Review - MTC Optics vir Nagskiet
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
hagar,
Welkom terug op die lug! Lyk my die skimp op Facebook het gewerk!
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
More manne,
Ek en my pa was Vrydag-aand by forumlid Hugo se plaas, hulle sukkel om blesbokke se speenpersentasie bo 10% te kry.
Kom op die eerste staanplek, en die wind waai my laat my stoel amper soos 'n merry-go-round spin!
Ek sit toe maar my Wildfire op 10/10 volume om deur die hengse wind te kom en begin met Sprinhaas Combo. So hou ek aan met die klank vir 15 minute, en speel toe Jakkals Baklei4.
Ek lig, en sien die brak kliphard inkom onder die roeper se wind. Ek gee 'n vinnige distress blaas met Jason se Catnip fluitjie en hy steek vas op 80m, Foutjie......
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/IMG-20110930-00331.jpg
Hy's so 2 jaar oud, maar alreeds 'n gesoute beesdief soos sy pens-inhoud getuig, stukke beeskalf:
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/IMG-20111001-00340.jpg
Hopelik bel die buurman wat die beeste boer nadat hy die foto sien....
Ek hou toe maar aan roep, maar niks kom in nie. Tyd vir aandete: toeba, eier, soet koffie en 'n sigaret.....
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/IMG-20110930-00332.jpg
Ek skuif my staanplek nader aan die ruigtes, en roep van daar af. Sien 'n vaalboskat en 'n muskejaatkat.
Ek hoor toe ook iets wat die muskejaatkat skraap, want hy't blou-moord geskreeu.
Ek roep so bietjie Tafjak se jakkalskat, sonder sukses.
Hoor toe ook 'n span klein jakkalsies op die buurplaas toe mammie my op jakkals alleen antwoord, hulle is gemerk en sal ook uitgesort word....
Sit so 80minute op die staanplek sonder sukses, en besluit om terug te skuif eerste staanplek toe, want ek hoor 'n paar jakkalse daar gesels.
Beweeg terug eerste spot toe, sit die roeper uit, wag 10minute, en begin met Steenbok afgewissel met baklei4.
Ek tel die ogies op en sien die brak kliphard tussen 'n klompie blesbokke deurkom. Ek los hom tot hy so 130m van my af is, en sit die roeper af.
Die jakkals gaan staan op 100m, die .25-06 gesels en die jakkals is dood. Hulle stry nie sommer met 'n 75gr koeel teen 3800fps nie.
4jaar+ oud, ook 'n reun:
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/IMG-20111001-00342.jpg
Pens-inhoud: Haas.
Ek hou aan met roep, die keer met 'n springbok gemeng met baklei.
Nog een kom in, stop hom met die fluitjie. Ek skiet, die skoot klap mooi en die jakkals skreeu, kwes.......
Gaan volgende oggend om hom te gaan soek, niks.......
Nou-ja, dit was lekker om in die veld te wees en iemand te help.
Hier is Hugo (klient), met die 2 wat ek kon opspoor.
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/IMG-20111001-00347.jpg
Ek het deurentyd die Taipan getoets om te identifiseer, en kon maklik tussen blesbokke, hartbeeste en rooibokke uitken tot op 350m+
Ek begin al hoe meer geheg raak aan die scopie.....
Die Wildfire gedra homself baie mooi sover, hy's stukke beter as die Spitfire. Ek sukkel net om Foxbang te laat werk, weet nie of die geweer moontlik te stil is nie?

Last edited by Geno on Mon May 27, 2013 10:30 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Geno
Mooi geskiet in watter omgewing is die plaas.Ek laaik jou cammo waar het jy dit gekoop.

langloop
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Hi Geno,
Goeie begin. Veels geluk!!
Nou nog net vir die tewe.

Groete
Goeie begin. Veels geluk!!
Nou nog net vir die tewe.
Groete
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Beretta,Beretta wrote: Geno
Mooi geskiet in watter omgewing is die plaas.Ek laaik jou cammo waar het jy dit gekoop.
Beretta
Dankie man.
Die plaas is tussen Rustenburg en Swartruggens. Daai camo-baadjie kom van Saudi-Arabi? af, my pa het hom vir my saamgebring.
Langloop,
Thanks, ja die tewe se akkies is geboek daarso, alhoewel ek reken die gekwesde een 'n teef was....
Goed, beter, 6millimeter!
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
GEno,
Ek stel Foxbang op die mees sensitiewe stelling wat hy het, en het al agtergekom hy gaan ook nie af nie as die skoot klap(met silencer op).
Klim toe een aand van die bakkie af en remote kap teen die trallies, daar sit die roeper 'n lekker bek op jakdistress.
as 2 jakke inkom, jy skiet een, kap jou remote liggies teen yster en siedaar....hahahha ek sien hoe 'n paar manne hul remotes stukkend gaan black-sam op daai 2de jak.. miskien is die nie goeie raad nie. :o
Raven

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Raves,
So dis die remote wat die skoot optel, en nie die roeper nie?
Ek sal dit bietjie probeer mater, dankie!
Groete,
Eugene
So dis die remote wat die skoot optel, en nie die roeper nie?
Ek sal dit bietjie probeer mater, dankie!
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Manne,
Die Taipan het intussen nog so 500 skote diens gedoen op die .25-06 en hy loop nog mooi!
Ek moes nog gladnie stel aan die scope nie. BAIE TEVREDE!
Langste skoot sover in die nag: 365m gemeet op Google Earth.
Ek het al in die dag op 428m na mos-kolle teen 'n krans ook geskiet. Elke keer spot on!
So paar fotos:
http://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal/Palmietkuil_Geno_1_smaller.jpg
http://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal/IMG-20120115-00609.jpg
http://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal/IMG-20111029-00400.jpg
http://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal/IMG-20120414-00892.jpg
http://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal/IMG-20120122-00622.jpg
http://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal/IMG_1667_o.jpg
http://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal/IMG-20120120-00615.jpg

Last edited by Geno on Mon May 27, 2013 10:32 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Hi Geno
Mooi geskiet
Mooi geskiet
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Middag manne,
Daar het intussen baie water in die see in geloop, en ek is NOGSTEEDS 100% tevrede.
Ek het selfs nou op die .204 'n Taipan 4-16x50 gesit. Hy het al 137 skote geskiet. Met die inbreek het ek ook 'n box-test gedoen. 6" links, 6" op, 6" regs, en 6" af, toe sit die skoot binne die eerste een.
Ek sal (as ek nie werk nie) die naweek die kleiner Taipan vat om jakkalse te skiet, en sal dan Maandag terug rapporteer oor die naweek.

- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Appels appels. Waar is die Leupold dan? Hahahaha. Sorry mater kon nie die ene laat verby nie.
Groetnis
Groetnis
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Op die .308, waar hy gemaklik is. 10x is heeltemal te klein vergroting om 'n .25-06 tot sy reg te laat kom.
Jy's mos 'n ambagsman, so jy verstaan seker die konsep van "regte tool vir die job"? Jy maak mos nie lapping tools met 'n mini-draaibank nie, of hoe?
Jy's mos 'n ambagsman, so jy verstaan seker die konsep van "regte tool vir die job"? Jy maak mos nie lapping tools met 'n mini-draaibank nie, of hoe?
Goed, beter, 6millimeter!
-
Fanie
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Goeiste maar jy't omtrent geroer onder hulle !
Is jy nie bang jy werk jouself uit jou beroep uit nie?
Ek begin dink die jakke kom so maklik want hulle dink jy is een van hulle...
Is daar werklik so baie jakkalse !???
Is jy nie bang jy werk jouself uit jou beroep uit nie?
Ek begin dink die jakke kom so maklik want hulle dink jy is een van hulle...
Is daar werklik so baie jakkalse !???
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
More manne.
Ek het sondag-aand 'n draai gery en die 4-16x50 Taipan getoets.
Die scope werk heel ordentelik in die nag, en kon ek gemaklik 'n steenbok uitken op +-300m
Ek het ook die stel met die .204 geskiet.
https://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal/IMG00025-20120923-2018.jpg
https://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal/IMG00028-20120923-2103.jpg
Ek is sover bitter gelukkig met die kleiner Taipan ook!

Last edited by Geno on Mon May 27, 2013 10:34 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
geno
kom ons reel 'n braai.
en so na 10h 11h se kant toe, paint ons daai wit bakkie van jou 'n lekker cammo

HOU HOM DAAI DIKTE
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Cassie,
Is dit nie camo genoeg nie?
http://dl.dropbox.com/u/49750262/Jackal/IMG_1667_o.jpg
Ek wou op 'n tyd die bakkie gepaint het, maar het daarteen besluit. Ek wil nie soos 'n rent-a-terrorist lyk nie.

Last edited by Geno on Mon May 27, 2013 10:35 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
jou camo makeer niks, sal net meer pret wees 
ek gaan donderdag jou geweer regkry. het gister bietjie met hom geskiet. die ding loop soos 'n jet. en baie netjies.