Camo v/d Voertuig

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by tau »

My pa sal my so bietjies bietjies dood clobbr as ek my nuwe bakkie swart spray!!! sal dit op my Uri probeer om hom te bewys!!!

Baie dankie manne goeie idee. Het laas vrydag nag na lang dag by die werk deurnag gejag met swart skadu net om bakkie net ek en my jag pel/vennoot/medejakkalsjagter. So 4 uur in die oggend as jy die derde of vierde keer versit is dit nogals uitputend. Ek het ook by die eerste stand van die aand nie 1 maar 2 Jakkalse mis geskiet (regte mans erken hulle kry bokkoors ek het sommer jakkals koors gehad nog nie eeres 1 min gecall nie toe staan die 2 reg voor ons en ek skrik groter as hulle skiet toe op nie eens 50 meter bo-oor albei) en ons kon nie vinnig genoeg die kar beweeg om hulle by te kry nie, want ons was in 'n droee dam en kon net op die wal op ry en hulle van bo af klits.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by Francois Marais »

Tau

Ja, ons almal skiet ma mis, een of ander tyd, man moet ma net die gemoed regkry en vorentoe kyk.

Jy kan ma daai nuwe bakkie verf, hy was maklik af.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by tau »

Francois haal die verf mengsel nie die glans uit die verf uit nie??

Ek het 'n regte egte boere pa die tipe wat nog raak slaan op sy ou dag en volgens hom is my jakkals jagtery grensend aan 'n tipe verslawing. Hy vra of die goed my mal maak of my lewe bedruig, want hy verstaan nie al die moeite en planne nie!!!!

So as ek die kar spuit en hy kom SHARKie terug dan gaan my pa my skiet soos ek die jakkalse wil skiet- RAAK!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Camo v/d Voertuig

Post by Freddie101 »

Tau
Ek gebruik deesdae die donkerbruin poeier waterverf want die swart  wil nie so mooi afkom nie. Het dit ook op die forum geleer lank terug. Dit vlek nie en kom makliker af.  Ek sien Meerkat praat van oxide. Dit is seker iets anders. Weet ook nie of al die water/ speel/kleuter verwe dieselfde is nie.

Groete Freddie 
yol bolsun
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by Francois Marais »

Tau

As jou bakkie diep krappe op het, of die bosse krap hom teryl hy geverf is, dan is daar sulke swart strepies oppi bakkie, dan vra jy ma net jou spaypainter pel om hom bietjie te buff, of jy moet ma mouter polish en elbow grease vat, dan lyk die ding ook mos some weer nuut. Natuurlik nie nou vir elke 2de dag doen nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by .220 Swift »

Ek self het 'n wit bakkie. Aanvanklik het ek gedink dat die kleur nie werklik 'n verskil maak nie. Een aand is 'n kat seker so 20 meter agter my oor die pad - oppad caller toe. Ek kon geen duidelike teken sien dat die kat die bakkie opgemerk het nie...Maar wie weet? Net nadat dit oor die pad is, het dit agter 'n bos verdwyn en het ek reggesit vir as dit aan die ander kant uitkom...maar niks! Omtrent 40 minute later weer oe by die caller gesien en toe 'n kat geskiet - dieselfde een?
Wat ek wel opgelet het was die hoeveelheid refleksie van die wit dak af - verblindend amper. En ek het subjektief begin dink dat die diere makliker inkom as ek na agter skiet - seker omdat ek die klap afslaan en die bak swart aan die binnekant is?
Toe op die idee gekom om die bakkie met swart kleefpapier oor te trek. Dit by 'n plek in Bloemfontein gekry. Klomp voordele - soos dat die verf byvoorbeeld beskerm word teen die bosse se gekrap. Ongelukkig nie met die pantoffel regering rekening gehou nie - moes dit maar na 'n week se stilstuipe weer druipstert aftrek :( Dink nog steeds dit was 'n goeie idee - te oordeel aan 'n paar ouens wat amper hulle karre omgegooi het toe hulle die kunswerk in wording in Bloemies gesien het? Miskien 'n paar Jaracal manne? My volgende poging gaan wees om van daai magnetiese materiaal te gebruik wat ouens vir advertensies op hul deure sit. Klaar die materiaal aangeskaf - maar het nog nie dit kon doen nie. Hierdie keer dra dit darem Mammie se goedkeuring weg.Soos hulle se: watch this space...
Stofs 
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by Francois Marais »

stofs

Wat is die kostes verbonde aan daardie magnetiese materiaal om die hele kar toe te plak.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by .220 Swift »

Mmm...was bang iemand vra vir presiese besonderhede. Die faktuur is nie op my hand nie - maar ek sal dit seker kan opspoor. Ek het dit in Midrand gekoop. Ek het so om en by 30 vierkante meter gekry. Ek het gereken om die voorkant van die bakkie te los - te moeilik om agter die bullbar in te kom - en ook die deeltjies soos die venster rame. Hoop maar dit gaan genoeg wees. Dit was so R3500,00 as ek reg onthou.
Die poeier verf en gom dink ek is 'n mo...rse idee - behalwe dat ek te lui is om aan te spuit en af te was. (Soos ek my vrou'tjie ken - gaan ek baie was :) - en dan's dit ook nie meer fun nie. In teorie kan jy jou magnetiese panele sny en opsit soos nodig...more oggend haal jy dit af en kan jy darem weer in die openbaar verskyn. Selfs 'n lui ou soos ek kan seker daardie bietjie effort insit. Die hessian idee is ook great - maar weereens - ek sien my nie 0200 AM daarmee sukkel nie.
Wie weet - miskien laat jy my nog weet of dit werk?
Stofs
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by Francois Marais »

Stofs

Thanks, ek sal ma myne spuit, teen R80 vir 5kg poeier gaan dit n wyle vat om R3500 op te gebruik.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Hunter xxx

Re: Camo v/d Voertuig

Post by Hunter xxx »

Tau

Sorry nou het ek lekker gelag ek verstaan alles ek dink my pa is die selfde.
Hulle slaan nog raak ook.
Sterkte vertel ons maar wat gebeur het ????
Groete
Hunter xxx
Last edited by Hunter xxx on Thu May 27, 2010 10:07 pm, edited 1 time in total.
NICO
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by NICO »

Dagse

Dit is hoe my bakkie lyk ek gooi niks oor nie en ek het baie sukses. Ek dink met die seil kappie wat ek gebruik met die dak wat oop maak help dit baie om enige beweging binne die bak weg te steek.Image
As long as there's lead in the air there are hope
Hunter xxx

Re: Camo v/d Voertuig

Post by Hunter xxx »

Baie mooi bakkie :D
Hunter
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by foxripper »

Ek het nou nie n nice bruin Land Cruiser nie  ;) maar die hesieen werk baie goed. Behalwe nou van die Blou Baadjie..

Image
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by Ponkie »

Nico

Mooi bly darem maar mooi!! ;) Verlang sommer nou huistoe, maar Pa Ponkie is baie heilig op sy langneus! Ook met 'n kappie en diesele rims wat joune ophet!

Jy daardie jakkies met 'n dagroep ingekry?

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
skaapwagter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Sun Feb 28, 2010 11:11 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by skaapwagter »

MEERKAT wrote: Gerhard

Die poeier wat ons gebruik verkoop onder die naam "oxide" by enige hardeware winkel.
Dit is eintlik die poeier wat ons by gluex kalk gooi om te kleur.

GEBRUIK SLEGS DIE SWART POEIER ANDER KLEURE MAG VOERTUIG VLEK.

Gooi 1 tot 2 koppies poeier in blik en gooi daarby 3 eetlepels houtlym (wit) met 2 tot 4 koppies water roer die besigheid en vat bree verfkwas en verf die bakkie.Verf sommer agterligte en alles wat blink  pikswart.

Niks aan bakkie moet blink van lamp se lig nie.

Om af te was, spuit bakkie met tuinslang goed af en vat 'n spons en was oortollige verf af.

Jy sal verbaas wees om te sien hoe jou suksesse sal opgaan.

Knou goggas af
MEERKAT
Meerkat
Hoekom lyk die bakkie goed terwyl dit nog nat is, mr as dit droog word kom die wit van die bakkie weer deur, wt doen ek verkeerd??
.22-250 tikka 6.5PRC Howa .338WM Sako ::)
TO Y O T A...
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by Francois Marais »

Skaapwagter

Jy gooi te min verf poeier in, jy moenie spaar oppi verf nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
skaapwagter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Sun Feb 28, 2010 11:11 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by skaapwagter »

Francois
Dankie ek het sommer 'n hele pakkie ingegooi, gisteraand was koelerig (bly hier in die sneeuberge van Murraysburg) ook toe ek dit gedoen het, gaan maak toe vanoggend die bakkie in die son staan dat hy lekker bak, dit werk ook beter, dan droog die verf vinniger af en loop dan ook nie so erg af nie..
goed gaan
.22-250 tikka 6.5PRC Howa .338WM Sako ::)
TO Y O T A...
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by MEERKAT »

Skaapwagter

Net soos Soois se , nog 'n laag verf behoort ook die ding te doen. Die bakkie hoof nie pikswart te wees, jy wil net die wit kleur breek.

Lekker jag en laat weet hoe dit gaan.

Mooi loop
MEERKAT
NICO
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by NICO »

Hier is nou n swart Ford nog net die rims dan is ek klaar en reg vir die aand.


[img width=560 height=420]http://i884.photobucket.com/albums/ac43 ... -00060.jpg[/img]
Last edited by NICO on Fri Sep 16, 2011 3:48 pm, edited 1 time in total.
As long as there's lead in the air there are hope
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by BLOK »

Blikskottel as ek die ford so kyk en hoe ernstig sy baas oor swart is wonder ek watter kleur is sy baas nou ;D ;D

Daie mooi gedoen Nico hou veral van die matt swart, het iemand hom gespuitverf of is dit shoeshine, politoer of waterferf

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
NICO
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by NICO »

More

Dit is die resep wat die manne hier vir ons van vertel het. Ek het besluit om dit te proebeer en toe
net vir ons n foto op te sit want almal praat van dit maar ons sien nie die eind proeduk.
So nou weet almal hoe dit lyk as jy hom so spuit.

Nico
As long as there's lead in the air there are hope
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by JPS »

Hel Nico,
Ek hoop nie jy het "gedowngrade" van jou lekker Cruiser jagbakkie af nie ;D :angel:
NICO
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by NICO »

Nee nie so maklik nie. Maar ek gebruik die ou minder ek kry hom te jammer, dit kan party aande rof raak hier by my.
Die man staan en rus maar meeste van die tyd.
As long as there's lead in the air there are hope
User avatar
Jannie
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Wed Jan 28, 2009 5:27 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by Jannie »

Hi Vriende, kan net byvoeg ek het in Bloemfontein by Vermeulen Verfsentrum camo verf gekoop wat hulle meng en op rekenaar het wat baie goed werk, ek jag alleen en los maar eder my parkligte aan as ek my roeper uitdra vir die aand wat my flits miskien die gees gee.

Groete Jannie
[img width=560 height=420]http://i1113.photobucket.com/albums/k51 ... C08727.jpg[/img]
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Camo v/d Voertuig

Post by Gerhard »

Nou hoe ver sit jy dan jou roeper uit dat jy bang is jy kry nie weer die bakkie nie...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply