Page 2 of 2

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Posted: Thu Nov 10, 2016 6:42 pm
by Spanner
Ek kan jou nie help om te gaan kyk nie, laat die verkoper vir jou n klomp mooi naby foto stuur. Maar vir daai prys, moes jy al gekoop het

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Posted: Mon Oct 09, 2017 9:12 am
by Basjan123
Ek sien hierdie is 'n ou draad. So ek "Hijack" net so bietjie. My vriend wil vir sy seun ook 'n windbuks koop en hy het 'n baie beperkte begroting van R 1500.00. Ek sal enige iemand se raad waardeur watter tipe windbuks en waar asb.......(hulle is nie sulke ernstige jagters soos van ons lede nie. :laugh: )

dankie byvoorbaat

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Posted: Mon Oct 09, 2017 8:58 pm
by Barry Loock
Basjan
Ek gebruik my pcp om te oefen by die huis en dan verrig hy ook ander takies itv plaag beheer.
Ek geniet hom baie en is baie betroubaar. Het geen idee wat hulle prys nou is nie, en by gese, daar mag ander fabrikate wees wat dalk beter en gemakliker op die sak kan wees, maar hy is elke sent werd vir my.
Werk natuurlik ook goed as jy jou duiksilender kan aanskaf. Dit maak dinge net makliker. Jy kan ook verstellings maak om die spoed aan te pas en so ook die beste groepering te kry met sekere pellets.


Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Posted: Mon Oct 09, 2017 9:08 pm
by LUAN
Vir R1500 is dit moeilik sal defnitief nie n pcp wees. Duik silinder en fittings kos al meer as dit. En jy kyk na nog n R50 elke keer om die silinder vol te maak. Hoe oud is die seun? As dit baie jong oukie is moet jy maar kyk na n cheapie soos n gamo shadow 640. En dit sal tweedehands wees. Beste plek sal seker die air rifle forum wees eks bang om te se guntree.

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Posted: Tue Oct 10, 2017 6:45 am
by Basjan123
Dankie vir die info Barry en Luan.