Herlaai press en dies toets en oorsig

Gerard

Re: Herlaai press en dies toets en oorsig

Post by Gerard »

Gaan dus na 'n paar handelaars toe en toets tien van elke fabrikaat pers en matrys-stel vir konsentrisiteit.
  Die matryse is net so belangrik en makliker om na te gaan as die perse.  Aan die einde van die dag is dit nie eers nodig om te gaan skiet nie.  Meet die stukke en, as 'n sizer en/of seater nie konsentries is nie, dan kom die ammunisie soos piesangs daaruit.  Ek het dusver net een Lyman stel gekry wat nie goed was nie, maar heelwat van daardie ander soort wat altyd in die ronde houer verpak was.
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Herlaai press en dies toets en oorsig

Post by Gerrit Visser »

As jou press HARD werk het jy al reeds piesang doppe [BAIE BELANGRIK]. My Lyman werk baie, maar nie HARD nie.

Lekker laai

G GERT
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Herlaai press en dies toets en oorsig

Post by blaser »

wonder wat word in die ronde houers verpak is die houers dalk rooi
Gerard

Re: Herlaai press en dies toets en oorsig

Post by Gerard »

Gerrit,
Die pers sal piesangs maak as dit 'n "C" tipe is.  Wanneer mens met 'n "O" tipe werk, is die meetbare defeleksie in die vertikale vlak en, op my RCBS is dit in die derde desimaal metries.  Om dit te sien moet ek baie swaar vorm werk doen en dit sal nie piesangs maak nie, net lengte verskil veroorsaak.  Matryse maak egter piesangs wanneer die binneste gat nie konsentries is met die buite profiel nie.  Dit gebeur dikwels met sommige fabrikate, die wat in die ronde rooi houers verpak was, reminington het reg geraai.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Herlaai press en dies toets en oorsig

Post by Arnold »

Gerard, hoe toets jy die 'n die vir konsentrisiteit in die winkel?
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Herlaai press en dies toets en oorsig

Post by Gerrit Visser »

Gerard ek gebruik ook nie die rooi ronde houers nie, maar wel die geel ronde houers van die selfde fabrikaat. Dit werk baie saggies op my press, ek sit my punte[koe?ls] saggies in. Ek sny nooit weer [net aan begin] my doppe nie. 70% van my gelaaides is onder 1 thou en ek sukkel om een te kry bo 2 thou. Sondag het ek 69 308's gelaai 56 onder 1 thou net een bo 2 thou.

G Gert
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Herlaai press en dies toets en oorsig

Post by Johan JvR »

Hallo manne

Wat is die gevoel oor Forster se co-ax pers?  Hy is nie "o" tipe of "c" tipe nie.

Ek gebruik een en is hoogs in my skik.
Gerard

Re: Herlaai press en dies toets en oorsig

Post by Gerard »

Gerrit, ek dink dit is "die selfde fabrikaat" wat van toepassing is.  Ek gebruik al vir jare 'n Lee deburring tool om die buitekant van die nek van doppe wat gesny is skoon te maak.  Ek het al baie ges? dit is seker die enigste stuk gereedskap van Lee wat werk.  Ongelukkig was dit my subjektiewe opinie, gegrond in 'n voorbeels van een.  Groot fout.  Vrydag, wat verby is, kom 'n vriend van my om sy nuwe doppe op my draaibank te bewerk en hy het een van die Lee deburring tools gekoop.  Ek pryssang nog die ding toe vind ons uit syne werk nie en ons moes myne gebruik.

Natuurlik is daar voorbeelde van gereedskap, van alle vervaardigers af, wat werk.  Daar is net meer van sommige vervaardigers af wat nie werk nie as van ander.

Arnold, ek weet nie hoe om die toets te doen sonder om dial gauges en 'n goeie draaibank in te span nie.  Ek dink die veilige manier is om die onwrikbare versekering van die verkoper te kry dat die matryse reg is en, as hulle opgemeet word en hulle is nie, dan moet hy hulle maar terugvat en omruil of die geld teruggee.  As meer mense dit doen sal daar miskien minder gemors op die mark wees.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Herlaai press en dies toets en oorsig

Post by JPS »

Met die Nuwe wet (CPA) is dit heel moontlik om dit tedoen....

Groete
JP
Post Reply