Page 2 of 2

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Feb 14, 2017 10:36 am
by LoopSoosStroop
Schalk, verstel jou gaatjievisier in MRad of MOA? Seker TFP ook?

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Feb 14, 2017 10:38 am
by SeeMoNsteR
Schalk... ek wil respekvol met jou verskil.

Die regte (nie keybord) skerpskutters die wereld oor skiet amper eksklusief ffp mrad.
Dis juis omrede die Militere magte en eenhede die wereld oor die op konfigurasie aandring dat dit so populer raak. Hulle behoeftes (Weermagte) is die grootste drywer itv navorsing en ontwikkeling soos dit by die vervaardiging van optika kom. Dus kan mens verwag om dit op die rakke ook te sien.

To each their own...as jy fklas of br skiet is fyner verstellings en sfp jou voorland. Side note... daar is .05mrad scopes ook beskikbaar ;) growwer as .125 moa maar weer fyner as .250.

Vir enigeiets anders glo ek ffp mrad is die toekoms.. sodra meer kruihare geoptimiseer raak glo ek sal die oorgang vir die groot meerderheid sfp moa manne met minder moeite of protes gebeur.

Meer opsies is n goeie ding..nie andersom nie

Geniet hom

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Feb 14, 2017 10:41 am
by Arnold
Die militêre magte gebruik ook die 308 Win ... >:+

Schalk, het jy 'n wegkruip plekkie daar by jou?

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Feb 14, 2017 10:45 am
by LUAN
Tog vir baie jare het snipers reg gekom met moa en sfp en mildots.

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Feb 14, 2017 10:45 am
by SeeMoNsteR
En hulle skiet raak met hom ;)...wys jou net

Lekker ene my vriend

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Feb 14, 2017 10:48 am
by Hein22
LUAN wrote:Tog vir baie jare het snipers reg gekom met moa en sfp en mildots.
En die Ford Model T was ook eens die in ding gewees... Vandag weet ons van beter en kyk ons nie meer na Ford nie. ;D

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Feb 14, 2017 10:55 am
by Nico Harris
Fyner verstelling is beter. En die army snipers is groter cowboys as wat jy dink Jc. Mens hoor NET van die 2000yds kills....hoeveel mis skote was daar?

Ek het op my dasher n .25moa verstelling scope. As ek vir n tennis bal size bull mik op 500yds is 8moa op die rand van die bull onder, .25moa op is meer in die middel maar effens hoog. Die mrad scope gaan erger wees.

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Feb 14, 2017 10:57 am
by LUAN
Hein22 wrote:
LUAN wrote:Tog vir baie jare het snipers reg gekom met moa en sfp en mildots.
En die Ford Model T was ook eens die in ding gewees... Vandag weet ons van beter en kyk ons nie meer na Ford nie. ;D
Maar anders as n ford werk moa en sfp nog elke keerImage

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Feb 14, 2017 11:08 am
by SeeMoNsteR
Weereeens wat vir jou werk vir jou..ek gaan dit nie probeer verander nie. Waarheid is hier dat ons tot n groot mate deel met die mens se weerstandigheid tot verandering. Kort van die lank is FFP MRAD is hier om te bly... dit gaan net groei in polulariteit en hul opsies gaan veel meer divers wees in Taktiese optika as SFP / MOA.. goed of sleg dit is ongelukkig so.

Gebruik wat jy het tot die beste van jou vermoee

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Feb 14, 2017 11:51 am
by LoopSoosStroop
Ek weet nie of MRad gaan oorneem nie. Die Amerikaners is baaaaaie gevestig met hulle MOA.

Elkgeval, in terme van afstand en of teiken grote bereken met FFP kruishare, dink ek dit is net van toepassing wanneer mens of die afstand of teiken grote ken. En dit gebeur net in sport/kompetisie, nie in die regte wereld/weermag toestande nie.

So die enigste voordeel wat FFP bied buite sekere sport skiet scenarios is dat afstand en wind hold-over dieselfde bly op enige vergroting. Dis deels waarom julle baklei, want sommige ouens skiet na teikens waarvan julle grotes ken, en ander op bekende afstande.

Regte wereld is 'n vreemde teiken op onbekende afstand. Daarvoor het jy 'n range finder nodig, en dan help FFP jou net as jy wil afkom op opgaan in vergroting, hetsy dit is vir naby skiet, om meer te kan sien of vir mirage etc, en jy nie tyd het om te click nie.

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Feb 14, 2017 12:08 pm
by Eugene
Manne, moenie laat die nou 'n koeel/punt ding raak nie.....

Die groot ding wat ek agtergekom het van Liberaliste/Ateïste/Greenies, is dat wanneer hulle teen iets is, MOET almal teen dit wees, anders is daar 11.1.11.... Hulle laat nie 'n verskil van opinie toe nie. Ons as jagters is tog nie so nie? As jy Mrad verkies en dit werk vir jou, great! Dit maak nie dat MOA verkeerd is nie, net soos wat ek wat MOA verkies, nie kan sê dat Mrad verkeerd is nie. Dis tog maar net 2 verskillende "meetmetodes" en albei gaan jou dieselfde einddoel gee, alhoewel met verskillende prosesse van meet....

Net so met FFP en SFP. Horses for courses. Daars nie 'n reg en verkeerd nie. Jou eie voorkeure en jou aanwending gaan bepaal wat vir jou werk en wat nie. Ek het al altwee gebruik en alhoewel 'n FFP gemaklik is, is dit nie die alpha en omega nie en 'n SFP doen dieselfde werk.

Aan die einde van die dag, gaan dit daaroor om die boontjie in die bull te kry en hoe jy jou somme maak om dit te doen, is ondergeskik daaraan om dit konstant en presies te kan doen.

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Feb 14, 2017 12:09 pm
by Diesel Dog
Ek sien dit so ,as jy knoppe draai en rangefinder gebruik SFP met MOA of MIL verstellings ,As jy met af mik merke skiet en range dan FFP met MOA of MIL.
Wanneer dit goed warm is en die mirage loop kwaai kan jy maar n Hubble teleskoop gebruik maar 10x sal die grootste bruikbare vergroting wees wat jy kan gebruik en my SFP scope se af mik merke is op 22x gekalibreer en net daar duik my tor.
Ek gaan volgende n 12x56 mil mil probeer
DD

Re: Verskil tussen MOA en MRad

Posted: Tue Mar 07, 2017 11:00 am
by Capt. Yoda
Ek wil ook nog bq met n mil scope speel en kyk hie die storie werk