Page 2 of 2

Re: Subsonic lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 9:31 pm
by GVC86
JacoJ wrote:
GVC86 wrote:Jaco,

Gaan speel n bietjie met n app soos applied ballistics. As jy twee punte (een ligter en een swaarder) skiet teen die selfde spoed, in dié geval subsonies, gaan die swaarder punt sy spoed langer behou weens sy hoër momentum. Dus gaan sy trajek beter wees as die ligter punt.

Soos die manne reeds genoem het gaan so swaar as moontlik vir die beter penetrasie. Ons het al ver met .22 60gr subs geskiet, gaan kyk ook op youtube. Trajek kan bepaal word deur oefening.

Sent from my SM-G610F using Tapatalk
Dankie. Ek wil net seker maak van die app. Is dit applied ballistics?

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Ja, maar daar is baie ander sulke apps wat nie geld kos nie. Strelok, shooter, en dan jbm ballistics wat n online program is wat jy oor die rekenaar meer kan speel om ballistic tables meer te maak.

Sent from my SM-G610F using Tapatalk

Re: Subsonic lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 9:35 pm
by JacoJ
Gestel ek gaan die "lead cast" roete. Hoe word die bc dan bepaal?

Sent from my SM-A320F using Tapatalk

Re: Subsonic lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 10:16 pm
by Aceofspades
Jaco, ongelukig is BC nie net 'n vinnige, maklike nommer nie. Die enigste ware manier om BC van 'n koëel te kry, is om te skiet en te meet. Jy kry sagteware en formules wat jy die vorm van die koëel gebruik om dit mee uit te werk, maar dis nie altyd so akkuraat nie.

As jy kommersiële moulds wil koop behoort die vervaardiger 'n indikasie te kan gee van die BC.

Kriek

Re: Subsonic lading

Posted: Tue Sep 26, 2017 11:51 pm
by Jake1
Wat gaan n normale sagtepunt soos pmp of sierra bv in .30 of .303 subsonies maak op n vark op 40m?

Gaan hy penetreer tot op bladskoot vitals?

Hoop nie ek hijack nie

Re: Subsonic lading

Posted: Wed Sep 27, 2017 4:13 am
by JacoJ
Glad nie gehijack Jake...

Sent from my SM-A320F using Tapatalk

Re: Subsonic lading

Posted: Wed Sep 27, 2017 4:37 am
by Pappabeer
In my opinie is dit n mite dat subsonies jou meer kanse op bosvarke op voer gaan gee. Selfs met n boog spaander die hele lot. Die kleinste geluidjie laat bosvark se kind hardloop, behalwe meskien die klein red runners wat nog sal staan vir n sekonde. Stamp hulle met n gewone 165-200gr koeel teen so 2200fps en op en wees bly vir die odd dan en wan wanneer n tweede vark bly staan vir n tweede skoot.

Re: Subsonic lading

Posted: Wed Sep 27, 2017 7:45 am
by Flip Nel
[quote="Jake1"]Wat gaan n normale sagtepunt soos pmp of sierra bv in .30 of .303 subsonies maak op n vark op 40m?

Gaan hy penetreer tot op bladskoot vitals?

Hoop nie ek hijack nie[/quote

Baie jare gelede het OPM vir my 220gr PMP koeels subsonies gelaai, het 2 elande daarmee geskiet1 jong bul en 1 grootbul, jongbul nek afgeskiet net daar geval, groot bul agter die blad geskiet, bul het 20m geloop en gaan le en gevrek. Die PMP op die grootbul het so bietjie oopgemaak maar nie verskriklik baie nie. Proebleem is net daai koeel val soos 'n baksteen, altwee skote was op so 60m

Re: Subsonic lading

Posted: Wed Sep 27, 2017 8:55 am
by Harambe
Jammer jy't nie 'n 300 BLK nie. Hulle doen 'n kwaai joppie met subsoniese ladings.

Re: Subsonic lading

Posted: Wed Sep 27, 2017 9:50 am
by tripodmvr
Met al die schlepp om 'n subsoniese lading te kry wat akkuraat gaan skiet sal ek eerder Pappabeer se raad volg en 'n swaar koeël soos die 215gr in die 303 gebruik, of anders bloot my normale jaglading met 174 of 180gr waarvan ek die trajek goed ken. Nou is afstand tot op 200 nie 'n kwessie van waar moet ek mik nie.