Page 2 of 2

Re: Watse jaghond?

Posted: Tue Jan 12, 2016 8:57 am
by Carl
blaser wrote:ja jou vriend google praat meer van die franse honde waar 95% van ons brittanys van die vsa kom wat grooter is my 2 tewe weeg 27 en 28 kg maar is evens oorgewig soos die baas
n kleiner gsp teef werk beter as n te groot hond
ek sien daar is baie kleiner gsps deesdae by van die groot shoots
Dis maar soos die Franse cherries ook fyner en maarder ;)

Ek verstaan dit dalk te doen met die kleiner erwe, maar my pa het van die groter sterker honde gehou en dan hulle so ingevoer of geteel. Ons erf in Emmarentia was nog groot genoeg vir tot 7 pointers ;D My ma sê nog steeds sy gaan nie hemel toe as daar honde is nie

CarelG, terug op die onderwerp. Wat van 'n ordentelike jag en wag hond? (koop 'n plot!)
https://s-media-cache-ak0.pinimg.com/736x/13/e1/c7/13e1c7962af08a619dc438c253de9504.jpg

Re: Watse jaghond?

Posted: Tue Jan 12, 2016 9:26 am
by johannvdg
Carl,

Hierdie vraag is soos om vir 'n groep mans te vra watter tipe vrou die aantreklikste is, die antwoorde gaan uit en uit gebasseer wees op persoonlike voorkeure, want ons kry bene-manne, oë-manne, jong-manne, ou-manne, hare-manne, longe-manne, ensomeer. En niemand hier is verkeerd nie, elkeen van die rasse genoem het sy goeie punte.

Ek dink dit is belangrik om eerstens te bepaal waarvoor jy die hondjie gaan gebruik en dan van daar af terug te werk, totdat jy uitkom by die hond wat die beste sal inpas in jou omstandighede.

Kom ons vat voëljag as 'n voorbeeld:

Vir die ou wat meerendeels patryse jag kyk mens na 'n Pointer of Setter, omrede die voëls yl bevolk is en die honde massiewe areas moet dek, as jy oorwegend duiwe en watervoëls gaan jag of aan dryfjagte deelneem is van jou retrievers heel moontlik 'n beter keuse, as jy meestal fisante in beboste areas gaan jag, is 'n spinger spaniel dalk die regte hond vir jou en as jy meestal tarentale en fisante oploop, dan is 'n meerdoelige ras (die sogenaamde Hunt, Point and Retrieve rasse) dalk die regte hond vir jou. Onthou maar dat jy met die regte opleiding amper enige hond kan leer om iets vir jou te doen, die voordeel van doelgeteelde honed, is dat jy baie maklike by die eindpunt uitkom, want oor generasies is hierdie rasse geselekteer tot op die vlak waar hierdie gedrag/eienskappe ingebore is en 'n mens slegs die hond moet kry om dit vir jou te doen en nie vir homself nie.

En nou kom ons by my ras van voorkeur, GSP's is wonderlike honde, maar as het 'n magtige dryf aan hulle, en hierdie dryf kan net versadig word met doelgerigte werk, as 'n mens nie die tyd het daarvoor nie, kom hul slegte eienskappe gereeld na vore. Die wyd verkondigde "feit" dat hulle 'n groot erf nodig het, is ook nie noodwendig waar nie, my beste GSP's het basies in 8mx8m spasie grootgeword, maar sodra ek by die huis kom, het ons gaan oefen en daarna het hulle in die huis in gekom soos dit hulle gepas het. Dit is maar altyd 'n gespot met my om die vuur, want daar is altyd een van my honde op my skoot, ek het nou maar verlang geneem daarin dat ek nie eintlik jaghonde het nie, maar wel skoothonde wat kan jag.

Die meerdoelige honderasse is vir die jagter wat iets van alles wil doen en redelik baie daarvan doen. Dit is ook redelik maklik om hulle te leer om bloedspoor te vat, maar ek glo dit is dieselfde met die ander rasse wat retrieving werk doen.

Onthou net, hierdie is 'n twaalf tot vyftien jaar verhouding waartoe jy jouself verbind, kies reg vir jou.

En so ter afsluiting, ek is een van die boudjies-manne, soos hulle sê "I hate seeing you leave, but I sure love watching you go" ;)

Lekker dag

Johann

Re: Watse jaghond?

Posted: Tue Jan 12, 2016 9:28 am
by CarelG
Dankie vir almal se kommentaar en raad, ek waardeer dit. Ek het ook baie gehou van wat ek gelees het van die Cesky Fousak, ek het vir Bosjagter hier op die forum gekontak en het hom net betyds gevang. Sy teef het gisteraand 8 hondjies gekry, daar is reeds 7 geboek en het ek my naam op vir nommer 8. Die Brittany's trek my oog ook.....sal maar besluit as ek weer van Bosjagter hoor en die cut maak op hondjie nr8!

Carl ja my erf is darem ook nie so klein dat al gevoel het ek moet begin plot soek nie ++>:

Ek waardeer almal se kommentaar en nog is welkom....

Re: Watse jaghond?

Posted: Tue Jan 12, 2016 9:40 am
by CarelG
Johann,

Ek hou van wat jy se dat jy skoothonde het wat kan jag, ek dink dis wat in my geval ook gaan gebeur. Ons het groot geword en het nou nog Yorkshire Terriers, hulle is ook soos kinders in ons huis. So ja ons is baie life vir honde en wil ek nou een kry wat saam kan jag...wild en voels!

Ludwig, ja ek glo ook nie in daai geval gaan die Beagle by ons reg kom nie ;D

Re: Watse jaghond?

Posted: Tue Jan 12, 2016 10:50 am
by Carl
CarelG

As jy bereid is om na GSP (Cesky is maar dieselfde) te kyk my stief sussie het 'n hondjie oor van 'n werpsel. Dit is honde wat my pa geteel het waarvan sy een teef gevat het. Die teef is van Duitsland ingevoer vanaf 'n werkende familie.

As jy belangstel kan ek vir jou prys uitvind.

Re: Watse jaghond?

Posted: Tue Jan 12, 2016 10:56 am
by Carl
johannvdg wrote:En so ter afsluiting, ek is een van die boudjies-manne, soos hulle sê "I hate seeing you leave, but I sure love watching you go" ;)
Lekker dag

Johann
Johann,
Ek is 'n total package man - hou van alles aan die skoner geslag. Dis hoekom ek baie lief is vir GSPs ;), alles van hulle is goed veral vir die Bosveld. Maar 'n Britanny met haar sagte hare sal darem 'n lekker skoot hondjie maak :angel:

Dis maar soos die kaliber debat, ons almal weet 3006 is die beter .308! Die debat is egter lekker om almal se opinies te hoor. Wag nog as die klomp uit die Oos-Kaap bykom dan is dit net red setters en E-P.

Re: Watse jaghond?

Posted: Tue Jan 12, 2016 10:58 am
by DWB
Ek begeer so Wirehair Foxie, maar ai, ek weet nie of my Boxer die verdeelde aandag gaan oorleef nie, en of ek regtig tyd het daarvoor nie!

Re: Watse jaghond?

Posted: Tue Jan 12, 2016 11:57 am
by blaser
weet nie maar my vriend se die kleiner geboude honde hou beter en is gesonder

Re: Watse jaghond?

Posted: Wed Jan 13, 2016 9:57 am
by johannvdg
Carl wrote:Maar 'n Britanny met haar sagte hare sal darem 'n lekker skoot hondjie maak :angel:

Dis maar soos die kaliber debat, ons almal weet 3006 is die beter .308! Die debat is egter lekker om almal se opinies te hoor. Wag nog as die klomp uit die Oos-Kaap bykom dan is dit net red setters en E-P.
Daai sagte lang hare, wat jou so aantrek, het presies dieselfde effek op elke blackjack en klitsgras halmpie waarmee hy in kontak kom 8)

In die aande, as die vuur lekker brand en ek met met my hond op my skoot en 'n glas van die goue nectar in die hand sit en gesels, is die spaniel en retriever manne en vroue besig om hulle honed uit te kam. Niks fout met enige van die ander honde nie, maar na 21 jaar is ek steeds bly oor my keuse.

blaser wrote:weet nie maar my vriend se die kleiner geboude honde hou beter en is gesonder
Ek hou self van kleiner honde maar het ook darem al van die groter honde gesien wat nie terugstaan nie.

Dit lyk of daai Cesky Foosek se naam hier in SA uitgedink is ;)

Re: Watse jaghond?

Posted: Thu Jan 14, 2016 11:44 am
by CarelG
Ok, ek het toe besluit om met my huidige omstandighede eerder vir n kleiner hond te gaan.
Weet iemand asb. dalk wie Wirehaired Fox Terriers beskikbaar het? Lyk my hulle is gewild en skaars....