak van n blesbok en een van daai 65 V-Maxe. Die video is bietjie groot anders kon ek julle wys (27MB).

Re: Projektiel Fabrikaat op Jakkalse/Katte

Posted: Wed Sep 30, 2009 4:56 pm
by tafjak
Jannie
Die video is bietjie groot anders kon ek julle wys (27MB).
... sny hom so bietjie en wys net hoe val die ding