Page 2 of 3

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Mon Aug 08, 2016 1:24 pm
by Tiaanvnzyl
Ek het van verlede jaar September af begin om rooikatte te vang in hokke. Ek gebruik 'n stukkie wol en dan doop ek dit in 'n mengsel van bloed en harsings wat in die son gele het vir so paar weke. Ek gou dan die stukkie wol in die agter kan van die hok en hang ook 'n blink papier bokant my lokaas ek het al 19 katte gevang tot nou toe. Maar ek kom agter dat die slimmer katte nog rondloop. Watse raad kan julle dalk vir my gee asb

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Mon Aug 08, 2016 7:47 pm
by Jackalsniper
Jy kan dalk lewendige aas gebruik. en maak seker jou hekke sluit dat geen kat wegkom nie.

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Tue Aug 09, 2016 8:29 am
by MEERKAT
Gooi halwe of heel dooie rooikat agter hok pak goed toe met takke dat kat nie vanaf verkeerde kant kan inkom , die volgende kat wat gevang word gooi hom ook daar , geen aas geen snaakse mengsels en goete, indien hok nie katte vang binne 2 maande skuif na ander plek. As jy by 20 kopbene kom maak slag goed skoon en begin weer van voor.

Groete

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Thu Aug 11, 2016 8:15 am
by Tarzan
Ek het Dinsdag 'n jong wyfie kat gevang met net 'n CD in die hok wat al 2 maande daar staan. Ek skiet toe die kat en los hom agter. Vang toe nog 'n jong mannetjie die volgende aand. Hy lê ook nou daar binne. Gisteraand niks gevang. Ek maak die aanname dis twee nuwelinge en die ouers is nog daar rond. Los ek nou die dooies daar binne al begin hulle stink? Ek sal 'n video aanheg as ek geweet het hoe!

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Sun Oct 02, 2016 7:32 pm
by Jackalsniper
Ek deel sommer bietjie hoe goed dit werk om n vorige aand se vangs agter in n hok te gooi.Altwee hierdie springbok ooi se boude was opgevreet en kat het nogsteeds terug gekom.Dit was in een van my groter hokke 700x700x1.8m.

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Thu Nov 10, 2016 7:42 pm
by Jackalsniper
Ek sit n voorbeeld op van n paar goeie plekke om te stel. Regs bo op die foto is n deel van n natuur reservaat (donkerder veld,bosse ens). Op die 3 plekke het ons gestel met groot sukses, Die hokke word regs langs die pad gestel, so dat jy amper die hek raak ry met jou bakkie. Tarentale was agter in die hokke aangehou met renosterbos wat afgekap is rondom die hokke gepak sodat die katte nie van die kant of agterom by die voels probeer uitkom nie. En twee sakkies bousand van die pad af mooi tot agter in die hok gestrooi en met n fyn tak gevee om natuurlik te lyk.
So ja dit was 4 katte in 10 dae. 3 van hulle met skaapwol in hul pense en n vierde kat se pens leeg maar dragtig met 1 kleintjie. Die boer het meer as 30 lammers verloor en na die 5 de kat nog niks weer toto nou nie.
Katte hou maar gewoonlik in n kloof en loop gewoonlik reg in die pad. Hier op hierdie stuk grond is die verkeer maar vanaf die natuur reservaat en van regs langs die rivier af.
Hok 1 en 2 is 400m uitmekaar en hok 2 en 3 is 1Km. Ek stel veral waar twee paaie bymekaar aansluit. In hok nr 3 was mielies gegooi om terantale te vang, toe vang ons n ystervark en die ystervark bloed het toe die kat ingegelok

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Fri Nov 11, 2016 8:01 am
by Geno
Mooi man! Dankie vir die goeie beskrywing!

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Fri Nov 11, 2016 11:21 am
by tau
Jackalsniper wrote:Ek sit n voorbeeld op van n paar goeie plekke om te stel. Regs bo op die foto is n deel van n natuur reservaat (donkerder veld,bosse ens). Op die 3 plekke het ons gestel met groot sukses, Die hokke word regs langs die pad gestel, so dat jy amper die hek raak ry met jou bakkie. Tarentale was agter in die hokke aangehou met renosterbos wat afgekap is rondom die hokke gepak sodat die katte nie van die kant of agterom by die voels probeer uitkom nie. En twee sakkies bousand van die pad af mooi tot agter in die hok gestrooi en met n fyn tak gevee om natuurlik te lyk.
So ja dit was 4 katte in 10 dae. 3 van hulle met skaapwol in hul pense en n vierde kat se pens leeg maar dragtig met 1 kleintjie. Die boer het meer as 30 lammers verloor en na die 5 de kat nog niks weer toto nou nie.
Katte hou maar gewoonlik in n kloof en loop gewoonlik reg in die pad. Hier op hierdie stuk grond is die verkeer maar vanaf die natuur reservaat en van regs langs die rivier af.
Hok 1 en 2 is 400m uitmekaar en hok 2 en 3 is 1Km. Ek stel veral waar twee paaie bymekaar aansluit. In hok nr 3 was mielies gegooi om terantale te vang, toe vang ons n ystervark en die ystervark bloed het toe die kat ingegelok
Geluk!!!!

Ons hokke lyk ook soos jou een bo met tweede hokkie agter in vanghok. Die beste wat ons nog gedoen het was my Ma se een hanslam wat 2 aande na mekaar 'n Rooikat gevang het.

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Tue Aug 01, 2017 11:30 am
by Jackalsniper
Manne ek gee weer n update van aas wat getoets is.
Boer bel my oor springbok wat gevang is deur n rooikat. Reel met iemand om te kom jag die aand en ek se stel sommer die hok ook by karkas. Toe die jagter daar kom die aand sit die kat al klaar in die hok en hy stuur n foto van die kat wat hy in hok geskiet het. Ek se toe vir hom gooi die kat agter in die hok en stel net weer daar nes hy staan.
3 dae later toe sit kat nommer twee.
So om n kat dood te maak in n hok en die karkas agter te gooi en net weer te stel werk definitief.

Vir manne wat Ratels relocate ens werk die volgende. Skiet n hadida, en gooi saam met ou skaap vet agter in n hok. Die resep het twee ratels gelyk gevang in een van my ou hokke.

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Tue Aug 01, 2017 6:13 pm
by Pieter 300wm
Naand Jackalsniper. Dankie vir al die raad en tips. Wat het die boer in die hok gesit om die eerste kat te vang?

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Thu Aug 03, 2017 10:03 am
by Jackalsniper
Die springbok wat gevang was

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Fri Jan 12, 2018 4:23 pm
by 4kays
Baie interresant, dankie vir die raad

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Sun Jul 17, 2022 7:06 pm
by muishond
Goeie naand…. Hoe hoe maak julle die trapplaat toe?

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Wed Jul 20, 2022 1:10 pm
by Jackalsniper
Meeste katte steur hul glad nie aan n geroeste trapplaat of selfs expanded metal plaat nie,maar ek gooi
n dun lagie sand oor. My hokke se konstruksie is ook so dat die plaat aan n pyp vasgesweis is en die plaat skarnier met
n rod wat deur die pyp loop weerskante van hok raam vasgesweis. Dit maak dat hy mooi plat weg val as n dier hom
aftrap en dit help dat klippe wat onder hok uitgekrap word onder die plaat beland. Dis ook nou makliker om hom toe te gooi van die hek
se kant af.
As mens te veel sand gooi en dit reen kan die gewig die plaat laat val.
Ek het destyds insertion rubber( dun conveyor belt) weerskante van my trapplate vasgeskroef ( plate wat weerskante toe tip) om te keer dat klippe onder plaat beland,maar die eerste ystervark wat jy vang skrop en byt daai rubber fyn en flenters.
Ek hou virseker meer van hokke met n enkel hek, met n plaat wat op n pyp skarnier en weg val van die hek en 90 grade met n paadtjie gestel word.
Ek het ook baie sukses gekry deur n kat wat in n hok gevang is te dood en sy karkas te los om so nog n kat in die omgewing te vang.
Groete

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Wed Jul 20, 2022 5:17 pm
by Zuku
Was eendag op n plaas waar "proffesionals" rooikat hokke kom opstel en verhuur per dag nogal. Kom inspekteer gereeld en vervang sommer ook die lokaas en boer moet net betaal en hoef geen werk doen nie.

Die boer het baie betaal vir geen sukses na n paar weke. Hy vra toe vir Moses om so bietjie te kyk as die "proffesional" weer lokaas vervang. Moses rapporteer toe dat die "professionals" oral om die hok en bome urineer nadat dit opgestel is. Die volgende dag was al die hokke opgetel en by die plaashek afgelaai. :laugh:

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Thu Jul 21, 2022 8:44 pm
by muishond
👌baie dankie

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Tue Jan 14, 2025 10:43 pm
by Ferdi Bam
Kan julle net vir my verduidelik hoe die meganisme werk wat die valdeur sluit asb. My rooikat het uitgekom en ek dink nie hy gaan homself sommer weer laat vang nie. Dis n gatslag maar dis hoe dit nou is. My hok(sommer self gemaak) is is 450mm x 700mm x 1200mm.

Die plaat wat afgetrap word vir die hek om te val werk met n dun kabeltjie, is daar n beter metode om die deur te laat val. n Goeie foto of 2 sal help. Enige hulp in die verband sal ek waardeer.

Groete

Ferdi Bam

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Wed Jan 15, 2025 6:33 am
by Ratel
Ongeveer hoe lank vat dit julle nadat die hok "gestel" is voor die rooikat gevang word? Of stel julle en volgende dag meestal is daar 'n kat in die hok? Wat ek eintlik oor wonder is of die rooikatte aas sal eet wat begin ontbind het en hoe gereeld dooie aas vervang moet word.

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Fri Jan 17, 2025 10:33 am
by Eduard Venter
Ratel wrote:Ongeveer hoe lank vat dit julle nadat die hok "gestel" is voor die rooikat gevang word? Of stel julle en volgende dag meestal is daar 'n kat in die hok? Wat ek eintlik oor wonder is of die rooikatte aas sal eet wat begin ontbind het en hoe gereeld dooie aas vervang moet word.
Meeste sukses wat ek al gehad het is as ek 'n hok stel oor 'n vars vangs. Luiperd en rooikat al so gevang selfde aand nog. Ek het nog nie 'n rooikat gevang met ou aas nie, maar wel 'n luiperd wyfie met 'n vlakvark kop wat al seker 'n maand oud is. Sy het elke dag kom ruik maar wou nie ingaan nie, toe besluit ek om nie meer aas te vervang en sodoende ons reuk daar te los nie. Ek dink vars aas is dalk beter maar hierdie kat was slim.

En voor iemand nou weer begin, die luiperds is veilig na 'n reservaat toe hervestig deur 'n veearts.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Fri Jan 17, 2025 11:43 am
by Capt. Yoda
Eduard Venter wrote: Fri Jan 17, 2025 10:33 am

Waar hulle vir ewig en altyd gelukkig gebly het o ja en hulle het vegan gegaan by die reservaat

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Fri Jan 17, 2025 1:42 pm
by Lategan1
>:D Heerlike vegan hamburger patties!

Beste.

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Thu May 07, 2026 10:33 am
by Capt. Yoda
Jackalsniper wrote: Wed Jun 22, 2016 7:29 pm Net om die verskil te wys in hek grootte. Dis n 700 x 700 hok langs n ystervark hok wat 450 x 450 is.
More manne, ek weet die is n baie ou draat maar sal mens kom ons noem dit n klein "rooi kat" in daai klein hokkie kan vang?
Ek neem aan so rooi-kat van 3kg sal seker daai plaat kan af trap?

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Thu May 07, 2026 3:45 pm
by Nico de Jager
Jy moet maar toets hoe swaar die plaat aftrap.
Jy kan die "meganisme" bietjie glad maak ook.

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Thu May 07, 2026 4:09 pm
by Toxxyc
Capt. Yoda wrote: Fri Jan 17, 2025 11:43 am
Eduard Venter wrote: Fri Jan 17, 2025 10:33 am
Ratel wrote:Ongeveer hoe lank vat dit julle nadat die hok "gestel" is voor die rooikat gevang word? Of stel julle en volgende dag meestal is daar 'n kat in die hok? Wat ek eintlik oor wonder is of die rooikatte aas sal eet wat begin ontbind het en hoe gereeld dooie aas vervang moet word.
Meeste sukses wat ek al gehad het is as ek 'n hok stel oor 'n vars vangs. Luiperd en rooikat al so gevang selfde aand nog. Ek het nog nie 'n rooikat gevang met ou aas nie, maar wel 'n luiperd wyfie met 'n vlakvark kop wat al seker 'n maand oud is. Sy het elke dag kom ruik maar wou nie ingaan nie, toe besluit ek om nie meer aas te vervang en sodoende ons reuk daar te los nie. Ek dink vars aas is dalk beter maar hierdie kat was slim.

En voor iemand nou weer begin, die luiperds is veilig na 'n reservaat toe hervestig deur 'n veearts.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Waar hulle vir ewig en altyd gelukkig gebly het o ja en hulle het vegan gegaan by die reservaat
Die Ingelsman sê "you are what you eat", en die goed wat 'n luiperd eet is mos vegan? So nou ja, dan is luiperd ook mos vegan. En ek ook!

Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:

Posted: Thu May 07, 2026 5:03 pm
by Capt. Yoda
Nico de Jager wrote: Thu May 07, 2026 3:45 pm Jy moet maar toets hoe swaar die plaat aftrap.
Jy kan die "meganisme" bietjie glad maak ook.
Dankie Nico, ek het n hok op die internet gekry wat gebou is vir so kleiner rooikat wat lyk my nie n trap plaat het nie maar meer n ding wat hang wat jy die aas aan sit. Sal bq kyk of ek iets oor dit gelees kry anders stuur ek dalk somer hieire man direk na die groener weivelde toe