Page 2 of 2
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 1:32 pm
by Eugene
henried wrote:
Die beste ding van 'n gong is die selfvertoue wat jy kry, dis die beste ding wat ek kon gekoop het vir oefen.
Dis veral belangrik met kinders, hulle verloor vinnig selfvertroue en belangstelling as hulle mis skiet. Op 'n groter gong met 'n kleiner mikpunt, bly hulle baie langer positief!
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 1:33 pm
by MrBartlein
henried wrote:Ek gebruik die gong vir leer ook.
As die wind waai, veral met die 223, begin ons in die middle van die bok, sodat ons kan sien wat die wind maak.
Om 'n klein gong mis te skiet leer ons niks.
Voor ons jag in 2016, kon my seun 10/10 op die springbok skiet, van sy groepe was groot, maar geen kwes skote nie. Hy was dus gemaklik om sy blesbok op 250m te skiet tydens on jag.
Die beste ding van 'n gong is die selfvertoue wat jy kry, dis die beste ding wat ek kon gekoop het vir oefen.
Ek stem
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 1:52 pm
by Pvdw
henried wrote:
Die beste ding van 'n gong is die selfvertoue wat jy kry, dis die beste ding wat ek kon gekoop het vir oefen.
Dis veral belangrik met kinders, hulle verloor vinnig selfvertroue en belangstelling as hulle mis skiet. Op 'n groter gong met 'n kleiner mikpunt, bly hulle baie langer positief!
Ek skiet bitter min na my 200mm gonge maar nou het ek goeie raad hier gekry.

Daai 200s gaan nou weer lekker pak kry!!

Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 2:08 pm
by Capt. Yoda
MrBartlein wrote:Swede wrote:Capt. Oblivious wrote:Ruil die stokke vir n bipod of cruiser en die gong vir golfballe, ander sou ek ook een van Jacques se bokke vat. As jy nie op 300m deur joy scope kan sien wa jy hom skiet nie gaan jy sukkel om op 300m te skiet. Die groter tyken gee jou n baie beter idee van waar jy skiet en jy kan altyd n swart kol op hom verf en net na die kol skiet
Ek het dan 'n Rudolph! kan mooi sien.
Ja nee. Sommer mooi sien hoe jy mis skiet ook

Jy sal nog sien die manne hier mis nie baie nie
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 2:26 pm
by ruaanb
Nie wat hulle sal erken nie ja
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 2:41 pm
by JacquesT (Stompe)
Soos manne hierbo gese het sou ek gegaan het vir 'n lekker groot gong en dan jou mik kol in die middle geverf het MOA groote.
Eugene het op 'n shoot eenmaal vir ons gese dat mens moet versigtig wees om jou regstelling vir 'n mis skoot slegs te basseer op die splat wat jy in die keerwal sien. Daai keerwal is baie keer redelik ver agter die gong waarheen jy skiet. Hier is 'n voorbeeld:
Op die baan waar ons skiet in Parys is die keerwal 20m agter die gonge. Nou kom ons vat my geweer op 300m. Vir 300m se elevasie moet 4,96MOA stel , vir 320m moet ek 5.53MOA stel, dit is 'n verskil van 8.5cm, wat net net minder as 1MOA is op 300m. Dit betekin dat as ek die gong mis skiet, land die koel 8.5cm laer op die wal as waar hy verby die gong is. As ek nou my regstelling maak gebasseer op die keerwal splat, begin ek met 'n 1MOA fout. Wat die groot gong jou bied is jou fout op daai spesifieke afstand wat jy skiet.
Die springbok gong is lekker vir jag oefen. Ons het spesifiek die naweek op hom geoefen sodat ons 1st round hits op die vitals kon oefen met lang afstand, en opvolg skote met swak skote.
Maak nie saak waste groote jy verkies nie, gong skiet bly die lekkerste ding wat jy op jou maag kan doen met jou klere aan.
Groete
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 2:48 pm
by Swede
Dus baie goeie raad dankie, wat sal so plaat kos?
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 5:05 pm
by Pinkes
Re: 300m gong groote
Posted: Tue Apr 18, 2017 6:45 pm
by Capt. Yoda
JacquesT (Stompe) wrote:Soos manne hierbo gese het sou ek gegaan het vir 'n lekker groot gong en dan jou mik kol in die middle geverf het MOA groote.
Eugene het op 'n shoot eenmaal vir ons gese dat mens moet versigtig wees om jou regstelling vir 'n mis skoot slegs te basseer op die splat wat jy in die keerwal sien. Daai keerwal is baie keer redelik ver agter die gong waarheen jy skiet. Hier is 'n voorbeeld:
Op die baan waar ons skiet in Parys is die keerwal 20m agter die gonge. Nou kom ons vat my geweer op 300m. Vir 300m se elevasie moet 4,96MOA stel , vir 320m moet ek 5.53MOA stel, dit is 'n verskil van 8.5cm, wat net net minder as 1MOA is op 300m. Dit betekin dat as ek die gong mis skiet, land die koel 8.5cm laer op die wal as waar hy verby die gong is. As ek nou my regstelling maak gebasseer op die keerwal splat, begin ek met 'n 1MOA fout. Wat die groot gong jou bied is jou fout op daai spesifieke afstand wat jy skiet.
Die springbok gong is lekker vir jag oefen. Ons het spesifiek die naweek op hom geoefen sodat ons 1st round hits op die vitals kon oefen met lang afstand, en opvolg skote met swak skote.
Maak nie saak waste groote jy verkies nie, gong skiet bly die lekkerste ding wat jy op jou maag kan doen met jou klere aan.
Groete
Ek raak so trots
Re: 300m gong groote
Posted: Thu Apr 20, 2017 2:16 pm
by rockrabbit
My 300 meter gongs
Re: 300m gong groote
Posted: Wed Apr 26, 2017 10:54 am
by Swede
rockrabbit wrote:My 300 meter gongs
Lees ek korrek is die middelste plaat 300mm?
Re: 300m gong groote
Posted: Wed Apr 26, 2017 8:28 pm
by rockrabbit
Reg gelees
Re: 300m gong groote
Posted: Mon Jul 31, 2017 8:49 am
by Swede
Het toe 'n 300mm gong by Jacques gekry en 'n vriend het die stand die naweek vir my klaar gemaak. Nou kan ons bietjie gaan speel
20170730_122220 (480x640).jpg
Re: 300m gong groote
Posted: Mon Jul 31, 2017 9:09 am
by henried
Te lekker.