Page 2 of 2

Re: Geelstert bonanza

Posted: Thu Dec 27, 2018 10:01 am
by joe rocket
.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Thu Dec 27, 2018 10:05 am
by joe rocket
My dogter se eerste geelstert

Re: Geelstert bonanza

Posted: Thu Dec 27, 2018 10:27 am
by PWV
Mooi Joe!! Wonder of Heinz weer gaan bie?

Heinz, vanjaar is die insitprys R250 per vis. Maar gelukkig is jy 'n vermoënde man! ;)

Re: Geelstert bonanza

Posted: Thu Dec 27, 2018 10:48 am
by tripodmvr
Was vir 'n vergadering in die Kaap gewees in die 90's. Met my netjiese klere sleep 'n vriend van my toe see toe. Uit met die boot naby Somerset-Wes en geanker op 'n rotspunt in Valsbaai. Daar was geringe wind, maar die Suidooster was bedrywig vir 'n paar dae tevore. Die deinings het ek ook op 5 na 6m geskat. Die ergste is dan om aas aan te sit. Kyk jy na die land en die omliggende berge voel dit nie te sleg nie. Loer af na die boot se bodem en die maag wil bo uitspring. As jy die aas op 'n hoër vlak kan sny en aansit help dit vir die seesiek.

NS Ons het boggerol gevang. Joe, so wees tevrede met jul suksesse en lekker eet.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Thu Dec 27, 2018 1:43 pm
by Heinz Petersen
PWV wrote:Mooi Joe!! Wonder of Heinz weer gaan bie?

Heinz, vanjaar is die insitprys R250 per vis. Maar gelukkig is jy 'n vermoënde man! ;)
Ek weet nie waar Oom aan daai prys kom nie. Ek het klaar gekoop vir R160 / vis. En ek vat als wat hy vang.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Thu Dec 27, 2018 3:41 pm
by tau
joe rocket wrote:.
Ag voesek!!!!

Ek het so tussen die werk darem 4 daggies see toe gewees. Net kreef getrek en darem eendag so paar ,ooi vet Hotties gedart.

My swaer was ook op die 24ste uit daar en lekker geelstert gevang. EK sal maar die naweek weer gaan visvang. Vanoggend 5 uur vanaf 'n bitter mooi weskus weggery om te kom werk.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Thu Dec 27, 2018 4:19 pm
by joe rocket
.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Thu Dec 27, 2018 9:29 pm
by Charl Burger
Lekker Jason ,geniet hom. Raak nou self lus vir die see.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Fri Dec 28, 2018 7:26 am
by Morkel
joe rocket wrote:NUWE FOTOS

Weer n nuwe blaaskans met my kinders met nuwe fotos .
So paar kiekkies.

Joe is dit op struisbaai?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Geelstert bonanza

Posted: Fri Dec 28, 2018 7:28 am
by joe rocket
Dit is ja. Mooi plek die. More is daar weet n Gap om n vissie te gaan vang.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Mon Jan 07, 2019 1:51 pm
by Landcruiserman
Was self daar uit op die bonanza - was al 05h20 op die vlakbank!: 07h00 terug in die hawe, my hele crew (5 jongmanne) siek geword - hulle reken dit was seesiek maar ek wonder oor die aand vantevore.... Toe self weer alleen terug en kon net een vissie kry (net ge-jig). Die tail was blykbaar op vis-aas, meer spesifiek Pike - hulle hou mos gewoonlik van tjokka!

Re: Geelstert bonanza

Posted: Mon Jan 07, 2019 2:39 pm
by joe rocket
Ons was tussen die krom en 5myl ek het met my eerste gooi n groot seekat gevang. Dodelike aas gewees. See was lekker gaterig die dag. Amper n uur en n half in die tou gestaan om die boot in die water te sit. Prys uitdeling was n teleur stelling. Sal die kompitieses prys toekenning verander. Gelukkig het die vis mooi geloop.

Re: Geelstert bonanza

Posted: Mon Jan 07, 2019 3:24 pm
by charlk
Was self op die 5 vis het nie sleg gebuit nie. Ek het baie manne daai dag sien vis lok.
Ai dis darem n slegte gevoel daai.

Sent from my FIG-LX1 using Tapatalk

Re: Geelstert bonanza

Posted: Wed Jan 09, 2019 8:06 am
by Vlakvark Soldaat
Julle manne het goed gedoen!

Jong, ek het nou een ding jare terug oor myself geleer, en dit is dat ek see siek word, en erg! So ek vang maar van die kant af...