Page 2 of 2
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Sun Jun 04, 2017 9:54 pm
by PWV
Dit is werklik kunswerke. Baie mooi Jurie.
Het jy al 'n pryslys?
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Mon Jun 05, 2017 7:08 pm
by Jake1
Wil jy nie miskien n "toets" kolf vir n Cz 527 geweer maak wat ek vir jou kan toets nie, vir so 2 jaar. Ek is maar n vrygewige ou en sal die toets heeltemal gratis vir jou doen... veral daai groenes....
Laat maar weet, ek help graag uit
Groetnis
Jaco
(Dis maar my stupid manier van sĂȘ dis regtig mooi, maar my aanbod bly staan.....)
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Tue Jun 06, 2017 9:40 pm
by Hansieslim
Jurie
Ek wil aanbeveel dat jy hierdie hobby van jou ernstig opneem. Jy het beslis 'n talent. Wil ook voorstel dat jy aan 'n prys begin dink en ons n ballpark syfer gee. Ek dink nie jy gaan 5 bestellings kry nie. Ek dink jy sal baie, baaaie meer kry.
Daai groen mamba praat met my hart.
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Wed Jun 07, 2017 3:52 pm
by sPRINGHAAS
Neewat hier word nie meer gespeel nie!! Very well done!
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Wed Jun 07, 2017 7:09 pm
by Jurie Vermaak
Manne,
Dankie vir die komplimente. Soos ek al vroeer genoem het is hierdie n hobby wat ek geniet. Ek is tans besig met my 15de kolf so ek weet dat in terme van kolfmaak is ek nog n groentjie. Al die kolwe tot dusver behalwe nommer 2 het goed uitgekom soos ek verwag het. Ek is n redelike perfeksionis en daar is maar altyd klein goedjies wat my pla, maar niemand sien dit eers raak nie. Ek het darem ook al vir so paar manne op Jaracal kolwe gemaak - hulle kan maar self kom se hoe ervaar hulle die kolwe.
Die probleem wat ek het is dat ek nie enige templates het van die verskillende aksies nie - ek het jou bestaande kolf en aksie, behalwe as dit n Rem 700, K98, Howa Mini of Howa Kort aksie Varmint aksie is, want dis die gewere wat ek het wat ek as voorbeeld kan gebruik, nodig om as voorbeeld te gebruik. So as jy in die Kaap (of enige plek ver van Bloem af) sit is dit nie so maklik om dit by my te kry nie. Mens kan seker van RAM koeriers gebruik maak, maar die risikos is maar vir my te hoog. Alhoewel vir een vd kolwe het die persoon sy kolf vanaf Pretoria gestuur en toe die kolf reg was vir die bedding het hy n Saterdag deurgery om sy geweer te bring, ek die bedding en finale fitting gedoen en hy het dit weer Sondag kom haal.
Dit vat my nou in totaal so 8 ure se werk. Ek begin op n Vrydag en as als volgens plan verloop dan is als in n week klaar - ek het n voltydse werk wat baie van my tyd vat - en dan wil ek darem so nou en dan self n paar skote skiet.
Ek is tans besig met n rooi en swart kolf vir Howa kort-aksie. Sal hom adverteer as ek klaar is.
Julle kan my PM , whatsapp by nul8329drie217twee of mail by
jrsriflestocks@gmail.com. Ek het tot n Facebook page by JRS Riflestocks

. Gaan like my page asb.
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:41 pm
by FantomBadger
Baie dankie vir my kolf Jurie.
Ek is die gelukkige eienaar van die blaze kolf op die Tikka. Al wat ek kan se is dat jy nie 'n fout gaan maak om een van hierdie kolwe op jou roer te sit nie.
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Thu Jun 08, 2017 10:20 am
by neef
die kolwe lyk baie mooi. goeie werk
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Sun Dec 10, 2017 8:25 pm
by Jurie Vermaak
Ek dink dis weer tyd vir n update.
Ek het intussen n milling masjien aangeskaf wat die inletting van die kolwe net soveel beter maak.
Ek het ook op versoek begin om n meer verstelbare wangstuk asook 3-rigting verstelbare LOP te doen.
Ek wys n paar fotos van onlangse kolwe.
Tikka.jpg
Medium blue.jpg
Ja, ek het tot al n thumbhole gemaak alhoewel ek nie regtig daarvan hou nie. Ek wou tog kyk of ek dit sou kon regkry.
TH.jpg
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Sun Dec 10, 2017 8:28 pm
by Apie
Jurie Vermaak wrote:Ek dink dis weer tyd vir n update.
Ek het intussen n milling masjien aangeskaf wat die inletting van die kolwe net soveel beter maak.
Ek het ook op versoek begin om n meer verstelbare wangstuk asook 3-rigting verstelbare LOP te doen.
Ek wys n paar fotos van onlangse kolwe.
Tikka.jpg
Medium blue.jpg
TH.jpg
Netjies netjies!
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Sun Dec 10, 2017 8:29 pm
by Jurie Vermaak
Push-button wangstuk vestelling
PB.jpg
Thumbwheel
TW.jpg
"Tikka Sporter" styl met wangstruk wat in 2 rigtings kan stel. Hierdie is my eie geweer en die kolf is hierdie week onder hom uit verkoop.
6.5 Creed.jpg
Ek fokus hoofsaaklik op die Howa SA Varmint profiel aangesien daar die grootste navraag is.
Re: Hobby ko4m nou mooi aan
Posted: Sun Dec 10, 2017 8:39 pm
by Pvdw
Nee man, nie so voor krismis nie!!!!!
Stunning kolwe. Wat sal daai laastes kos vir Howa SA??
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Sat Dec 23, 2017 10:51 pm
by Jurie Vermaak
Hier is nog so paar wat ek hierdie week klaargemaak het.
Blaze2.jpg
Medium blue.jpg
Hierdie fotos wys die verstellings wat moontlik is
Blaze 1.jpg
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Sat Dec 23, 2017 10:58 pm
by Jurie Vermaak
Howa kort aksie varmint barrel
zombie.jpg
Howa lang aksie varmint
Varied black LA.jpg
Hierdie 2 kolwe is nog te koop as iemand sou belangstel.
Ek is besig met so paar om klaar te wees voor Jan aangesien ek dan vir n elmboog operasie gaan en waarskynlik vir 2 maande nie my hobby kan doen nie - hoop ek oorleef die frustrasie.
Ek wil ook dankie se vir die Jaracal manne wat my ondersteun - ek waardeer die positiewe terugvoer
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Sun Dec 24, 2017 6:27 am
by Gbyleveldt
My swak hart... Sterkte met die operasie!
Re: Hobby kom nou mooi aan
Posted: Thu Jun 21, 2018 12:12 pm
by Klein Karoo
Pragtige kolwe.