Page 2 of 2
Re: 'n Blesbok vir honger kinders.
Posted: Wed Jun 29, 2016 9:26 pm
by Sybrandz
ROBBIE1 wrote:Sybrand hoeveel kids is in die voedsel projek?
Ons kan dalk met die skenkels en nek vir julle pastye maak vir hulle, dan bak julle dit net die dag wat julle dit wil gee. Die inner is klaar gaan net die deeg wat gebak moet word. Dink maar of dit sal werk dan laat weet jy my as die bokke gekom het.
Naandse, mater.
Dis n goeie idee, maar ek wil nie he jy moet ekstra kostes aangaan nie. Ouens gaan jou begin bel met vleis en al wat die skool verwag is 1 kg maalvleispakke. Dit gaan die beste opsie wees.
Groete.
Re: 'n Blesbok vir honger kinders.
Posted: Wed Jun 29, 2016 10:02 pm
by Springkudu
Sjoe, julle is regtig goeie mense, my hart klop sommer warm. Oom Robbie, ek het al stories gehoor van oom se vleis verwerking en veral pastye, miskien moet ek 'n plan maak om so paar pastye in te voer Kaap toe vir die familie (Aangesien ek net Springbok biltong en droewors het). Hulle sal mos niks oorkom as ek hulle oornag courier nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 'n Blesbok vir honger kinders.
Posted: Mon Jul 18, 2016 10:43 am
by Sybrandz
Manne, ons is terug by die skool en laat my asseblief toe om die volgende persone te bedank vir die Blesbokke wat hulle geborg het.
1. G&G Varminting
2. Petrie van Grey Ghost Gear
3. Johan van Wet Dog Safaris
4. Robbie van Wildshoekie Vleismark.
Ondersteun asseblief hierdie manne want hulle harte sit op die regte plek.
Re: 'n Blesbok vir honger kinders.
Posted: Mon Jul 18, 2016 12:21 pm
by Sybrandz
Hier is 'n foto of twee van die Blesbokke. Die swaarste een (vel, kop, pote af en binnegoed uit) het 39,8 kg geweeg.