Page 2 of 2

Re: Howa 30-06??

Posted: Wed Aug 17, 2011 9:07 am
by Paul Jonker
Goeie more

Ek het op Howa se web die volgende oor die sintetiese kolwe gekry:

A non-slip, Cobblestone grip ideal for any weather condition.
The comfortable soft grip helps absorb recoil, this reduces the shooter's fatigue during long shooting sessions.
The Fiberglass reinforced skeleton helps for strength and perfect fit-to-action.
The OverMolded Stock won?t harden with age no matter what gun cleaning solvents or gun oils you use.
The Pillar bedding uses aluminum bosses for rock-solid accuracy.
The Barrel free-floats for maximum accuracy.
And the stock is available in Black or OD Green.

Met my beperkte kennis van sintetiese kolwe, lyk bogenoemde nie sleg nie.

Paul

Re: Howa 30-06??

Posted: Wed Aug 17, 2011 9:18 am
by SmitH
Koop hom mater het self een

Re: Howa 30-06??

Posted: Wed Aug 17, 2011 9:42 am
by Danie01
More manne

Ek wil nou nie die hele topic opneuk nie, maar wil net vinnig hoor wat dink jul van die howa in .300wm? Wat ek eintlik wil weet is, is die geweer swaar genoeg vir die .300wm of 300wsm?

Ek soek nou een van daai twee kalibers en is bly hierdie topic is begin, nou kan ek ook meer uitvind van die Howa.

Groete
Danie

Re: Howa 30-06??

Posted: Wed Aug 17, 2011 10:29 am
by Danie01
Dankie Paul

Ek wil eintlik weet of julle dink die gewig van die howa gewere, sal swaar genoeg wees vir die .300wm? Mens wil mos so bietjie gewig he vir minder recoil en ook om akkurater te skiet, ens

Groete

Re: Howa 30-06??

Posted: Wed Aug 17, 2011 11:04 am
by Jeagermeister
Danie01 wrote: Dankie Paul

Ek wil eintlik weet of julle dink die gewig van die howa gewere, sal swaar genoeg wees vir die .300wm? Mens wil mos so bietjie gewig he vir minder recoil en ook om akkurater te skiet, ens

Groete
Sit 'n Silencer op... sal wondere verrig vir jou selfvertoue en akkuraatheid..

JM

Re: Howa 30-06??

Posted: Wed Aug 17, 2011 11:08 am
by Lourens
More manne,

Ek kan met 'n geruste hart die Howa aanbeveel. Ek het 2 weke gelede vir my 'n 375 Ruger in die Howa met Hogue kolf gekoop. Ek het hom laasweek geskiet en ek moet se die 3 skote wat ek gou geskiet het was absoluut fantasties gewees. Ek was uiters be-indruk. Ek het sommer 'n medium lading geneem en 'n klompie rondtes gelaai met 300gr Hornady Roud nose punte. Die skote was op 25m geskiet en alhoewel dit nou nie 'n moerse prestasie is op daai afstand nie, het al 3 skote bo op mekaar gesit. Die Howas is beslis akkuraat en goeie waarde vir geld. Ek moet se ek het nogal gewonder oor die recoil omrede party manne al gese het die 375 Ruger kan woelag raak na so paar skote, maar my ervaring was dat dit glad nie 'n probleem is met die Howa nie, inteendeel ek dink my .338 Win se recoil is heelwat meer legendaries!  ;D

Julle kan maar met geruste harte Howa's aanskaf, ek gaan beslis nog 'n paar kalibers in die Howa koop!

Groete,
Lourens

Re: Howa 30-06??

Posted: Wed Aug 17, 2011 11:11 am
by DWB
Eish, ek was ook al lus om een van daai 375 te kry, maar ek jag nog te kort ;D

Re: Howa 30-06??

Posted: Wed Aug 17, 2011 11:38 am
by Wouter Roets
Lourens

Die Hogue kolf kan al die krediet vat vir die min recoil. Die kolf self absorbeer bitter baie van die recoil en hy het n goeie recoilpad ook op. Dink nog net steeds dit is n skreiende skande dat jy die 375 Ruger nie in die Ruger geweer gevat het nie! ???

DWB

Daar is geen, maar geen rede hoekom jy nie nog n roer kan aanskaf nie!

Groetnis
Wout

Re: Howa 30-06??

Posted: Wed Aug 17, 2011 12:57 pm
by Lourens
@ DWB ek stem heeltemal saam met Wouter, daar is geen rede hoekom jy nie nog 'n geweer of selfs nog 10 gewere mag koop nie. 'n Man kan nooit ooit genoeg gewere he nie!!  ;D

@ Wouter soms druk die finansies maar bietjie en alles in ag geneem was die Howa darrem 'n billike compromise gewees en sommer downright 'n moerse bargain!  ;D Maar ek stem saam met jou, ek sou BITTER graag 'n Ruger wou gehad het, ek en jy voel mos dieselfde oor die Rugers!  8)  Maar ek sal defnitief as ek vir my 'n 416 Ruger koop 'n regte Ruger koop! Weet net nie hoekom hulle hom nognie in die hawkeye maak nie maar net in die Alaskan?  ??? Ek wil ook vir my 'n 9.3x62 in die Ruger Hawkeye kry! En dan ook 'n 17 HMR in 'n Ruger Varminter! Ek weet min ouens sal daai snaakse kaliberkeuse verstaan, maar as 'n man 'n ding wil he wil jy hom he!!!  ;D

Groete,
Lourens

Re: Howa 30-06??

Posted: Wed Aug 17, 2011 1:04 pm
by BLOK
Los liewers daai 17 en vat n 204, of krap ek nou 8)

Re: Howa 30-06??

Posted: Wed Aug 17, 2011 1:14 pm
by Lourens
Nee jy krap glad nie my maat, die 204 is verseker hoog op my lysie van gewere wat ek binnekort gaan aanskaf, maar as ek almal moet noem gaan ek nooit klaar getik kry nie!  ;D

Re: Howa 30-06??

Posted: Thu Aug 18, 2011 7:19 am
by ThinusS
Ek het 11 jaar gelede 'n Howa 1500 in .300 win mag aangeskaf, gedurende die 11 jaar het die geweer hard gewerk. Ek het hom gebruik om my eie wild te jag, kli?nte se gekweste bokke te skiet en dit was ook die geweer wat ek uitgeleen het wanneer 'n kli?nt nie sy eie roer gehad het nie. Die geweer het  tussen 2000 en 2500 skote deur hom en het tot dusv?r geen probleme gegee nie.

Groete
Thinus