Rooijakkals pypkan jagters

User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 629
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Jackalsniper »

Hoe meer ek hierdie soort van berigte lees hoe meer besef ek, moenie inklim en skiet om net die probleem dier te skiet nie, skiet en maak skoon voor daar groter moeilikheid kom. Wat die stadsjapies nie besef nie, is dat ons landbou grond nie in netjiese gelyk blokke soos bv in Holland gedeel is nie, hier is duisende hektare berge, klowe en onherbergsame grond(teelplek) en om nie eers te praat van staatsgrond waar daar geen beheer en ballaans toegepas word nie. Rooijakkals en kieterkat is hier om te bly en hulle sal nie van roep en skiet ,slegs op landbougrond ,uitgeroei word nie. Die vraag bly altyd staan, wat eet die dominante jakkals en die volgende vraag is wat gaan sy kleintjies eet, want enkel lopend gaan hy ook nie bly nie. Boere sal moet leer hande vat soos in die ou tyd en plaas vir plaas intensief uit te roei! #JackalMustFall
User avatar
Tertius Steyn
Full Member
Full Member
Posts: 241
Joined: Tue Jan 20, 2015 11:21 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Tertius Steyn »

Jackalsniper wrote:Hoe meer ek hierdie soort van berigte lees hoe meer besef ek, moenie inklim en skiet om net die probleem dier te skiet nie, skiet en maak skoon voor daar groter moeilikheid kom. Wat die stadsjapies nie besef nie, is dat ons landbou grond nie in netjiese gelyk blokke soos bv in Holland gedeel is nie, hier is duisende hektare berge, klowe en onherbergsame grond(teelplek) en om nie eers te praat van staatsgrond waar daar geen beheer en ballaans toegepas word nie. Rooijakkals en kieterkat is hier om te bly en hulle sal nie van roep en skiet ,slegs op landbougrond ,uitgeroei word nie. Die vraag bly altyd staan, wat eet die dominante jakkals en die volgende vraag is wat gaan sy kleintjies eet, want enkel lopend gaan hy ook nie bly nie. Boere sal moet leer hande vat soos in die ou tyd en plaas vir plaas intensief uit te roei! #JackalMustFall
+1!
Groete Tertius

Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________

From a place they can not see, Comes a sound they will not hear >:D
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Dewitt »

Ek stem 100% Sniper!! Daar was iewers nie te lank terug 'n berig van 'n teefjakkals wat in 'n reservaat in Botswana gedood is op een of ander manier en sy was dragtig met agt kleintjies. Dit was op 'n plek waar nog nooit voorheen ongediertebeheer toegepas is nie en die redenasie was dat dit agv oorvloed van beskikbare kos is wat ook maak dat hul meer kleintjies kry. Ek kan net nie onthou waar die berig geplaas was nie. Ons moet ons seker maar weerhou om hierdie ouens in die media aan te vat en maar net aangaan met beheer en mekaar help.

Groete
Dewitt
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Jassie »

As ons die jakke/katte enigsins wil pakslae gee, is daar na my mening drie goed, sonder uitsondering (ongelukkig aldrie gelyktydig), nodig -

1. Baie goeie heinings - ontneem hom sy habitat en beweeglikheid in groter en groter areas oor tyd.

2. Toegewyde EN ingeligte EN wedersydse buurmanskap - ontneem hom sy instinktiewe verrassings-element.

3. Maak dood en hou skoon - ontneem hom sy lewe, hulle sukkel dan om skade te maak.

Die alternatief is om maar net voort te sukkel met "slimmighede" en self wyshede .... "dat perde drolle nou eintlik vye is". So kom die sirkus maar net weer en weer en weer ....

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
Anja101
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Tue Feb 09, 2016 4:01 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Anja101 »

Ek is ook altyd te laat vir besprekings...

Maar het gou deur gelees en my opinie op die Prof se berig....

Pfffft - Wat 'n klomp Snert! Ek het n goeie vergelyking wat ek kan gebruik maar mag dit nie hard op se nie! Dit is maklik om in 'n kantoor te sit en navorsing te doen en dit dan bekend te stel as 'n voorlopige ''plan'' om 'n probleem op te los net om slim voor te kom! Daar is al baie bewys, en ek myself het ervaring dat as dit tot by ''teorie'' kom, val dit deur die mat wanneer jy dit prakties moet toe pas of met die werklikheid vergelyk!

Daar is 'n groot verskil tussen ''boekslim'' en ''common sense''

Groete aan almal
Ekke
Ideas pull the trigger, but instinct loads the gun.....
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Louis102 »

pietbak wrote:Louis, ek dink nie 'n volledige tese kan volledig saamgevat word in net 'n paar sinne nie. Ek sal probeer om 'n kopie in die hande te kry en dan te plaas vir ons om behoorlik te besluit of die doktor vir of teen ons is.
Dankie, sal graag die tese wil lees, dalk word ek aangenaam verras, maar vermoed ongelukkig die teenoorgestelde. Dit wat ek hoor klink nie goed nie, want dis ou "stories" wat ons reeds mee bekend is. Daar is ook geen "teen" ons of "vir" ons hier nie. Daar is wel die waarheid en 'n klomp bog wat uitgedink word in die naam van sogenaamde wetenskap.
User avatar
pietbak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by pietbak »

Ek het vanoggend vir Dr. Liaan gekontak en die "link" na hom ge-epos. Dit is sy prerogatief of hy ons wil antwoord. Daar is ongelukkig kopie reg op die artikel en dus mag ek dit nie plaas nie. As julle in kontak wil kom met hom kan julle sy naam net Google en sy besonderhede bekom. Maar kom ons kritiseer en beledig nie die persoon soos dit huidiglik gedoen word nie. Dit is nie hoe ons Suid Afrikaners groot gemaak is nie, of is dit?

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Louis102 »

Pietbak, dankie. Hoop die Doktor (of is dit nou Professor) kom gesels saam .... wat kritiek aanbetref, ek stel belang in die waarheid. Sal dit beskaafd doen, maar gaan onsin op die naam noem .... nie nodig op daaroor doekies om te draai nie.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Louis102 »

Neem aan Dr / Prof Kerley gaan hier lees as jy die link deurgegee het .... ek is baie geïntereseerd in verskynsel dat jong jakkalstefies (waar gejag word) groter werpsels voortbring ... soos in die artikel beweer word. Het die bewerings al voorheen gehoor, maar data wat ek versamel oor die jare wys die teendeel.

Op watter punt besluit 'n jakkalsteef: "Ons getalle is nou bietjie onderdruk is omdat die boere ons jag ... so ek gaan my werpseltjie nou vergroot van 4 na ses toe" of "ek en my boyfriend gaan nou nie op hitte kop en aanteel nie, want die boere jag ons nie meer nie"

Sal graag die biologiese prosesse hiervan wil verstaan.

Hoop die Dr/Prof Kerley kom gesels saam.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Louis102 »

(jammer oor die tikfoute ens. Probeer hier van die selfoon af dit doen, maar die "touch screen"-ding en ek kom nog nie reg nie.)
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by dehacked »

Julle praat so van goeie buurmanskap. Ek hoor nou die dag van 'n buurman wat nie wil deel in die koste van jakkals wat op grens draad aan sy kant geskiet is want hy boer bees. Die jakke pla hom nie. Wel dit kan sekerlik so wees maar myns insiens gooi jy vir al jou bure, wat almal skaap boer, die middel vinger as jy so optree. Ek het baie simpatie met vandag se boere.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by wlm »

Dehacked
Die prokureurs kan help maar die wet maak voorsiening vir 'n 50/50 verdeling van onkostes met die oprig of herstel van grensheinings. Daar is sekere voorskrifte rondom kennisgewing en so meer maar die middelvinger gaan nie werk nie.
Gee daai buurman kans, as hulle sy koeie begin vreet as hulle le^ om te kalf of sy kalwers vang gaan sy pyne begin.
Jassie se filosie is die enigste doeltreffende metode om die geveg te wen. Beperk sy beweging, werk saam aan die problem en maak hulle dood.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Eugene »

wlm wrote:Dehacked
Die prokureurs kan help maar die wet maak voorsiening vir 'n 50/50 verdeling van onkostes met die oprig of herstel van grensheinings. Daar is sekere voorskrifte rondom kennisgewing en so meer maar die middelvinger gaan nie werk nie.
Gee daai buurman kans, as hulle sy koeie begin vreet as hulle le^ om te kalf of sy kalwers vang gaan sy pyne begin.
Jassie se filosie is die enigste doeltreffende metode om die geveg te wen. Beperk sy beweging, werk saam aan die problem en maak hulle dood.
Ek mag verkeerd wees, maar ek is seker ek het erens in die "Wet op Omheinings" of in een van die regulasies, eendag gelees dat daar is sekere areas "jakkalsproof" draad moet wees op die grense en dat die buurmanne 50/50 daarvoor verantwoordelik is. Ek weet ek het erens so saak ook raakgelees terwyl ek navorsing vir iets anders gedoen het en onthou die Landdros het harde woorde gehad oor die "beesboer" buurman wat nie sy kant wou bring met jakkals draad nie....
Aim small, miss small
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by wlm »

Pietbak
Ons wen nie die oorlog nie. Ek het ook geen persoonlike appeltjie met die betrokke navorser te skil nie.
Dit is die rede hoekom ons graag enige goeie navorsing ondersteun wat oplossings kan bied. Louis, DeWitt en die ander manne se vrae wys dat daar mense is wat jakkalse ken. Ons sal graag navorsing wil sien wat in samewerking met veeboere gedoen word in gebiede wat al die laaste +- 150 jaar met skaap geboer word. Navorsing in natuurreservate is interessant maar kan nie sommer net gebruik word oplossings te bied vir die problematiek rondom die sinergisme tussen veeboer en roofdier nie.
Jy sal sien dat ons velle maar dun is as mense praat van donkies, Anatole, skape snags kraal, ens.
Ek belowe jou, elke lam wat verlore gaan is nie net 'n direkte verlies van inkomste nie, ek verloor ook die insetkoste wat reeds in die ooi gevestig is.
Wat ek probeer se^ is dat boere nie net 'n bloeddorstige groep is wat geen gevoel vir die natuur het nie en alles vernietig wat in hulle pad staan vir die maak van 'n paar Rand. (Dan sou ons mos myners gewees het. :) )
Die bottom-line is egter dat die wereld se bevolking moet eet en ons kos moet voorsien. Soos die atmosfeer, die oseane en alle fauna en flora moet die rooijakkalse ook bars in die proses.
PS. Hulle sit hulle darem beter tee as die walvisse, renosters en al die ander lewende organismes wat reeds uigesterf het a.g.v. die stryd.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by wlm »

Eugene wrote:
wlm wrote:Dehacked
Die prokureurs kan help maar die wet maak voorsiening vir 'n 50/50 verdeling van onkostes met die oprig of herstel van grensheinings. Daar is sekere voorskrifte rondom kennisgewing en so meer maar die middelvinger gaan nie werk nie.
Gee daai buurman kans, as hulle sy koeie begin vreet as hulle le^ om te kalf of sy kalwers vang gaan sy pyne begin.
Jassie se filosie is die enigste doeltreffende metode om die geveg te wen. Beperk sy beweging, werk saam aan die problem en maak hulle dood.
Ek mag verkeerd wees, maar ek is seker ek het erens in die "Wet op Omheinings" of in een van die regulasies, eendag gelees dat daar is sekere areas "jakkalsproof" draad moet wees op die grense en dat die buurmanne 50/50 daarvoor verantwoordelik is. Ek weet ek het erens so saak ook raakgelees terwyl ek navorsing vir iets anders gedoen het en onthou die Landdros het harde woorde gehad oor die "beesboer" buurman wat nie sy kant wou bring met jakkals draad nie....
Eugene
Die hartseer is net dat dit laat in die dag is as bure in die hof moet baklei.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by wlm »

Oom Pieter Vorster
Jy het nou die hond in 'n toe vertrek laat "wind" en nou is jy stil. A nee a, se^ 'n slag iets!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by PWV »

wlm wrote:Oom Pieter Vorster
Jy het nou die hond in 'n toe vertrek laat "wind" en nou is jy stil. A nee a, se^ 'n slag iets!
IETS!

Willem, ek oor wat jy sê, maar jy het seker ook gelees dat ek nie 'n kenner op hierdie gebied is nie.
Ek sal seker ook nie dik van die lag wees as my brood wederregtelik van my af weggeneem word nie.
Wat ek wel weet is dat die probleem met jakkalse nooit sal verdwyn indien daar nie samewerking tussen alle partye is nie.
Ek skat jakkalsproof is kan die probleem ietwat verlig, bygesê as dit gereeld ge-inspekteer word. Ek dink maar aan wat my pa my vertel het hoe dit in sy dae gewerk het. Boere wat saamkom en een plaas skoonmaak en volgende maand die buurman s'n en so voort, maar die jakkalsproof moet heel bly! Met perde en honde gejag.

Ek glo nie dit kan deesdae werk nie, want 'n bakkie kan nie loop waar 'n perd kan loop nie.
En nou gaan ek 'n muishond in die hoenderhok gooi! As ek soms by 'n vee-vendusie kom en ek kyk so na die boere, besef ek waarom baie van hulle nie meer perd kan ry nie. Hul mae is te groot om naby die perd te kom om die teuels vas te vat en terselfdertyd ook hul voet in die stiebeuel te kry. :confused:

Die roeper werk egter goed en talle jakkalse word gefussileer, maar die jakkalsproef ontbreek want dit is nie nou "die kat kom weer" nie, maar "die jakkals kom weer".

Willem, jy het my gedwing om al hierdie goed te sê.

Groetnis
PWV
User avatar
Henry
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Henry »

Wil graag net vra. Hoe effektief is jakkalsproef met vlakvarke in die omgewing?
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by dehacked »

Henry wrote:Wil graag net vra. Hoe effektief is jakkalsproef met vlakvarke in die omgewing?
Hang af hoe gereeld jy hulle skade regmaak / toemaak. Daar is wel van hulle wat leer draad klim. Hier is mense wat dit al gesien het op die forum. Bottom line is niks is foolproof maar as mense saamwerk kan jy skade beperk / bestuur.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by JohanvanZyl »

Manne

Ek wil net begin deur te stel dat ek nie boer nie en glad nie iets weet van jakkalse en hul gedrag nie. Ek het wel die naweek gaan jag. Voor sonop was ek en 'n vriend in die kloof en gewag vir die son om ons te help met die bokke. Net na sonop kom 'n jakkals houtgerus aangedraf. Weet nie van ons nie. My vriend se klop hom. Toe jakkie gaan staan toe val hy in sy spore. Later die dag kon ek nie wag om die boer te vertel dat ek hom 'n helse guns bewys het deur van die ongedierte ontslae te raak nie. Groot was my verbasing toe hy se hy skiet hulle glad nie. Afgelope 2 jaar net 1 of 2 lammers verloor. In die aand langs die vuur hoor jy hulle roep en ek het selfs oe opgetel deur net van die huis af telig. Daar is klomp!
Ek verstaan dit nie
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Dawie »

Henry wrote:Wil graag net vra. Hoe effektief is jakkalsproef met vlakvarke in die omgewing?
Jakkals klim oor jakkalsproef. Op reguit stuk. Nie nodig vir hoek. Vriend/mede boer in ons area +-maand terug met sy eie oë gesien.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Dawie Malan »

Waar twee eienaars albei skape boer, en albei voordeel trek moet die eienaars elk 50% bydra vir die span van 'n jakkalsproefheining of jakkalsproef-opgradering van 'n bestaande heining. Die beesboer buurman hoef dus nie vir die jakkalsproef by te dra nie maar waar 'n nuwe heining gespan word moet hy 50% van die koste van 'n beesheining dra. Dieselfde geld vir 'n wildsheinings.

Die Landros mag wel harde woorde gehad het oor die beesboer se teensinnigheid om by te dra to jakkalsproef, maar die skaapboer sou seker die feit geopper het dat jakkalse beeste ook vreet en die beesboer dus voordeel sou trek.

Groete

Dawie
User avatar
Tal
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Sun Jul 19, 2015 8:18 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by Tal »

Jassie wrote:As ons die jakke/katte enigsins wil pakslae gee, is daar na my mening drie goed, sonder uitsondering (ongelukkig aldrie gelyktydig), nodig -

1. Baie goeie heinings - ontneem hom sy habitat en beweeglikheid in groter en groter areas oor tyd.

2. Toegewyde EN ingeligte EN wedersydse buurmanskap - ontneem hom sy instinktiewe verrassings-element.

3. Maak dood en hou skoon - ontneem hom sy lewe, hulle sukkel dan om skade te maak.

Die alternatief is om maar net voort te sukkel met "slimmighede" en self wyshede .... "dat perde drolle nou eintlik vye is". So kom die sirkus maar net weer en weer en weer ....

Groete
JAS
Jas, stem 100% met jou saam, dit is my grootste probleem, ek het redelik grond wat aanmekaar vas is, ek het 21buurmanne wat aangrensende grond het, maar nie een van hulle skiet jakkalse nie. Dus kan ek skiet net soveel ek wil maar sal nooit voorkom nie! En nou dat ek n baby in die huis het kom ek nie daarby uit om so gereeld te gaan as wat ek wil/moet nie!
visser
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Thu Feb 26, 2015 7:12 pm

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by visser »

JohanvanZyl wrote:Manne

Ek wil net begin deur te stel dat ek nie boer nie en glad nie iets weet van jakkalse en hul gedrag nie. Ek het wel die naweek gaan jag. Voor sonop was ek en 'n vriend in die kloof en gewag vir die son om ons te help met die bokke. Net na sonop kom 'n jakkals houtgerus aangedraf. Weet nie van ons nie. My vriend se klop hom. Toe jakkie gaan staan toe val hy in sy spore. Later die dag kon ek nie wag om die boer te vertel dat ek hom 'n helse guns bewys het deur van die ongedierte ontslae te raak nie. Groot was my verbasing toe hy se hy skiet hulle glad nie. Afgelope 2 jaar net 1 of 2 lammers verloor. In die aand langs die vuur hoor jy hulle roep en ek het selfs oe opgetel deur net van die huis af telig. Daar is klomp!
Ek verstaan dit nie
Johan
EK ken ook sulke "boere" wat nou hul gronde verhuur omdat "die insetkostes van boerdery net te hoog geword het om met skaap te boer"

In my 23 jaar van boer was ek ook nog altyd geseen met n "probleem jakkals"Daar was nog nie een wat nie gevang het nie(uitgesluit kleintjies,maar die sondes van hul vaders is hulle ook maar toegereken)
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Rooijakkals pypkan jagters

Post by JK »

Toe ons n halfkroon vir n stel jakkals ore by die landdros gekry het het dit geen duik op die jakkals bevolking gedoen nie.

Hoe meer kos hoe meer jakkalse, en dan speel gebieds afbakening feitlik geel rol by watter groep ookal.

As n suksesvolle skaap boer die navorsing gedoen dan al ek dit lees. ;D
Post Reply